Cope opgewonde oor ‘hernieude belangstelling’ in party

Mosiuoa Lekota, president van Cope. (10 September 2018). Foto: Verskaf

Die Congress of the People (Cope) het Sondag gesê die party is bemoedig deur die ooglopende hernieude belangstelling in die party en talle gewone landsburgers wat nou na Cope kyk vir ʼn nuwe politieke tuiste.

Dié party onder leierskap van Mosiuoa Lekota sê dit is baie duidelik dat Suid-Afrikaners op soek is na ʼn alternatiewe party om die land te regeer.

“Oor die afgelope paar maande het ʼn aansienlike hoeveelheid gewone landsburgers en belangegroepe wesenlike belangstelling in Cope getoon. Ons word oorval met versoeke van verskillende gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies landswyd wat met ons wil vergader met die oog daarop om by ons aan te sluit of om ʼn samewerkingsverhouding met ons te sluit,” sê die party in ʼn verklaring.

Lekota en Willie Madisha, adjunkpresident van Cope, is tans besig om saam met die leierskap van die party die land te deurkruis om met al hierdie gemeenskappe te ontmoet. Volgens die party wil die gemeenskappe met die party gesels oor verskeie besware en uitdagings in die land en in hul onderskeie provinsies, insluitend lewensomstandighede, gebrek aan dienslewering, gesondheidsorguitdagings, misdaad, werkloosheid en rassisme, “asook die misbruik van rassisme”.

“Vir die afgelope 25 jaar het die meerderheid van ons mense gestem vir en hul vertroue geplaas in ʼn party wat onderneem om vir hulle ʼn beter lewe te gee, maar ongelukkig is daardie vertroue en geloof verraai. Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat meer en meer mense – swart en wit, bruin en Indiër – tot die besef kom dat die enigste party wat werklike rasseharmonie in hierdie land kan bewerkstellig, Cope is.”

Cope meen ander politieke partye gebruik die rassespanning in die land as politieke speelbal, terwyl Cope getrou aan sy oortuiging bly dat Suid-Afrika aan almal behoort wat in die land woon.

“Ná jare se mislukte regering, vrot en swak bestuur, swak beleidskeuses en doodgewoon verraad, sit ons nou met ʼn krisis van astronomiese proporsies. Suid-Afrikaners kan nie langer apaties wees nie. Dit is ons gesamentlike burgerlike plig om die situasie te red en ons toekoms as ʼn nasie te bepaal.”

Die party het ook ʼn beroep op stemgeregtigde Suid-Afrikaners gedoen om van die laaste verkiesingsregistrasienaweek (26 en 27 Januarie) gebruik te maak om seker te maak hulle is geregistreer om in die komende nasionale verkiesing te stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Katerina ·

Ja hulle is beslis n goeie opsie vir wit mense ook.Mosiuoa Lekota klink na n goeie mens.

lollie ·

Ja stem saam ons gaan Lekota def ondersteun!! Sien baie goeie leierskap in die man!! Vir almal wit,swart,indier en bruinmenmense. Kom mense ondersteun vir Cope!

Alida ·

Stem saam! Die SAUK wil nou R53m he om die verkiesing te dek. Dit is n skande. Daar kon n paar duisend gedienste huis met daai geld gebou word. Mens wil opgooi as jy daaraan dink.

Snowball ·

Stem saam Boland. Die tweegat DA se dae is getel. Cope en VF+ bymekaar is waarskynlik die beste verteenwoordiging vir gewone, rasionele mense van alle kleure wat dik is vir korrupsie en populistiese liegbekke.

Org ·

O ja hy het mos die kommandos weggevat mos en ons op die plase soos tykens gelos toe nog minister was se maar net

Hannes ·

Vra hulle. Dan het jy eerstehandse inligting. Jy behoort mos darem al oud genoeg te wees om nie sulke inligting op sosiale media te bekom nie.

aj ·

As Lekota se kollegas binne Cope sy beleid ondersteun is dit ‘n goeie alternatief vir die DA wat sit met ‘n leierskapskrisis.

‘n Ekonomiese stelsel en regering wat hom beywer vir vrye onderneming (GEEN COMRADES), gelyke geleenthede en oppergesag van die reg … sal SA stabiliseer en lei na ekonomiese groei.

