Comrades-kampioen erg aangerand terwyl hy oefen  

Nick Bester in die hospitaal. Foto: Sharon Bester

Die Comrades-kampioen Nick Bester is Sondag aangeval en erg aangerand terwyl hy geoefen het.

Bester het in die Magaliesberg, noord van Pretoria, geoefen toe hy aangeval is. Volgens sy seun, Shaun-Nick, is sy pa van agter af aangeval en met ʼn klip teen die kop geslaan.

“Hulle het voortgegaan om hom aan te rand en drie ribbes en sy wangbeen gebreek. Hy het beserings aan sy kop en verskeie snye oor sy lyf opgedoen.”

Volgens Shaun-Nick is sy pa vasgebind en moes hy op sy rug teen die berg afseil om hulp te kry. Hy is hierna in ʼn hospitaal opgeneem vir toetse.

Bester het in 1991 die Comrades gewen en is tans die bestuurder van die Nedbank-hardloopklub.

Hy is in 2010 ook aangeval terwyl hy geoefen het. Tydens die voorval is Bester van sy fiets afgegooi en aangerand waarna die aanvallers met sy duur bergfiets op die vlug geslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Africangrey ·

Vuilgoed!!!! Sterkte Nick en ek bid vir n spoedige herstel. Verder kommentaar sal nie geplaas kan word as ek dit in woorde om skryf nie!!!

JohnnyS ·

Hartseer en skokkend. Maar ons moet begin besef dat ons nie in Lalala land woon, moenie alleen gaan oefen.

Dewald ·

Haha – gaan probeer jy saam met Nick fietsry of hardloop…

Pietertjie ·

Nóg ‘n voorbeeld van die sogenaamde “Brand South Africa”, ons top-uitvoerproduk.

Johan ·

Ek wonder nou maar net waar is die apologete wat ons heeltyd wysmaak dat daar hoop is, dat dinge “beter” word! Sien hulle nie hierdie tipe beriggewing nie? Ai!

gatgogga ·

Hulle wil dit nie sien nie – netnou moet hulle dalk hand bysit.
So maak liewer of daar niks verkeerd is nie, so sus hulle hul eie gewetens omdat hulle te bang is om standpunt in te neem.

Inkpot ·

Of die wat heeltyd skree en ñ oorsese Black Lives Matter ondersteun, maar polities swyg oor plaasmoorde.

Jannie van Niekerk ·

Hulle lees nie Afrikaans nie. Mens moet al hierdie berigte aan die groot klok hang in lande soos VSA.,UK en beskaafde Euroepuse lande.

Moedeloos ·

Geen woorde nie en sê ook maar liewer niks want dan beland ek in die tronk en daar sal geen genade vir my wees nie.

Kokerboom ·

Baie sterkte Nick. Ons demokratiese en grondwetlike reg tot vryheid word ernstig aangetas deur Staat se totale onvermoeë om leeglêers, boewe en kriminele vas te vat. Ek stel voor daar moet wetgewing wees teen leeglêers en rondlopers. Wend hul aan om basiese dienste in dorpe te verrig teen ‘n klein vergoeding

Anoniem ·

Nee wat. Hulle soek nie ‘n klein vergoeding. Hulle soek alles wat jy besit.

Ansie ·

Baie sterkte en beste wense vir ‘n spoedige herstel, Nick. Baie dankbaar jy het oorleef. Ek sal liewer nie sê wat ek van die aanvallers dink nie, want dit sal my in die tronk (en hel) laat beland.

Anoniem ·

Sterkte Nick. Hoop jy herstel spoedig. Neem maar ‘n paar vriende saam volgende keer wanneer jy oefen. Die booswigte werk nooit alleen nie.

Inkpot ·

Grootste klomp gemors ter wêreld bly in Suid-Afrika.
Net die ANC kan trots wees daarop dat dié uitvaagsels hulle ondersteuners is.

Andre ·

Ons moet aanvaar dat ons die spreekwoordelike duif op die draad is en doef! – nog ‘n slagoffer of oorledende en sal aanhou tot ‘n wonderwerk gebeur en ons vry is. Vir nou kan ons net hoop en glo

Hendrik ·

Jammer vir die aanval en ek is bly Nick het dit oorleef. Dit lyk of jy gewapen moet wees as jy gaan oefen en dat jy moet bereid wees om jouself te verdedig voordat die aanvallers by jou uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.