CoP 17: Dié diere nou beskerm

cop17 citesNa afloop van die 17de konferensie van die partye (CoP 17) van die konvensie oor handel in bedreigde spesies (Cites) in Sandton, Johannesburg, sal verskeie diere nou groter beskerming geniet.

Tydens die afgelope Cites, wat elke drie jaar plaasvind, is beslis die wêreld se agt ietermagogspesies sal die heel hoogste bewaringstatus geniet. Die diere wat wêreldwyd die meeste gestroop word, se skubbe is ʼn lekkerny, terwyl hul ander liggaamsdele vir tradisionele medisyne gebruik word.

Die African Grey-papegaai en Makaak-ape mag voortaan nie internasionaal verhandel word nie en geniet dieselfde beskermingstatus as die ietermagogspesies.

Twee spesies haaie, die Silkyhaai en die seevos (thresher shark), asook sekere spesies pylstertvisse word nou op Aanhangsel 2 gelys, wat beteken dié spesies sal ʼn mate van beskerming geniet.

Swaziland se voorstel oor handel in renosterhoring is deur Cites se lidlande verwerp, terwyl ʼn voorstel om die olifantbevolkings van Namibië, Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe na Aanhangsel 1 te skuif sodat hulle die hoogste bewaringstatus geniet, ook van die tafel gevee is.

Talle partye is intussen erg teleurgesteld dat die Afrika-leeu nie van Aanhangsel 2 na Aanhangsel 1 geskuif is nie.

Die gewese koning van die oerwoud is laat Sondagaand op die COP17-byeenkoms tot ʼn “sak waardelose bene” gereduseer. Cites is versoek om ʼn algehele verbod op die handel in die leeu se beendere, tande en pote te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

M'Lady ·

Vir CITES gaan dit nie oor bewaring nie. Geld, politiek, burokrasie en handel is vir hulle die belangrikste. Ek sal my kop in skaamte laat sak as ek hulle was. Wonder hoeveel agteraf “deals” is daar gemaak ten koste van die diere?

Johann ·

Dit is nie Cites nie, dit is die lidlande soos Suid Afrika wat die teenstem uitgebring het en verhoed dat daardie diere na Aanhangsel 1 opskuif. Vir Cites gaan die juis oor bewaring soos wat hulle nou met die African Grey gemaak het, maar vir lande soos Suid Afrika, eer ons eerder mammon. Zuma het mos sy wil met die opening van die konferensie uitgespreek en Edna, onder andere het geluister.

Callie van der Merwe ·

Ek stem, hulle het nie n saak met ons diere nie!

Kiepie ·

Ek wonder wat het hierdie 12 dae lange kongres in Sandton hulle uit die sak gejaag en of die geld nie dalk beter aangewend kon word vir bewaring nie?

Speedguard ·

Ek hoop die WHITE MALE verskyn ook op die lys vir bewaarde spesies!!

Karma ·

@Speedguard – vir wat? Ek het nóg nut nòg waarde vir mans, of hul nou wit of pienk of oranje is. Ek kan my kar se wiel self omruil, na die olievlak kyk, water vervang, self die gloeilampe in die huis vervang en ‘n lekkende kraan natmaak en grassny. Baie dankie, maar nee dankie. En ek is NIE ‘n Amasone nie! :-))

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.