Conrad Koch in die hof oor Steve Hofmeyr se beskermingsbevel

Steve Hofmeyr Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Steve Hofmeyr Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Die komediant en buikspreker Conrad Koch sal Donderdag die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr se interim beskermingsbevel teen hom in die Randburg-landdroshof teenstaan.

Hofmeyr het op 10 November ʼn hofbevel teen Koch, wat deur sy handpop “Chester Missing” bekendheid verwerf het, bekom. Volgens die bevel word Koch onder andere verbied om die sanger op Twitter te teister. Hy mag hom ook nie dreig of lasterlike uitsprake teen Hofmeyr maak nie. Hy mag ook nie sy naam op sosialemedia-webwerwe soos Twitter koppel nie en ook nie sy naam op televisie of tydens radio-onderhoude noem nie.

Hofmeyr het gesê Koch mag hom, sy borge of sy sakevennote glad nie direk of indirek kontak nie, totdat hy die “haatspraak” Donderdag in die hof verduidelik nie, het Beeld berig. Beeld het op 6 November berig Koch het gesê dit is “fundamenteel verkeerd” om regstappe teen ʼn satirikus te doen. Volgens die koerant het Koch gesê sy twiets teen Hofmeyr was nie haatspraak nie, want hy het nooit iets haatliks oor die sanger gesê of mense aangemoedig om sy borge of die fees [Afrikaans is Groot] te boikot nie.

Hofmeyr het op 23 Oktober op Twitter geskryf: “Sorry to offend but in my books blacks were the architects of apartheid. Go figure.”

Pick n Pay en Land Rover moes op 30 Oktober haastig ʼn besluit neem oor hul borgskappe by die Afrikaans is Groot-musiekfees waar Hofmeyr sou optree. Dit het gekom ná Koch se artikel in The Times, genaamd “Dear white supremacists…” waarin hy die borgskappe van die twee maatskappye bevraagteken.

Klik hier om die verloop van gebeure op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ivan ·

Roer hom Steve. Watter deel van hierdie sinsnede verstaan Koch nie ? “Sorry to offend but in my books blacks were the architects of apartheid. Go figure.”

zahn ·

Ai tog, wil iemand tog nie vir die simpel ventjie sê hy is glad nie so snaaks soos wat hy dink nie. Sy pop is mooier as hy, die hand wat die pop se mond manipuleer, weet beter wanneer om die bek toe te hou as die sogenaamde buikspreker self. Buikspreker? Nee wat, die man trek sy mond as hy probeer buikspreek, ek is seker ons dowe vriende sal hom ook kan verstaan. Hy is glad nie ‘n buiskpreker nie, eerder ‘n uitgesproke idioot wat dink hy is snaaks.

Eugene Steyn ·

Sterkte Steve en Dr, Dan Roodt!!! Dankie dat julle veg vir regverdige en verantwoordelike debat.’n Mens moet debat kan voer oor standpunte sonder om die persoon of sy werkgewers of borge aan te val.

Griet ·

Wat gaan aan met Pick n Pay en Land Rover????? Is Afrikaans sprekendes se geld nie goed genoeg vir hulle nie? Laat mens wonder waar jy volgende maand jou kruideniersware moet gaan koop………. of nie.

Anton Visser ·

Ek stem saam hy MOET geteer en veer word! Sterk staan STEVE ons is langs jou!

Grotman ·

Nou kry die pop speeler al die advertensie en atensie wat hy altyd nog wou he, maar ek wonder maar net oor die volgende, wie gaan die praat werk doen in die hof?

Rina Pretorius ·

Pick & Pay, ek se totsiens vir julle, ek gaan julle nie weer ondersteun nie en Land Rover, ek het ‘n Toyota wat jou voertuie sal sleep wat so baie langs die pad staan, ek sal julle ook in my lewe nie ondersteun nie. Steve you go boy, ons almal staan bankvas agter jou hoor. hoop jy stap as wenner uit die hele ding hoor

Rina Pretorius ·

Pick & Pay, ek se totsiens vir julle, ek gaan julle nie weer ondersteun nie en Land Rover, ek het ‘n Toyota wat jou voertuie sal sleep wat so baie langs die pad staan, ek sal julle ook in my lewe nie ondersteun nie. Steve you go boy, ons almal staan bankvas agter jou hoor. hoop jy stap as wenner uit die hele ding hoor

Eish! ·

Tata Pick a Pay! Jammer maar julle kan beslis nie by Checkers se pryse kom nie. Ek koop by die OK of Checkers. Bly in ‘n klein dorpie waar Spar die pryse bepaal en is vrekken duur, maar nogsteeds goedkoper as ons ene Pick a Pay in die aangrensende dorp. En ek kan nie oordeel of die knaap se mond trek of nie, want ek het hom nog nooit sien optree nie (onbekend) en glo my as hy ons dorpie besoek sal niemand eers dit die moeitewerd ag om hom te sien nie. Hy maak sy naam Bollie en moet ‘n ander speelveld gaan soek.

JZ Myburg ·

Landrover en pick en pay ek dink julle soos die Koch vent loop op din eis.asjulle saam met die Koch vent teen Ariekaans staan kan julle ys dalk onder jul padgee..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.