Cope, AfriForum oorhandig memorandum aan VSA se ambassade

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria (10 September 2018). Foto: Verskaf

Cope en AfriForum het Maandag ’n gesamentlike memorandum aan die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika oorhandig waarin die VSA amptelik versoek word om druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas om die Grondwet, eiendomsreg en die 1994-skikking te beskerm.

Dié memorandum is oorhandig tydens ’n vergadering wat Mosiuoa Lekota, Cope-leier, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, met ’n senior verteenwoordiger van die Amerikaanse ambassade gehou het.

Die vergadering is gehou enkele dae nadat die parlementêre grondwethersieningskomitee aanbeveel het die Grondwet moet gewysig word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Die gesprek met die Amerikaanse ambassade vloei ook voort uit ’n besluit wat Cope en AfriForum onlangs geneem het om ambassades gesamentlik te nader om internasionale druk teen onteiening sonder vergoeding te mobiliseer.

Kriel verduidelik dat die Suid-Afrikaanse Grondwet en die beskerming van eiendomsreg wat daarin vervat is die resultaat is van ’n onderhandelde skikking wat in die vroeë 1990’s bereik is tussen verskeie partye, waarvan die ANC en die destydse NP-regering hoofrolspelers was.

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Phando Jikelo/ANA)

“Ramaphosa en die ANC se besluit om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, dui ongelukkig daarop dat die ANC besig is om die 1994-ooreenkoms blatant te verbreek. Aangesien druk vanuit die internasionale gemeenskap ’n rol gespeel het om die onderskeie partye sover te kry om die 1994-skikking aan te gaan, het die internasionale gemeenskap nou ook ’n verantwoordelikheid om te help toesien dat die ANC by dié ooreenkoms hou,” sê Kriel.

Cope en AfriForum wys die Amerikaanse ambassade daarop dat die organisasies nie sanksies teen Suid-Afrika versoek wat gewone mense sal benadeel nie, maar eerder dat die VSA sal help voorkom dat internasionale beleggers die rug op Suid-Afrika keer juis deur vroegtydige waarskuwings aan die Suid-Afrikaanse regering te rig dat die miskenning van eiendomsreg vernietigende gevolge vir die land se ekonomie sal inhou.

In die lig daarvan dat die Suid-Afrikaanse regering en pres. Ramaphosa tans uit twee monde praat – deur die internasionale gemeenskap te probeer paai, maar tog plaaslik volstoom met pogings voortgaan om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak – het AfriForum en Cope in die memorandum feite oor die werklike toedrag van sake rakende die skending van eiendomsreg en plaasmoorde aan die VSA oorgedra.

“Ons wil toesien dat pres. Ramaphosa se pogings misluk om die internasionale gemeenskap om die bos te lei,” voeg Kriel by.

ToekomsVonk se saamtrek Vrydag. Foto: Facebook

Cope en AfriForum beskou hul samewerking om eiendomsreg te beskerm as ’n positiewe voorbeeld daarvan dat landsburgers van verskillende agtergronde wat soms uiteenlopende standpunte huldig op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek wel goed kan saamwerk deur op sake van gemeenskaplike belang te fokus.

Volgens Kriel is die beskerming van eiendomsreg iets wat van gemeenskaplike belang vir almal in Suid-Afrika behoort te wees omdat die huidige 90%-werkloosheidskoers in Zimbabwe bevestig dat almal behalwe ’n klein elitegroep daaronder ly as die miskenning van eiendomsreg ’n land se ekonomie vernietig.

Lekota by ToekomsVonk se saamtrek. Foto: Facebook

Dit volg nadat Steve Hofmeyr, ToekomsVonk en ander organisasies Vrydag buite die Amerikaanse ambassade bymekaargekom het in opstand teen veral plaasaanvalle en plaasmoorde, maar ook onteiening sonder vergoeding en ander kwessies.

Die geleentheid is die tweede van sy soort wat deur ToekomsVonk gereël is. Die organisasie het twee maande gelede ook ʼn protesaksie by die ambassade gereël waar inligting en statistieke rakende plaasaanvalle aan verteenwoordigers van die ambassade oorhandig is.

Afgesien van Hofmeyr was Lekota en ander lede van dié party, verteenwoordigers van VF Plus, en Mariandra Heunis, ʼn vrou wie se man tydens ʼn kleinhoewe-aanval doodgeskiet is, deel van die skare van sowat 250 mense by die geleentheid.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

ANA ·

WONDERLIK! DANKIE JULLE, JULLE PROBÉÉR DÁREM “IETS” DOEN!

Johannes ·

Gaan kyk gerus ‘n bietjie wat is tans op CNN se webtuiste se voorblad. ‘n Hele hoofartikel getiteld: “The invention of ‘white genocide’ in South Africa”

‘n Pratige links-gesinde artikel wat wil vertel dat AfriForum en blankes in SA “ver-regs” en “white supremacists” is. Die artikel wil dit so amper laat klink of ons plaasmoorde verdien oor sg. “apartheid” hoe vreeslik “wreed” apartheid was. Daar word selfs geskryf dat onteiening sonder vergoeding moet gebeur om die “bose grond diefstal onder apartheid” reg te stel.

Ek wonder of Maroela Media dit sal waag om CNN aan te vat?

Franc ·

Boere (bittereinders) se plase is na die Anglo Boere Oorlog onteien deur die Britte. Nou wat nou? Gaan daai grond ook aan die nageslagte terug gegee word?

