Cosatu begin landswyd staak oor werkverliese

(Foto: COSATU Today/Twitter)

Die vakbondfederasie Cosatu het Woensdag in agt van die nege provinsies begin staak in protes teen toenemende werksverliese.

Cosatu sê werkers in verskillende ekonomiese sektore landswyd het oor die afgelope paar jare hul werk verloor as gevolg van onder andere afleggings, privatisering en korrupsie. Die federasie sê hy wil ʼn einde aan dié tendens bring.

Alle Cosatu-affiliasies, insluitend die onderwysersvakbond Sadou en die polisievakbond Popcru, het hul gewig agter dié staking gegooi wat in alle provinsies, behalwe in die Wes-Kaap, plaasvind.

Cosatu sê sy protesaksie is nie net teen toenemende werksverliese nie, maar ook die impak van staatskaping en korrupsie op die armes en die uitkontraktering en privatisering van openbare en private dienste, insluitend Eskom.

Die vakbondfederasie het reageer op die jongste nasionale indiensnemingsyfers wat Dinsdag bekendgemaak is. Dié syfers toon dat Suid-Afrika verlede jaar met ’n werkloosheidskoers van 27,1% geëindig het. Cosatu het gesê dit bevestig sy standpunt dat beleidmakers nié van plan is om die krisis van Suid-Afrika se hoë werkloosheidskoers op te los nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

marco polo ·

Hoe meer afgele word, hoe minder Cosatu lede gaan daar wees vir hierdie onsinnige stakings. Klink vir my na n goeie plan.

Johan H. ·

As jou werkers aan n unie behoort,,Fire hulle ieg. want jou probleme is geboek,,, Dit is n aanduiding dat hulle jou as die werkgewer nie vertrou,,,

Kiep ·

Daar sal genoeg werk wees vir alle Suid Afrikaners as ons al die buitelanders terug stuur na hul lande toe. Dan hoef Cosatu nie meer te staak nie.

Alida 2 ·

Kiep ek wil met jou saamstem maar dan moet jy net eers die Suid Afrikaners sover kry om te werk.

Baie van hulle wil nie werk nie, soek net die salaris.
Te gewoond daaraan om net te ontvang.

Lour ·

Ek het al jaaare terug al my saffas vervang met buitelanders, saffas wil nie werk nie, wil hoogste betaal word maar nie werk nie, wil alles he, he, he. Sal nooit weer terug gaan saffa werkers toe nie.

Johanna Botha ·

Cosatu kan julle nie werk skep nie ! ? Ipv net staak?Gebruik julle energie en kom met oplossings en skep julle bq werk hou op met demand demand !

HPV ·

Marco polo en Kiep, ek stem 100% met julle saam. Nog ‘n paar duisend gaan werkloos wees deur die anc, blf, eff se eiendoms onteiening planne asook hul ander twyfelagtige projekte. Die afgelope 25 jaar het hulle die land al oor die afgrond bestuur maar hulle spoed net voort. Mens sou dink hulle leer uit hul foute maar hulle leer nie…of wil nie leer nie.

christa ·

mooi so, julle veroorsaak die werksverlies. Staak maar tot einde van die jaar, wie is gepla. Dit leer ons mense net om self te werk en meer selfonderhoudend te wees en nog minder van julle in diens te neem

Gert ·

Cosatu het ge-agiteer vir uiters hoë minimum loon. Dit het veroorsaak dat baie werkgewers nie meer hulle werkers kon bekostig nie, en hulle moes laat gaan. So, wie is verantwoordelik vir die afleggings?

Verlore Generasie ·

Fabriek hier gesluit oor stakings. Nou nog tweehonderd werkloos. Hullle is vooraf gewaarsku dat dit sal gebeur. Baie wil nie werk nie, maar staak vir groter salarisse. Sal nooit leer nie.

