Cope-leier bevraagteken Malema se inkomste

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Mosiuoa Lekota, leier van Cope, het Julius Malema oor die naweek verdedig en gesê sy bron van inkomste moet bekend gemaak word, het The Star Maandag berig.

“Hulle sê Julius skuld R16 miljoen belasting aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID),” het Lekota Sondag in Bloemfontein aan ondersteuners gesê tydens Cope se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes. “Hoe skuld hy R16 miljoen? Hoeveel het hulle hom betaal?” wou Lekota weet. “Hulle sê hy skuld dié bedrag, maar hulle sê nie wat die bron van inkomste was nie. Waar het hy sulke bedrae verdien om dié bedrag te skuld?”

Lekota beweer dat diegene wat aan bewind is die geld gesteel het en dit in Malema se naam deponeer het, wat tot onbetaalde belastingeise teen hom gelei het.

“Hy is ʼn jong, onskuldige persoon wat nie geweet het nie. Dit is hartseer dat die mense, wie hy vertrou het, dit aan hom gedoen het,” voer Lekota aan.

Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), was vroeër die leier van die ANC-jeugliga. Hy is op 24 April 2012 uit dié party geskors. Hy is verlede maand in die Pretoriase hooggeregshof op voorlopige sekwestrasie geplaas oor uitstaande belasting.

Die Sunday Independent het in Desember 2012 berig dat nagenoeg R6 miljoen wat in die Ratanang-familietrust gedeponeer is weer uitbetaal is en dat Malema glo die enigste ondertekenaar was. Volgens die berig is R5,7 miljoen van de geld wat in die trust gedeponeer is deur middel van 166 tjeks uitbetaal. Die verslag, deur PriceWaterhouseCoopers, is opgestel deur die ouditeur Trevor White namens die Nasionale Tesourie. White meen die Ratanang-familietrust is opgestel deur Malema as ‘n manier om geld te kanaliseer en om die bron van die fondse te verdoesel of te verberg. Malema het glo meer as R380 000 van geld op ontwerpersklere spandeer en sowat R200 000 na sy persoonlike rekening oorgeplaas. -SAPA

Lees ook:
Malema in hof oor sekwestrasie
Koper kan glo nie Malema-huis betaal nie
Malema-huis: Nuwe eienaar dalk óók in sop by SAID
Malema se Polokwane-huis verkoop
Nóg ‘n Malema-huis verkoop
Malema se plaas verkoop
Malema se plaas ook onder die hamer
Malema-huis vir bykans R6 miljoen verkoop
Halfgeboude Malema-huis het selfs ʼn bioskoop
Julius se Sandown-huis onder die hamer
Malema se huis dalk binnekort opgeveil
Taksman steeds op Malema se spoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DeWet Momberg ·

Absolute snert ! Selfs banke word verplig om sars te laat weet as sulke groot bedrae geskuif word . Bewyse van alle betalings in Malema se rekeninge is wel by SARS en hulle weet wie almal betrokke is . Hulle beskerm net hulle boeties .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.