Willie ·

Ek stam, baie dankie…iemand probeer baie hard om iets te doen..

H.A. ·

VSA sal niks doen. Hulle wil die boere van die grond af hê, net soos hulle en Engeland met Zimbabwe boere gemaak het. Die VSA wil die brood mandjie hê. Afrika moet bakhand staan of alles ten duurste invoer. Meer geld vir hulle ekonomiese oorlewing. Baie slim beplanning uitgewerk sal ek sê. Maar hoeveel lande is almal betrokke ?

MTSteyn ·

Wel, basies die hele G20.

Ek ondersteun (finansieel en met my voete) alle aksies wat deur behoudendes geloods word om die lig te werp op die volsmoord teen Blankes, en dan spesifiek teen Afrikaners. MAAR om enige simpatie, ondersteuning of werklike hulp vanaf die Weste te verwag , is onlogies en ‘n groot denkfout.

Die beplande grondroof is bv. onlangs ‘geseen’ met ‘n ruim skenking van Belgie, met ‘n besoek van Theresa May, en goedhartige ontvangs van CR deur die Council on Foreign Relations. Die tweet van Trump is basies die omvang van die ondersteuning wat die Weste bereid is om te maak (en dalk ‘n paar nuttelose sanksies, ala in Zimbabwe styl, wat geen effek op dikatators het nie)

Hier is die harde, onbetwisbare feit: Grondroof gaan plaasvind met die stille goedkeuring van alle G20 lande. Hulle burgers mag dalk beswaar aanteken (waar dit natuurlik ook sal bly), maar die regerings sal nie ‘n oog knip nie.

Waarop basseer ek dit? Op die geskiedenis van planeet Aarde, op die geskiedenis van alle klein, vryheid-liewende, selfstandige, behoudende volkere, en op die geskiedenis van die Afrikanervolk in besonder.

Ek gee toe, as jy die geskiedenis van jou volk nie onder die knie het nie, sal bg. vir jou baie vreemd klink.

BadPrit ·

@MTSteyn

Ongelukig moet ek 100% saam stem. Of ons dit wil erken of nie, ons was en sal altyd op ons eie wees.

RG ·

‘n Stem van redelikheid in ‘n see van radikale kranksinnigheid. Dankie!

Foxi ·

Net 250 op so n geleentheid? Waar is al ons ander broer en susters? Hoekom reel ons nie ook busse en gaan staan saam nie! As ek kon sou ek……maar met rede kan ek nie.
Maar ooh wee……..40 duisend of meer by n rugby toets. Ons het mekaar nodig om saam te staan. Ons land is in so n gemors dat dit jare sal vat om die land weer op te bou, maar n greintjie HOOP EN IETS DOEN is darem iets mense.

Hoe nou....... ·

Hou jou in hoor……..nie almal kan altyd so n byeenkoms bywoon nie. Ek het nie eers geweet van dit nie en sou dit ook wou bywoon. Miskien moet ek weer vleisbook aktiveer?!

Margaret ·

Dankie aan Cope en Afriforum – julle is op die regte pad. Ek is net bevrees dat dit te veel van n sagte benadering is vir n regering wat gewoond is aan bully en sy wil op ander afvorseer. Daar moet tog n strenger aksie wees wat VSA kan help afdwing.

Elene ·

Môre Kallie. Ek is so bly om te hoor vd ooreenkoms. Ek het egter n vraag: Is dit n geskrewe en getekende ooreenkoms? Jammer dat ek vra maar hulle woord beteken n ronde nil!!

humor ·

Baie dankie ek het groot waardering. Sterkte en sukses toegewens.

Elene ·

Dit is wonderlik as daar so n ooreenkoms aan gegaan is met die ANC in die begin vd onderhandelinge. Ek het net n vraag. Was dit n geskrewe en getekende ooreenkoms tussen NP en ANC om ons regte te beskerm?

Skerp Spioen ·

250 mense kan kwalik ‘n skare genoem word. Ek sou hierdie groep graag wou ondersteun maar soos gewoonlik vind meeste van ons uit van sulke goed nadat dit gebeur het. En dit is jammer.

Sowaar ·

Stem saam. Organisasies moet besef nie almal is deel van die bakkiesblad brigade of Twitter nie.

Out of Africa ·

Die skrif is aan die muur, julle moet trek mense voor dit te laat is. Doen dit vir julle kinders, dis die beste manier om hulle toekoms te verseker. Sterkte.

Johan H. ·

Hou op kerm ons moet trek en hardloop ,ons almal is nie hensoppers nie. Ek ken mense wat al terug getrek het van australiee ,,,

BadPrit ·

COPE kry my stem in 2019. Lekota is die enigste een wat herhaldelik die ANC gas gee oor plaasmoorde in die parlement, die man het verstand.

Hello ·

Dit maak my erg opgewonde dat Kallie en Mosiuoa hande gevat het voor n skare van 250. Die getal laat dit so lyk asof dit in skaamte gedoen is, so asof die keiser kaal voel!

christa ·

Dankie Toekoms Vonk vir wat jul probeer doen Sterkte staan saam julle .Ja waar die hel was die D A

Stephen Namibia ·

Geluk aan Afriforum, Cope en Steve. Te veel negatiewe leunstoel kommentaar teen hierdie groepe maar julle doen ten minste iets. Ek salueer julle.
Dis wat julle moet doen teen die nuttelose ANC en die Liberales. Druk, druk en nogmaals druk. Moenie ophou nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.