Peter Holmes ·

Nou slaan ek my hande saam. COSATU het sedert sy stigting in 1983 die land onregeerbaar gemaak. Hulle en hul vorige sekretaris-generaal Swelenzima Vavi het die land se ekonomie vernietig. HULLE het die werkverliese veroorsaak met stakings, hoe salaris eise, vrtnietiging van eiendom, moord , aanrandings op werkgewers en luiheid. Dink maar aan mynbou. 100000 werkers verloor hulle werk. SACTWU tekstiel nywerheid: 65000 werkers het ook hul werk verloor. Nou skree hulle “WE WANT JOBS”. Ek voel vere vir hulle !!!!

koos1 ·

Die slimste plan. Staak om te betoog teen werkloosheid. 1 werksdag verlore. 2 ure beurt krag per dag. Nog ‘n werksdag per week verlore. Nou sit ons met ‘n 3 dae werksweek. Nou loop jy elke dag ‘n uur vroeër of kom ‘n uur laat weens ons land se betroubare openbare vervoer, nog ‘n werksdag per week verlore. Nou is ons op 2 werksdae per week oor. Ek het nog nie aan siekverlof en verlof geraak nie.
Geen besigheid kan funksioneer en wins maak met 16 uur se werk per week nie, so die besighede maak toe, en so is daar meer werksverliese.
Dis seker die redenasie wat ‘n mens kry van mense wat skole verplig om leerders te laat “slaag” nadat die tweede jaar in die graad voltooi is, ongeag uitslae.

Stripes ·

Dring aan op werk maar as dit vir hulle gegee word, wil hulle nie werk nie, soek net die salarisse. Produktiwiteit ook nie van die beste nie en daar moet eintlik 2 aangestel word in dieselfde pos dan kan hulle ten minste vir mekaar sit en kyk. Hulle pluk nou maar net die vrugte van hul optrede.

John ·

Nie een, die ANC-leierskap inkluis, weet waar geld vandaan kom nie. Groot verwagtinge, eise en drome wat nie net die duiwel nie, maar ook nou die diep blou see, en alles tussen insluit, wil getap word vir die good life. Al harde werk in SA is die parkeer van jou luukse kar in die nuwe mall en om vir die hysbak te wag of in die tou by die till… harde werk…

Andre Botha ·

Kry daai leiers om op tv n paar vrae te antwoord. 1. Hoe werk die ekonomie. 2. Hoe werk privatisering.
En vra dan die mense wat so protesteer dieselfde twee vrae. Die mense staak hulleself uit werk uit.

Erika ·

Hulle het groot deel daaraan dat mense nie werk het nie. Hulle demand dit en dan dat, maar dink nie waar die geld vandaan kom nie..Met hul stakings gaan baie geld verlore en werksverliese, maar neeeee hulle is mos slimmanne !!! Siestog, hul eie mense se ondergang!!

Adrian ·

Het sa werkers gehad nou vervang met malawiers nie n dag se probleme nie en o ja ek betaal hulle n goeie salaris en julle lewer puik werk

JoeyS ·

@Adrian, ek het presies dieselfde gedoen, nie n dag se probleem nie, geen meer SA werkers op ons perseel nie, en sal aanhou om uitlanders aan te stel.

SB ·

Beste ding wat julle kon doen! Hulle staak nie omdat daar nie werk is nie, hulle staak omdat hulle nie WIL werk nie!

Spike ·

Hoe meer die comrades en kaders staak hoe meer verlore werksgeleenthede. Intelegensie tekort.

Minora ·

Ons staak want ons het nie werk nie , ons het nie werk nie want ons staak! 1+1= eleventy three seven and thousand.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek het my werkers by my eie nuwe unie aangesluit…..Ek betaal self hulle aansluitingsfooie en maandelikse lidmaatskap sonder om dit van hulle salarisse af te trek. Wat’s my nuwe unie se naam? W.O.F.O………..Dit staan, rofweg vertaal, vir “Werk, of Loop!!”

Helen ·

Hierdie unies is die doodsteek van ons land. As gevolg van hul onredelike “demands” is Eskom, Poskantoor/Telkom en die myne is finansële gemors en wat gaan van al hierdie werkloses word as hierdie maatskappye vou en toemaak? Maar dit is ‘n lat wat in die apartheidsera deur die ANCgepluk is en wat hul nou dubbel so hard looi en hul kan dit nie stop nie. Wat ‘n gemors.

Emma ·

As ek die fotos so kyk lyk dit nie of een van die stakers sonder werk sit nie. So staak almal net maar as almal so fluks is met werk soos hul is met die staak dan sal ons n goeie ekonomie he.

Antoinette ·

Hou op dat werksmense toi toi oor meer geld wat besighede nie kan bekostig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.