Cosatu en regering sal verskille uitstryk, sê Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa op 7 Februarie 2016 by die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo (Foto: ANA)

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa op 7 Februarie 2016 by die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo (Foto: ANA)

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa het Sondag gesê die regering is oortuig daarvan dat hy ʼn ooreenkoms sal bereik met die vakbondfederasie Cosatu oor die minimum loon en ander kwessies.

Ramaphosa het honderde ANC-ondersteuners tydens die ANC se 104 jaar vieringe by die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo, toegespreek.

In sy toespraak, wat kortgeknip moes word weens klankprobleme as gevolg van die reënweer, het Ramaphosa gesê Cosatu moet steeds “militant bly” en “ʼn ware kampioen vir die werkers”.

“Ons sal steeds saam met Cosatu werk: wanneer ons ook al uitdagings het, of wanneer ons kwessies het oor belasting, sal ons saam werk en oplossings kry,” het hy gesê. “Nou werk ons saam met Cosatu oor die kwessie van ʼn minimum loon. Ons onderhandel en ons is seker ons gaan antwoorde kry.”

Ramaphosa het gesê Cosatu sal die grootste vakbondfederasie in die land bly en beplan om nóg ʼn federasie op die been te bring wat nie die ANC se verhouding met Cosatu sal beïnvloed nie.

Volgens hom het die ANC Cosatu gehelp om sy probleme op te los, en sal steeds die federasie bly ondersteun.

Cosatu gaan gebuk onder interne struwelinge, en sy voormalige algemene sekretaris, Zwelinzima Vavi, en die vakbond Numsa is uiteindelik uit die federasie geskors, ná dreigemente van ander vakbonde wat ook hul verbintenis met Cosatu wou opskort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

En so verteer die draak homself….In plaas van vir werkers te verduidelik waar die geld vandaan moet kom om hulle loon-eise te bevredig, bly hulle die werkers paai met al hoe meer geld tot daar niks oor is nie, en almal werkloos op straat sit.

DPJ ·

Johann uitstekend.
Die staat se koffer bly maar oop vir elkeen om homself wil help.

Andre ·

Dis mos weer verkiessing tyd. So als word weer rooskleurig geverf. Wonder net hoe lank dit vir sekere kiesers vat om die foefies raak te sien.Loop “trek jou kruisie” en kla dan agterna.

Piet Piper ·

Cyril moet minder hamer op “loon en ander kwessies” en liewer die mense probeer verduidelik wat is WERK, en wat dit beteken om deur middel van harde werk brood op die tafel te kry !!!
Hulle moet ophou alles verniet wil kry en te claim ……………”The only Free meal, is the One in a Mousetrap”

alida ·

Hoe dink Cyril maak mens ‘n puttoilet skoon wat 20 jaar oud is. ONMOONTLIK. Mens gooi hom toe vergeet van hom en begin ‘n nuwe een en HOU hom skoon. Met dit waarmee ons nou sit kan nie in ‘n paar dae reggestel word nie. Raak ontslae van die mense wat die put bemors het in die eerste plek.

Realis ·

Dan moet ons ‘n departement van lawatories kry om die ding te administreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.