Cope ontevrede oor ‘uitermatige sekuriteit’ vir staatsrede

Argieffoto

Argieffoto

Die Congress of the People-party (Cope) het Sondag gesê die buitengewone sekuriteitsmaatreëls wat nou vir die eerste keer ingestel is vir pres. Jacob Zuma se staatsrede (Sona) hierdie week, is “drakonies en skandelik”.

Dennis Bloem, woordvoerder van die party, het gesê uitermatige streng veiligheidsmaatreëls was nog nooit tydens die lewering van die staatsrede van toepassing nie. “Nou is die gerespekteerde parlement verander in Zuma se huis van skaamte en ʼn sirkus,” het Bloem gesê.

Zuma sal Donderdagaand sy staatsrede in die parlement lewer.

Volgens Bloem is die veiligheidsmaatreëls wat deur die sekretaris namens speaker Baleka Mbete aangekondig is “drakonies, veragtelik, skandelik en immoreel”. Cope meen dit sal disrespekvol wees en die waardigheid en integriteit van die gaste, personeel en die media ondermyn deurdat hulle sedert hul aankoms by die parlement heeltyd aan intelligensie-sekuriteitondersoeke onderwerp sal word.

“Die betrokkenheid van die Staatsekuriteitagentskap (SSA) is hoogs bedenklik en onaanvaarbaar. Ons het slegte herinneringe aan die onderduimse, onwettige blokkering van kommunikasie wat tydens die vorige staatsrede plaasgevind het,” het Bloem gesê.

“Ons wil sterk beswaar aanteken teen die besluit om die media in ʼn afgesperde gebied in te boks, omdat hulle nie die vryheid sal hê om rond te beweeg en hul werk sonder steuring te doen nie. Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat die media eers parlementêre veiligheidsbeamptes moet vra om hulle te vergesel voordat hulle mag rondbeweeg.”

Bloem het gesê die streng veiligheidsmaatreëls vir die staatsrede is aanduiding daarvan dat Zuma nie deur die meerderheid Suid-Afrikaners ondersteun word nie, maar dat hy dit steeds geniet om deur die weermag en veiligheidsmagte omring te wees. “Dit was nie die geval met presidente Nelson Mandela en Thabo Mbeki nie,” het hy gesê.

“Cope doen ʼn beroep op al die opposisiepartye, media en parlementêre personeel om nie hierdie drakoniese voorwaardes, wat deur die beleërde speaker [Mbete] en die sekretaris van die parlement ingestel is, na te kom nie. Dit is tyd om aan Zuma en die regerende party te wys dat die Grondwet van hierdie land bó hulle almal is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

Selfverhewe, magsbehepte arrogansie! Wonder wat Zuma en sy Zumaikies in die mou voer?

Justice ·

Die antwoord is eenvoudig – ons het nog nooit so ‘n uitermatige swak President gehad nie.

Pieterdp ·

In die Mafia werild is die Mafia base om ring deur sy beskerim bendis. Wat is die versil tusen Zuma em die mafia. Net een hy het die land se staat en politiesie gehijack.

John ·

Mbete het dalk die prez se toespraak onder oe gehad… die’ dat sy… Gewapende magte wat klouende presidente moet beskerm en vliee wegwaai, is ok mos die in-ding in Afrika en dan gaan ons formidabele antie-x van AU-faam wat glo ons kort ‘n hupse en welsprekende vroulike leier wat veral kennis dra van beet- en knoffelboerdery, ok daar wees. Verstaan tog!

Alida ·

Hulle mors geld !!!! Die EFF het toegang tot die parlement en sal hulle weereens sorg vir die sports en die sirkus. Hulle sal hulle nie laat keer nie al is die hele weermag daar.

Wouter ·

John jy slaan die spyker op sy kop. Sy het nie eers n idee van die beet- en knoffelboerdery se voor en nadele nie. Hoekom verloor haar X en JuJu so vinnig en baie gewig. Dalk nie hul beet geëet nie? Stort dalk ook nie vewerk nie.?

Elizabeth ·

Boikot eenvoudig die staatsrede. Dis in elk geval nie nuuswaardig nie.

sioux ·

die hele ou sirkus gaan net weer die TV lisensie betalers se programme verswelg.

Christa ·

En dis die paloeka van ‘n president wat gese het misdaad is minder!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.