COPE ontken dat lede oorloop na ANC

Mosiuoa Lekota, die nasionale leier van COPE. Foto: http://www.congressofthepeople.org.za/

Mosiuoa Lekota, die nasionale leier van COPE. Foto: http://www.congressofthepeople.org.za/

ʼn Gerug dat 200 lede van COPE in Noordwes oorgeloop het na die ANC, is Woensdag ten sterkste deur dié opposisieparty ontken.

Kenneth Maduna, woordvoerder van COPE in Noordwes, het gesê die gerug is ʼn “goedkoop politieke foefie” deur die regerende party en poog om COPE te destabiliseer en onsekerheid onder lede en die party se ondersteuners te skep.

Volgens die gerugte het 200 COPE-lede oorgeloop na die ANC, gelei deur Mabele Mabel Seeletso, ʼn voormalige lid van COPE wat onlangs uit die party geskors is.

Maduna beweer egter dat nie een van die 200 mense na wie verwys word, werklik lede van COPE is nie. “Die beweerde klomp is nie COPE-lede nie. Hulle het nooit hul lidmaatskap sedert 2011 hernu soos deur ons party se handves vereis word nie,” het hy gesê.  “Vra hulle bietjie om hul lidmaatskap te wys en kyk of hulle dit ooit sal doen. Ek belowe jou, hulle sal stert tussen die bene laat spaander.”

Maduna het bygevoeg die bewerings was nie ʼn verrassing nie aangesien “die ANC bekend is vir sy leuens en bedrog” en het gesê hierdie was “die perfekte voorbeeld en aanduiding van hul desperaatheid”.

Volgens Maduna word die ANC in die provinsie bedreig deur COPE se ondersteuning wat al hoe meer groei in aanloop tot die verkiesing. “In die gebied van Ganyesa en die Dr Ruth Segomotsi Mompati-gebied groei COPE se ondersteuning teen ʼn ongelooflike tempo,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

vermeende ·

Net soos die DA is COPE ook ‘n ANC “light” party, maar net nog een van die dood gebore babas van Suid Afrikaans politiek.

Pieter.v ·

Maak nie saak wat die ander partye is ,wat wel saak maak is dat hoe meer mense vir ander partye stem hoe minder stemme trek die anc.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.