Cosatu gaan e-tolskyfies, fakture verbrand

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag gesê hy gaan e-tolskyfies en -rekeninge volgende maand tydens ʼn betoging voor Sanral se kantoor aan die brand steek.

“Almal wat e-tolskyfies gekoop het, moet die geleentheid gebied word om dit te verbrand,” het Dumisani Dakile, provinsiale sekretaris van Cosatu, aan verslaggewers in Johannesburg gesê. Die besluit is glo verlede week tydens die uitvoerende komitee se vergadering geneem. “Die komitee het ook gesê almal wat hul maandelikse fakture ontvang het, moet dit kan verbrand.”

Dakile het gesê ʼn slakkepasbetoging sal op 18 Oktober na die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se kantoor gehou word. Die skyfies en fakture sal dan verbrand word.

Cosatu doen ʼn beroep op Gautengse motoriste om nie e-tolskyfies te koop of hul rekeninge te betaal nie. Dakile het gesê motoriste moet nie geboelie word deur “onwettige Sanral-padblokkades” op snelweë nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Ons het ook nou gesien wat kan gebeur as ons saam staan. Sal almal nou ook by Afriforum aan sluit asseblief. Dat ons die regering kan hof toe vat om tog die land reg te bestuur. Elke rand help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.