Cosatu benadruk steun vir Ramaphosa om ANC te lei

Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Die vakbondfederasie Cosatu het Woensdag die organisasie se ondersteuning vir adjunkpresident Cyril Ramaphosa, om pres. Jacob Zuma in Desember op te volg as leier van die ANC, benadruk.

“Ons erken ruiterlik dat ons die adjunkpresident van die ANC ondersteun as die volgende president van die ANC,” het Bheki Ntshalintshali, algemene sekretaris van die Congress of South African Trade Unions, gesê tydens die SAKP se 14de nasionale kongres in Boksburg.

Ondanks die onstabiliteit in die drieparty-alliansie, die ANC, SAKP en Cosatu, het Ntshalintshali gesê sy vakbondfederasie het nog nie vertroue verloor in die ANC of die alliansie nie.

“Baie mense is lief vir die ANC. Hulle beskou dit as ʼn bevrydingsbeweging. Werkers verstaan die uitdagings wat die ANC in die gesig staar as ʼn uitdaging van leierskap,” het hy verduidelik. “Aan comrade Ramaphosa, die voormalige algemene sekretaris van die NUM, ons keuse is nie ʼn blanko tjek nie. Ons plaas ʼn groot verantwoordelikheid op die toekomstige kollektief van die ANC.”

Ntshalintshali het Ramaphosa versoek om leierskapsvaardighede in te boesem, wat fokus op die massa, in teenstelling met selfverryking.

“Ek weet nie hoe ons hierdie probleem gaan oplos wanneer die burgemeester van Thokoza verkies word nie: die eerste ding waaraan hy dink is ʼn nuwe huis en ʼn nuwe motor, en nie sy kiesafdeling nie.”

Hy het aan afgevaardigdes gesê Cosatu ondersteun Ramaphosa, net soos dit Zuma in die verlede ondersteun het toe hy aangekla is. Hy het gerugte verwerp dat Cosatu die ANC se skoothondjie is.

“Gewoonlik wanneer ons regering goeie werk doen is ons die eerste om dit te sê, maar net só, wanneer ons regering verkeerde besluite neem, sal ons die eerste wees om dit te veroordeel,” het Ntshalintshali verduidelik.

Cosatu en die SAKP het Zuma verbied om hul byeenkomste by te woon en beskou hom as onbevoeg om die president te wees.

Nóg vakbonde het hul stem bygevoeg om Ramaphosa terug te roep, insluitend die National Union of Mineworkers (NUM) en die National Health Education & Allied Workers Union (Nehawu).

Afgevaardigdes wat die week lange konferensie bygewoon het, sal na verwagting nuwe leierskap nomineer vir die volgende vyfjaartermyn en sal ook besluit of hulle vir die eerste keer as ʼn alleenstaande party by die verkiesings sal aansluit.

Solly Mapaila, tweede adjunksekretaris van die SAKP, sal homself nie beskikbaar stel vir die posisie van sekretaris-generaal nie. Blade Nzimande, wat al sedert 1998 die gesig van die SAKP is, sal na verwagting weer verkies word.

Jeremy Cronin, eerste adjunksekretaris, tree uit die party se leierskapstruktuur en sal nie herverkiesbaar wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vermeende ·

Dit is tyd dat daar n oordentlike artiekel geskryf word oor ons politisie en hulle rykdom. Zuma for by Forbs gelys as een van die rykes, nou hoe is dit moontlik vir n beeswagter om in 23 as staatamptenaar soveel rykdom by mekaar te maak sonder korupsie. Zuma is nie die enigste nie, almal moet geondersoek word.

Michael ·

As ek cosatu of Cyril is sal ek nie my hoenders tel voor hulle uitgebroei is nie ek glo net soos wat in Pretoria en JHB die geval is gaan die DA regeer in n koalisie regering die probleem is gaan die anc die mag oorgee??

Johann ·

Handpop Zuptopia! Almal is lekkerrrrrrr hand om die blaas as Zumaikies…skep..steel…verwoes…ANC LEGACY!!!!!!

Lynne ·

Ja Well No Fine! As die Afrikaner maar net kon saam staan soos wat die ANC doen! Op die oomblik fight ons a losing battle omdat ons te hardegat is om saam te staan.

Vryheid ·

Al sou die anc nie die volgende verkiesing met die nodige twee derde meerderheid wen nie, sal hul dieselfde doen as die wat die da gedoen het- koalisie vorm met hul boeties bv. Eff
Die anc is hier om te bly.

Charl ·

BUT GOD!!!! God is in beheer en Hy sal ons red! As almal in die vlees nie wil saamstaan nie, bid dat almal dan in die gees sal saamstaan. God is almagtig en kragtig. Spreek lewe oor elke aspek! As ‘n negatiewe berig deurkom, spreek woord en lewe in hom. Vervang bietjie elke negatiewe berig of “comment” met skrif uit die woord. Hierdie verskriklike seisoen moet verby gaan, ek glo vas! Ek vertrou God! Ek bid Psalm 91 oor elkeen wat God liefhet! Die son gaan weer skyn, God sal ons red, God sorg vir sy kinders. Ons moet net mekaar positief bly moed in praat. Blessings vir almal! God is alive!!

vrikie ·

Cyril call a spade a spade, noem zuma en sy trawante op die naam dis die die sagte handjies benadering onder die kaders wat geen gewig dra nie

John ·

Die’ saamstaan-storie is ‘n interessante een… Die Afrikaners is om verskeie redes ‘n klein groepie, maar presteer desnieteenstaande. Dalk is ons nou minder as die Kleurlinge en die Indiers/Sjinese omdat die laaste 2 agv Brics (waarin geld ‘n heel ander rol speel as wat ons dink) nou die regering se bloedbroers (en vrye wild) is. Sou Afrikaners ‘n ‘groep’ vorm, sal ons meer of minder geteiken word en meer bereik? Flip Buys en kundiges kan bv leiding neem en as voorgangers dien tov vername sake, maar ander se voete jeuk vir doef-troef-ooms… en chaos is ons voorland. Versiende en takties besluite met Raad van Bo is nodig en nie cowboy-filantrope of rock- voordansters s’n nie (met die kamera op my mooiste kant gerig). Het ons getalle nie juis geduik na die BO’e weens voortvarendheid nie? Ons het begrip buite nodig, maar ‘n magtige spel teen behoud word nou vanuit kragtige kringe wereldwyd geloods om erge sinistere redes. ‘Afrika’-getalle laat glo hy is so baas van die geplunderde ‘plaas’, maar hy was nog nie en sal ook nooit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.