Corrie Sanders se moordenaars wil appelleer

Corrie Sanders

Corrie Sanders

Die drie beskuldigdes wat tot tronkstraf gevonnis is vir die moord op die bokslegende Corrie Sanders, gaan aansoek doen om teen hulle vonnisse te appelleer, het die SAUK berig.

Regter Ferdi Preller het Paida Fish, Chris Moyo en Samuel Mabena tot 18 jaar tronkstraf elk gevonnis vir die moord op Sanders. Hulle is tot ʼn verdere 19 jaar tronkstraf gevonnis vir gewapende roof en ses jaar tronkstraf vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Preller het gelas dat van die vonnisse gelyklopend uitgedien moet word en die beskuldigdes sal dus effektiewelik 30 jaar tronkstraf uitdien.

Sanders (46) is op 22 September 2012 doodgeskiet tydens ʼn gewapende roof by die Thatch Haven Country Lodge buite Brits in Noordwes. Hy het sy broerskind se 21ste verjaarsdagpartytjie bygewoon. Sanders is die volgende dag in die Kalafong-hospitaal oorlede.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Corrie Sanders op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ivan ·

Ek hoop hulle appel slaag, en die regters bevind dan dat hulle die volle vonnise moet uitdien en geen parool ooit mag kry nie.

Theresa ·

Ek hou duimvas vir dit Ivan. Die vermetelheid wat hulle het…………………….

Jean ·

In die nuwe anc piesang republiek sal hul heel moontlik slaag. Ai wat n deskselse grap Suid Afrika nou waar n siel nie sent werd is nie..

pietpompies ·

Daar is meer moorde per jaar in Suid-Afrika per jaar as in die hele aparheids era van 33 jaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.