Cosas eis Motshekga se kop

Minister Angie Motshekga. Foto: ANA

Die studente-organisasie Cosas hou vol Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, moet uit dié amp bedank.

Cosas in die Groter Johannesburg-streek, het gesê hulle verwelkom die feit dat die skole vandeesweek weer oopgemaak het en wens alle skoliere baie geluk wat geslaag het. Cosas moedig diegene aan, wat nie geslaag het nie, om hard te werk om akademiese uitnemendheid te verseker.

“Ons wens ook die departement van onderwys in Gauteng geluk daarmee dat hulle onverpoosd werk om die standaard van opleiding in die provinsie te verbeter en sodoende die lewens van gewone skoliere te ontwikkel,” het Penuel Maduna, streeksvoorsitter van Cosas, gesê.

“Ons hou egter vol dat minister Motshekga moet bedank, omdat sy versuim het om die onderwysstelsel van die land te verander. Daar is skole wat nie behoorlike infrastruktuur het nie en die skoolvoedingsplan het leerders van hul menswaardigheid gestroop deur hulle te dwing om pap en soja te eet. Terwyl minister Motshekga gewapende lyfwagte het wat bereid is om hul lewens te offer vir die veiligheid van die minister, het ons skole nie opgeleide veiligheidswagte om ons beperkte hulpbronne te beskerm nie en dit maak hulle kwesbaar vir misdaad.

“Cosas neem ook kennis dat LUR’e en distriksdirekteure gelei word deur dié misdadiger wat haarself ‘die minister van onderwys’ noem en volg die stelsel van modularisering om die uitslae van hul provinsies en distrikte op te stoot, terwyl die lewens van gewone skoliere, wat daarvan droom om eendag suksesvol te wees, vernietig word.

“Ons kan nie meer gyselaar gehou word deur hierdie kriminele wat nie die belange van die leerders op hul hart het nie. Ons sal dag en nag onverpoosd werk om seker te maak dat, diegene wat nie oor ons toekoms omgee nie, uit die departement van basiese onderwys verwyder word,” het Maduna bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

snoefie ·

cosas, vir n honger kind is pap en soja koningskos. hoe word hulle menswaardigheid aangetas as hulle kos gratis kry? as cosas sulke kinders braaiboud en slaai wil gee, betaal self daarvoor

PJC ·

Cosas besef nie dit gaan nie help om haar af te dank nie want daar is nie enige bevoegdes binne die ANC om haar te vervang nie.

Rupert Ashford ·

COSAS? Hulle voorgestelde oplossings sal ook niks aan die saligheid van die onderwys verander nie want vir uitnemendheid is daar nie plek in hulle of die ANC/EFF se sg “oplossing” nie.

kat ·

Nie een van hulle is bevoeg nie – stel net ‘n ander onbevoegde aan.

Christo ·

Die Nasional Skool voedingskema is meer as net pap en soja. Die leerders kry groente,vis, rys en melk. Geen leerder word gedwing om te eet nie. Indien hy/sy honger wil bly is dit sy eie probleem. Die vooedingskema kos die belastingbetaler biljoene Rand. Cosas praat snert. Die bestuur van Cosa was duidelik nie toppresteerders nie.

gertjie ·

De Klerk en sy meeloper Meyer het die minderheid se regte vertrap by Kodesa.
Ons gaan moet terugveg daarvoor.

Jacques venter ·

Gertjie
Watter “regte” het De Klerk en Meyer vertrap?

Sal baie graag wil weet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.