Die Comrades-kampioen Nick Bester is Sondag aangeval en erg aangerand terwyl hy geoefen het.
Bester het in die Magaliesberg, noord van Pretoria, geoefen toe hy aangeval is. Volgens sy seun, Shaun-Nick, is sy pa van agter af aangeval en met ʼn klip teen die kop geslaan.
“Hulle het voortgegaan om hom aan te rand en drie ribbes en sy wangbeen gebreek. Hy het beserings aan sy kop en verskeie snye oor sy lyf opgedoen.”
Volgens Shaun-Nick is sy pa vasgebind en moes hy op sy rug teen die berg afseil om hulp te kry. Hy is hierna in ʼn hospitaal opgeneem vir toetse.
Bester het in 1991 die Comrades gewen en is tans die bestuurder van die Nedbank-hardloopklub.
Hy is in 2010 ook aangeval terwyl hy geoefen het. Tydens die voorval is Bester van sy fiets afgegooi en aangerand waarna die aanvallers met sy duur bergfiets op die vlug geslaan het.
- Nick Bester kort nadat hy aangeval is. Foto: Sharon Bester
- Nick Bester in die hospitaal. Foto: Sharon Bester
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Vuilgoed!!!! Sterkte Nick en ek bid vir n spoedige herstel. Verder kommentaar sal nie geplaas kan word as ek dit in woorde om skryf nie!!!
Agterbakse spul adders .
Hartseer en skokkend. Maar ons moet begin besef dat ons nie in Lalala land woon, moenie alleen gaan oefen.
Nóg ‘n voorbeeld van die sogenaamde “Brand South Africa”, ons top-uitvoerproduk.
Ek wonder nou maar net waar is die apologete wat ons heeltyd wysmaak dat daar hoop is, dat dinge “beter” word! Sien hulle nie hierdie tipe beriggewing nie? Ai!