Cope moet net nie begin met ‘double speak’ nie …. ‘ all animals are equal but some are more equal than others!’ … soos die dekadente ANC (en trawante) nie.

Lekota is ‘n sterk leier wat vir die ANC en EFF tsotsis ‘n les of twee kan leer.

Richard ·

Asseblief stem met jou verstand en nie met jou emosie nie.
Die DA is die enigste party wat die ANC kan teenstaan. n stem vir niks seggende klein partye is n stem vir die ANC so besluit hoe verantwoordelik gaan jy jou kosbare stem uitbring. Natuurlik jaag die DA in die laaste tyd aan maar gee hul die kans om meer ervare te raak.

Patricia Prinsloo ·

Daarmee stem ek saam, maar andersins stem ek nie weer vir n swart party nie.

Elna ·

Ek hou ook van meneer Lekota hy is regtig n man van sy woord en hy is nog van die ou gaarde wat saam ons wit mense stem en staan hy praat ook vlot afrikaans hy het so rukkie terug op n radio program vlot afrikaans gepraat hy is ten gunste vir almal en voel dat almal regverdig behandel moet word wit en al die rasse kleure. Ek sal ook my stem vir hom gee want dit lyk darem of hy iets sal kan red in SA. Mnr Lekota het n hart vir almal en hy sien nie net een kleur raak nie. Eks baie beindruk met hom. Ongelukkig is almal in SA se vertroue al so gebreek deur die ANC dat ons niemand meer wil vertrou nie en dis wat alles so moeilik maak danksy die cANCer regering. Ons almal soek n party wat weer wet order en die infrastruktuur en vertroue weer sal opbou en herstel in SA.

Koos ·

Net soos Mandela, en waar is ons vandag?
Die hele spul politikuste is almal die selfde. Hulle kus boude voor verkiesings en vergeet van hulle kiesers daarna. Dis tyd dat die hele spul gaan!

Kerneels ·

Tyd om vir ons eie mense te stem. Dis al wanneer ons seker sal wees ons mors nie ons stemme nie. Vf+ is my opsie.

@Kerneels ·

My stem is my besigheid en privaat… Maar sal definitief nie vir VF+ stem nie. N volkstaat sal nooit gebeur nie en DIS al waar oor hulle kla. Ons moet saam staan as Suid-Afrikaners en die land saam opbou. Maak nie saak wat jou vel kleur is nie. Ek het alle respek vir Lekota van 2009 af. Ek’t geval en hy het vir my in die suiwerste Afrikaans gevra of ek okay is, op die Universiteitskampus waar ek geswot het. En toe vir my gevra waar die plek is waar hy die studente moet toespreek. So ek sal of sal nie vir COPE stem nie. Maar ek sal definitief nie vir VF+ stem nie.

Anton ·

Hy het die kommando’s weggevat. Genoeg vir my. Laas met Piet Retief het ns geval vir mooi praatjies

Gert ·

Ai Kerneels, skril wakker, dit is 2019, nie 1960 nie, whah!!!!!!!

Anton X ·

Red tog net ons nasie.
Verlede week nog was almal in die volke oor VF+, en het die DA vervloek. Sonder om eers sy woorde op die proef te stel, hol almal nou weer agter Mr. Lekota aan. Ek dink hy het geweet as hy so iets se, sal die Afrikaners (weereens) van gedagte verander.
So maklik.

GRIET ·

Koos,Kerneels en Anton X…en géén WÍT “eie mense” het ons nasie al gedrop en ini steek gelaat nie,hmmm….???

EIE mense,is nou so min en yl gesaai, ons kan GEEEN INPAK op ons EIE maak nie..
WAKKER WORD broers…

hou op terugjaag die verlede in op ossewaens en slae uitdeel…ÁLMAL het al foute gemaak, julle en ek inkluis…

PAULUS OOK…en die Here het hóm VERANDER en OMGEDRAAI…

Ons EIE MENSE sal móét hande vat en UITREIK en saamwerk met ANDER mense van dié land,om die MEERDERHEID TEEN TE STAAN

Anton X ·

Jy maak ‘n fout suster. So van die Bybel gepraat. Dink jy vir een oomblik die Skepper het ons hier kom neersit, (nadat ons voorouers moes vlug vir hul geloof), om nou deur ander vermoor en vertrap te word. En daai storie van hande uitreik, vergeet dit. Dit het in 350 jaar nie gewerk nie. Ook nie nou nie. Jou naaste, is hulle wat naaste aan jou hart le, nie die bure nie.
So wanneer ons dit reg kry, mag ons dalk verlos word van die bose.
Fluit fluit, my preek is uit. More is weer werk. Sterkte almal.

