Comrades wel op TV uitgesaai

Die Comrades-marathon sal vanjaar op televisie uitgesaai word.

Dit volg nadat die SAUK en Atletiek Suid-Afrika (ASA) ʼn ooreenkoms bereik het om dié marathon asook die Kaapstad- en Soweto-marathon uit te saai.

Die SAUK het nie verlede maand die Twee Oseane-marathon wat in Kaapstad plaasgevind het, uitgesaai nie.

Die Comrades-marathon wat op 9 Junie plaasvind, sal regstreeks op SABC2 vanaf 05:30 uitgesaai word.

Craig van Rooyen, waarnemende bedryfshoof van die SAUK, het gesê hulle is verheug oor die ooreenkoms aangesien die openbare uitsaaier verbind is tot die ontwikkeling van atletiek in die land.

“Hierdie ooreenkoms getuig ook van die feit dat die SAUK en ASA graag saamwerk om nie net die sportsoort te bevorder nie, maar ook om ons plaaslike en internasionale supersterre, wat ʼn nasie inspireer, ten toon te stel.”

Aleck Skhosana, president van ASA, het gesê hulle hoop om verder met die SAUK te onderhandel vir ʼn driejaarkontrak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frikkie ·

Waar is multichoice dan nou..sekerlik kan hulle mos punte verdien om die wedloop uit te saai..

Hennie ·

Wie gee om. Jy het in elk geval die flêts norag om môi te kan watch Dai drawwer kies!

Eben P ·

Gaan die sauk nog steeds uitsaai teen daardie tyd Juis gelees deure kan dalk toe as die wit man se belasting nie weer help.

Co ·

Eben P. Dit was my eerste reaksie ook, ons het dan vroeer die week gelees dat die sauk hul bes gaan probeer om tot die einde van die maand op die lug te bly!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.