Comrades: Hier is die vroue-wenners

Greenwood steek die wenstreep oor. Foto: @ComradesRace/Twitter

Greenwood steek die wenstreep oor. Foto: @ComradesRace/Twitter

Die Brit Eleanor Greenwood het Sondag haar eerste Comrades-wedloop gewen.

Greenwood was vir lank agter die Russiese-tweeling Elena en Olesya Nurgalieva. Sy was sowat agt minute agter met sowat 18km wat nog oor was. Sy het egter teen die einde vinnig begin inhaal en met ‘n tyd van 6 ure 18 minute en 15 sekondes die wedloop gewen.

Elena se sowat vyf minute later die wenstreep oorgesteek in ‘n tyd van 6 ure 23 minute en 18 sekondes. Elena het gehoop om haar negende oorwinning in die wedloop te behaal en sodoende Bruce Fordyce se rekord te ewenaar.

Olesya het sowat ‘n minuut en ‘n half later die wenstreep oorgesteek in ‘n tyd van 6 ure 24 minute en 51 sekondes.

Suid-Afrika se Caroline Wostmann was sesde terwyl Zola Budd Pieterse sewende was. Budd Pieterse het haar wedloop opgedra aan die Suid-Afrikaner Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is en gyselaar gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Welgedaan Eleanor! Baie trots dat daar soveel SA dames onder die top tien was en natuurlik VREKtrots op onse Zola!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.