JG ·

COPE is die enigste denkbare oplossing vir die regdenkende mens vandag. Hou op om by Piet Retief en Mandela vas te val volgens jou ras – hulle is dood…. laaaankal. Ons moet saam bou, saam kan praat en veral saam kan lewe. Ons is almal mense ongeag ras. COPE bied juis hierdie sienswyse. DINK!

Sanet ·

Eintlik is alle politici maar tweegesig jakkalse,mens HOOP viri beste.
Maar Mnr.Lekota is niks slegter of erger as ons EIE WIT NASIE se eie blanke leiers wat ons al in die steek gelaat het,in die verlede nie.
Om te bly hoenderhaan kraai op ñ EIE volk mishoop,in ñ eie volkstaat,met 3 stertvere wat vir jou gaan stem,gaan ONS nasie nêrenste bring nie.
ACDP+COPE+VF…dalk in koalisie om te begin

Veronica ·

As mnr Lekota by sy woord gaan bly gaan hy definitief my stem kry. Hy praat kalm en met oortuigend! EN: hy dink vooruit en besef die waansin, deur oneining van plase!! Sterkte mnr Lekota!

ANA ·

YIPPPPP….Veronica!!!
Hyt ñ ÁNDER wyser MENTALITEIT, asi res,vani Afrikane rakende grondonteiening en is 100% daarteen gekant…en DIT bedorg COPE mý vote

ANA ·

YIPPPPP….Veronica!!!
Hyt ñ ÁNDER wyser MENTALITEIT, asi res,vani Afrikane rakende grondonteiening en is 100% daarteen gekant…en DIT beSorg COPE mý vote

MTSteyn ·

Ek is van mening dat meeste politici in Europa en VSA harder moet werk vir kiesers se ondersteuning.

Hier in Suid-Afrika kan jy met bitter min werk en ‘n paar niksseggende uitsprake ‘n klomp stemme werf, en sodoende jou politieke nessie lekker uitveer tot die vlg. verkiesing, waar dit dan weer maar ‘n kwessie is van ‘rinse & repeat’.

Annie ·

Mnr Lekota is ‘n eerbare man. Na my beste wete nog nooit in enige twyfelagtige transaksies betrokke nie. Geen vrae oor sy integriteit nie. Ou hand in die politieke arena. Besluit self!

LÍEWE GENADE,TOG! ·

HAHAAAAA…ANTON X ?
JY MOET MAAR DEFNITIEF BY JOU WIT VELLETJIE BRIGGADE GAAN AANSLUIT EN JULSELF OPSLUIT IN AFSONDERING EN VÊR VANI PREEKSTOEL AFBLY…KYK INI SPIEËL DAN SIEN JY Ñ BOSE VALS GODSDIENSGEES….HAAHHHAA!!?

Gert ·

Ek sien sommige mense dink steeds VF+ stel NET in volkstaat belang. Dit terwyl hulle al jare in die parlement veg vir ALLE belangrike kwessies wat Afrikaners affekteer. Nou wil almal hierbo weer gaan vir Cope, lyk my net omdat hulle leier swart is. Is ons regtig al so gebreinspoel dat ons nie glo ‘n wit leier kan voortreflik wees nie?

SANET ·

Mooiste Afrikaans wat hy praat en blymoedigend om hom,by gebedssaamtrekke vir ons land, teenwoordig te sien en bekendstaan as terror Lekota,veral hy teen grondonteining uitvaar

T-aansluiting ·

Cope het my provinsiale stem, want in Gauteng moet ons saamwerk om bo uit te kom. Ons is te min om alleen te spartel en DA het my in elk geval verloor met hul behandeling van wit mense.

