Comrades: Hier is die manswenners

Mthembu steek die wenstreep oor. Foto: @ComradesRace/Twitter

Mthembu steek die wenstreep oor. Foto: @ComradesRace/Twitter

Die Suid-Afrikaner Bongmusa Mthembu het Sondag sy eerste Comrades-wedloop gewen.

Mthembu het die wenstreep in ‘n tyd van 5 ure 28 minute en 34 sekondes oorgesteek. Hy kry R350 000 vir sy eerste plek in die wedloop van 89,28km. Ludwick Mamabolo van Suid-Afrika het sowat vier minute na Mthembu die wenstreep oorgesteek. Hy het die wedloop in 2012 gewen.

Die Suid-Afrikaner Gift Kehle, wie se broer Andrew in 2001 gewen het, het derde geeindig in ‘n tyd van 5 ure 34 minute en 39 sekondes. Stephen Muzhingi van Zimbabwe was vierde. Hy het die wedloop al vier keer gewen. Rufus Photo vir Suid-Afrika was vyfde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.