Corrie Pretorius gevonnis

Corrie Pretorius vroeër in die Groblersdal-landdroshof. (Foto: Tania Heyns / Maroela Media)

Corrie Pretorius, die man wat ’n tienerseun verlede jaar by ’n kitskosrestaurant aangerand het, moet minstens ses maande tronkstraf uitdien óf ’n boete van R12 000 betaal.

Pretorius is in die Groblersdal-landdroshof gevonnis, waar hy vroeër skuldig gepleit het op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Die beskuldigde het skuldig gepleit en toon berou,” het Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

“Die staatsadvokaat, adv. Billy Mudavhi, het in die hof aangevoer dat die oortreding ernstig is en van openbare belang is. Hy het verder gevra vir direkte tronkstraf. Die landdros het Pretorius ’n boete van R12 000 opgelê, of 12 maande tronkstraf, waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.”

Malabi-Dzhangi glo die vonnis sal ʼn sterk boodskap na buite uitstuur.

Pretorius is strafregtelik vervolg nadat hy en ʼn tienerseun (16) in Junie verlede jaar in ʼn stryery by ʼn kitskosrestaurant op Groblersdal betrokke geraak het. ʼn Video van die voorval is destyds wyd op sosiale media gedeel.

Hy is aanvanklik ook aangekla van die rig van ʼn vuurwapen, maar die staat dié klag teruggetrek aangesien daar nie voldoende bewyse was om hom daaraan skuldig te bevind nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Cabous like braai ·

Ras speel n groot rol as dit anders om was sou hulle dit bly uitstel en verskoning soek vir dekades lank….tjoef tjaf sommer net so skuldig wat n klug spul…die man is ONSKULDIG

piet ·

Hy’t dan self skuldig gepleit. As jy skuldig pleit het die Hof nie ‘n ander keuse as om jou te vonnis nie, jy se dan nou self jy is skuldig.

Johan ·

Hy het dit heel waarskynlik op aanbeveling van sy prokureur skuldig gepleit.

Henning ·

Cabous, ja netso. Kyk na nie aanranding saak van Malema en die polisieman

Harley Davidson ·

Ras is al wat n rol speel in hierdie piesang Republiek, malema is onskuldig omdat hy kwaad geword het en die polisie man aangeval het,die ou het kwaad geword omrede hy getart is en skuldig bevind ,onbevoeg verklaar om n vuurwapen te besit,tronkstraf of n boete gekry.

George ·

Die video wys baie duidelik wat hy gedoen het, ongeag wat hulle hom genoem en gese het. Die video is baie duidelik.

Renier ·

Dis altyd jammer die videos wys net gedeelte van gebeure. Ek kies nie kant nie,maar video’s wys gewoonlik nie alles nie.

Marius ·

Julle is doodreg dit stuur n sterk boodskap uit – n boodskap dat KINDERS volwasse mense kan koggel en tart en daar niks met hulle gaan gebeur nie.

Dit is belaglik om die minste te se , en jy mag nie tug nie want hulle het mos “MENSE REGTE”.
Siestog wat n grap.

Onnie ·

In skole vier dit hoogty! Ek sukkel party dae om my “pose” te hou. Beproef jou tot die uiterste. Meeste mense sal nie eers 1ste pouse haal in ‘n publieke skool nie.

De Villiers ·

Jy kan bly wees ou perd. R12 000 is darem nie te veel nie!

Onnie ·

Ek stem. Hy het redelik lig daarvan af gekom. Dinge kon veel erger vir hom uitgedraai het, veral in SA

George ·

Presies, as dit my kind was, sou ek sivielesaak ook maak teen die man.

Janine ·

George, as dit MY kind was, sou hy maniere gehad het. Maar nou ja…..

Frikkels ·

Ja, en wanneer word die 16 jarige voor stok gekry en gevonnis vir teistering van grootmense? Duidelik word die raskaart weereens hier gespeel, tot groot verleentheid van die regbank.

Magda G ·

Party keer lok die kinders mens uit met hulle arrogante houding. Jy word getart en dan as die hom bars is alle hel Los. Ek en ook sulkes en dan word “hulle” storie vertel sonder dat “pappa en mamma” uitvind wat agter dit sit. Daarna word die kinders se weergawe met n stertjie vertel

George ·

Hy, as “opgeleide” vuurwapen eienaar, moet van beter weet, hy as volwassenes moes van beter weet, ongeag wat die tieners hom genoem het. Hulle was duidelik op die video nie n fisiese bedryging nie.

Jacobus ·

Dit was maklik en dan verklaar hulle hom sommer onbevoeg om n vuurwapen te besit. So ontwapen hulle die wetsgehoorsame burgers een vir een.

Surfer ·

Nou gaan hy en sy familie seker nog 1000de dreig briewe ook kry van oom Malema en sy trawante die EFF.

Duck ·

Dit is nie meer 1990 nie, deesdae moet jy jou lip byt en tot 10 tel (en weer terug van 10 na 1). Hou maar jou humeurtjie in toom. Jy sal later bly wees jy het dit gedoen. Dis maar nou hoe die lewe vir ons is in die ou wèreldjie (en nie net in SA nie)

Wielspore ·

Persoon ry amper in my vas met sy motor in ons woonbuurt, hy jaag weg, ek ry na sy huis toe want ek weet toevallig waar hy bly. Sy voertuig staan in die straat voor sy huis, hy is besig om 3 mense af te laai. Stap na hom toe, hy sit met ‘n oopgemaakte bier tussen die bene, sy oë is rooi en hy praat sleeptong. Ek vra toe hoekom jaag hy so en dat hy amper in my vas gery het. Dadelik beskuldig hy my dat ek rassisties is, ek draai om en loop. Met so ‘n houding gaan jy binnekort jou agterend sien.

Aggie ·

Dit is baie riskant om so ‘n persoon te konfronteer. Dit kon jou, jou lewe gekos het. Ry liewer aan en sê dankie dat jou motor geen skade het nie!

George ·

Jy moet koel en kalm bly as jy n vuurwapen het, jy kan nie net hom rondslinger soos jy lus het nie. Hoop jy leer nou hier uit.

kragaap ·

“it is the mark of an educated mind to be able to entertain a thought without accepting it” Aristotle

Go figure, Ek kan verduidelik maar teen ‘n fooi per uur.

gpsa ·

Hoop nie jy is ooit in die situasie waar jy so uitgetart word soos hy nie. Waar hulle sommer hulle hande in jou kos druk.

Realis Thailand ·

Dit was weer n raskaart wat gespeel is
Malema en sy gevolg kan aanrand wie hulle wil, waar hulle wil en of word nooit aangekla of jare daarna sloer die saak nog voort.
Dit is een rede hoekom ek uit sa weg is
Ek word te vies om dit lig te stel vir sulke wanaanwending van die reg

Piet ·

Ek dink ook daar is ‘n verkil tussen die waarheid en wat hoofstroom wil he ‘n mens moet weet. Ek het my vertroue in polisieering en die reg verloor. Die kleur van jou vel speel die belangrikste rol wanneer dit by die soort gevalle kom.
PS, Ek glo nie hy erken skuld omdat hy skuldig is nie, hy doen dit want as hy onskuldig gepleit het was die verswarende omstandighede net eenvoudig onredelik.
Wat leer ons hier uit, loop net weg, geen verdediging gaan so gesien word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.