Forkeeps ·

Logika se net vir my dat die VF+ nooit stemme uit die swart, Indier en bruin-gemeenskappe sal trek nie. Ek is bereid om vir VF+ te stem op munisipale vlak, maar COPE sal my stem kry vir die nasionale stem. As dit als net mooi woorde is wat Terror spreek, dan is dit nou maar so. Dit sal nie die eerste, nog die laaste keer wees, wat n politikus dit doen nie, maar tot dan wil dit voorkom asof hy my belange ook op die hart dra en nie net sekeres s’n nie. Ek is nie bang om vir ‘n swart leier te stem nie, ek wil net he S.A. moet weer werk en hy is oud genoeg om te weet waartoe die suidpunt van Afrika in staat is want hy het dit al eerstehands gesien. Dalk werk dit die keer vir almal uit as hy ‘n kans kry – mens is nooit te oud om op te hou hoop nie.

Von ·

Cope is waarskynlik die enigste opsie in die mal stryd wat in ons land aan die gang is …..hy bly konstant onpartydig.

Eddy ·

Ek sien mnrLekota as n eerbare man.en hy is goedgesind teenoor blankes.Ek respek die feit day hy mooi Afrikaans praat.Terloops sy bynaam Terror het hy gekry vanwee sy sokker vaardighede op die veld??

Sarel ·

Wit mense moet ophou om te dink n swart party is die oplossing. Ons moet onsself begin organiseer en begin om ons eie planne te maak.
Waarnodig sal die swart party en die wit party saam n koalisie vorm indien hulle eerlik met ons is.
Ja, Lekotta maak die regte geluide, gaan egter bietjie terug en sien waarvoor hy die ANC in die verlede in die parlement sy stem gegee het.

Gert ·

So nou stem julle net vir VF+ in die munisipale verkiesings waar geen beleidsbesluite geneem word nie. Die enigste party wat opstaan vir behoud van Afrikaans en teen BEE en regstellende aksie, mag nou darem besluite help neem oor vullisverwydering, maar mag nie in die parlement sit nie?
Hoe red mens ‘n volk wat so redeneer?

Adam ·

Ignoreer maar eerder Lekota se mooi stories. Die politieke aanbod in SA is hopeloos. Die ANC is moreel bankrot; Die DA probeer tussen twee stoele sit met ‘n leier wat nie eens klaskaptein behoort te wees nie; Cope is net ‘n lastige politieke vlieg: Die EFF is ‘n klomp populistiese boosdoeners en die res is irrelevant. Die enigste troos is dat die res van die wereld ook polities aan die mal word is. Kyk gerus wat gaan aan in die VSA, Brittanje en Frankryk.

Amelia ·

Ongv 20jaar terug het ek die eerste keer van Mnr Lekota gehoor. En dit wat hy daai tyd gese het, se hy vandag nog.
So dit laat my dink aan ander partye wat se oggend en aandpraatjies nooit dieselfde is nie.
Cope is beslis die een agter wie ek gaan staan.

Stem ·

Ek stem. Ek het in Bloem gebly net na die 94 verkiesing en hy het Premier van die Vrytaat geword – en hyt toe gese – geen standbeeld sal verwyder word nie, daar is plek vir wit en swart en dat ons kan saamwerk. Standbeelde is verwyder na hy weggevat is as Premier – hyt sy staan gestaan.

christa ·

kan Cope en VF+ nie hulle riglyne vir ons plaas nie. Hoekom staan VF+ en cope nie saam nie.

Heidi ·

Minder as 50% wit stemgeregtigdes het in 2014 gestem. As 70% gestem het sou grondonteieningwetgewing nie moontlik gewees het nie. Slegs 11 miljoen het vir die ANC gestem. Ignoreer die veldtog vir Afrikaner stemontmoediging. Ook oorsese witmense. Ons kan die ANC ontsetel in Mei.

Stem ·

Ek stem. Ek het in Bloem gebly net na die 94 verkiesing en hy het Premier van die Vrystaat geword – en hyt toe gese – geen standbeeld sal verwyder word nie, daar is plek vir wit en swart en dat ons kan saamwerk. Standbeelde is verwyder na hy weggevat is as Premier – hyt sy staan gestaan.

christa ·

Ek het ook al selfde vraag gevra Laat Cope en V H een party word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.