Comrades: SA’ners gee die pas aan

Comrades-marathon

Comrades-marathon

Die Suid-Afrikaners Anele Dlamini en Dewald Engels gee saam met ‘n Zimbabwiër die pas aan in Sondag se Comrades-wedloop.

Die Zimbabwiër Elmore Sibanda gee saam die pas aan met sowat 22km van die 89,29km van Pietermaritzburg na Durban reeds voltooi.

Gert Thys, die land marathon-rekordhouer, is kort op hulle hakke.

Die marathon het Sondagoggend 5:30 in Pietermaritzburg begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grassie ·

Waarom moet die Comrades juis op ‘n Sondag gehou word? ‘n Baie groot persentasie van die mense in hierdie land is Christene en dit is in stryd met hul geloofsbeginsels. Of maak dit nie meer saak nie.

Sprietjie ·

Dankie dat jy die vraag opper Grassie. Ek stem saam met jou.

Jasper ·

Die Comrades se datum moes skuif om plek maak vir Baal, Dagon en andere. Toe kies die organiseerders ons Sabbat sonder dat n haan kraai. Dit gebeur wanneer die meeste mense eerder aanhangers van Christus is en nie volgelinge nie. Ons gebruik Sy “shows” net vir troues, begrafnisse en doop. So af en toe sal ons op sy knoppie druk as daar n noodgeval is.Verder is ons weeklikse program so vol. Laat werk, begrotings wat moet klop, afsnydatums, uiteet, gym, fietsry, gholf, braaivleis, rugby kyk, haarsalon, inkopies, kinders se sport ens. ens. Gelukkig is daar darem nog Sondag om al hierdie lekker dinge in te pas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.