Cosatu gee ultimatum oor moontlike afleggings

Cosatu se sekretaris-generaal Bheki Ntshalintshali, president Sidumo Dlamini en adjunkpresident Tyotyo James (Foto: Getrude Makhafola /ANA)

Die vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag die ANC gewaarsku teen die aflegging van vermoedelik 30 000 staatsdiensamptenare as ʼn kostebesparingsoefening oor die volgende drie jaar.

Bheki Ntshalintshali, sekretaris-generaal van Cosatu, het gesê sy organisasie wil hoor dat die ANC-regering in die openbaar bevestig dat die afleggings nie sal plaasvind nie. Hy het gesê Cosatu sal die komende werksberaad boikot indien daar nie enige waarborg is dat staatsdiensamptenare afgelê sal word nie.

“Ons het vanoggend gehoor die ANC het gesê hy sal nie afleggings ondersteun nie, maar bloot om dit net nie te ondersteun nie, is nie goed genoeg nie,” het Ntshalintshali gesê ná die vakbondfederasie se vergadering van sy sentrale uitvoerende komitee in Johannesburg. “Die ANC is aan bewind en hy moet sê dat dit nie sal gebeur nie. Dit is wat ons van die ANC wil hoor, want mense wat in die regering werk is aanspreeklik voor die ANC. Werkers wil hoor dat afleggings nie sal plaasvind solank as wat die ANC aan bewind is nie.”

Hy het gesê die ANC sal van sy beleide afwyk as die staatsdiens besnoei word, want ʼn ontwikkelende staat moet altyd maniere soek om werkloosheid te bekamp, nie om daartoe by te dra nie.

“Só ʼn skuif sal ook teenkanting bied tot dit wat die werksberaad veronderstel is om te bereik. Die beraad gaan oor die behoud van poste en om maniere te vind hoe jongmense aangestel kan word. Dit gaan nie oor afleggings nie. Afleggings is oral, selfs in die privaat sektor. Dit is ʼn probleem en ons fokus nie net op die regering nie. Ons sal nie die beraad bywoon as dit oor afleggings handel nie.”

Volgens die Mail & Guardian is pres. Cyril Ramaphosa se administrasie van plan om minstens 30 000 poste in die staatsdiens te besnoei. Die regering is van voornemens om R4 miljard opsy te sit vir afleggingspakkette om ongeveer R20 miljard in salarisse te bespaar. Die plan is na bewering twee weke gelede tydens die ANC-lekgotla bespreek.

Ayanda Dlodlo, minister van staatsdiens, het egter Maandag ontken dat daar enige plan is om staatsdiensposte te besnoei en veroordeel mediaberigte was “onnodig konflik en skade veroorsaak”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

ferdi ·

Dit klink soos di lys van onteiening van grond no dat Afri forum di lys het no ontken di regering dat so lys bestaan.Cosato doen presies wat Afri forum ook doen hulle tree voorkomend op . TROTS op Afriforum

Mossie ·

Snoei eerder aan die onnodige hoë salarisse van die grootkoppe in die staatsdiens en behou sodoende die 30 000 werkers. Myns insiens is die waarde van die inligting en ondervinding van die grootkoppe nie die hemel hoë salarisse werd nie.

Willem ·

En as dit jou besigheid was, wat agv die ekonomie kompiterend moet bly en nie vyfde wiele aan die wa kan bekosteg nie? Hakuna Matata is verby, onproduktiwiteit van die verlede is verby en jy is nie bereid dat jou besigheid meer ‘n welsynsorganisasie is nie. O’ja en jy word gedwing om jou op verbeterde stelsels en rekenaartegnologie toe te spits, dalk kyk na meganisasie?

Thinus ·

Die beste manier om werkloosheid te bekamp, is om geboortes te bekamp. Hierdie planeet was 50 jaar gelede al oorbevolk.

John ·

Elke 4 jaar is kamma-verkiesings en Afrokane boelie hul wil in die voorafgaande jare af, terwyl die bestuur paai en bederf om baas te bly. Die regering se beleid van aanwas vir ‘n eenpartystaat met invoere van dieselfde + bykomstighede, karteer die pad na ellende. Oormatige aanstellings met unies wat sake beheer lei na ‘n groot graf en sakke kalk (as daar geld is). Die ANC besluit op die slegste pad denkbaar om te volg en dwing dit dan met hand en tand af.

wilma ·

Moontlik moes die 30 000 in die eerste plek nie aangestel gewees het as jy kyk na die tipe van dienslewering waarmee ‘n mens tevrede moet wees nie!

Nog 'n failure ·

WHAAAAAAAAAAAAA nog ‘n ultimatum. Julle het die staatsdiens GESTOCK met vriende en kaders, en dis juis STAKINGS en swak performance wat gelei het tot afleggings nou wil julle WEER STAAK? Wel staak weer dan gaan hulle maar net 50 000 mense moet afle in plaas van 30 000 … JULLE wil nou maar net nie luister nie … julle dink staak en ultimatums maak alles reg .. belaglik man .. STAAK julle almal uit julle werke uit en KYK OF ONS OMGEE~!

Mrs H ·

Ons is in die eerste plek, lankal nie meer n ontwikkelende land nie…. Vandat Thabo Mbeki moes gaan….

christa ·

Sjoe sal bly wees HOOp net dat dit sommer Baie vinnig sal gebeur OOk by CITY VAN TSHWANE STADSRAAD MY MAN IS 57 Jaar WERK IN OMSTANDIGHEDE WAT SO SLEG IS HY GAAN VROEG V JAAR VERVROEGDE PENSION EK BID VIR DIE VADER ELKE DAG GEE PAKKETTE DAT HY KAN LOOP . WANT WAAR N SWART REGERING AAN BEWIND IS SAL HULLE HUL HANDE OP HUL PENSIONNE LE . EN AS HY DIT MOET SOEK OOR 8jaar v nou wat eindlik aftrede is HET SWART REGERING HUL HANDE OP DIT JAMMER KAN HUL NIE VERTROU NIE ASSEBLIEF GEE MY MAN PAKKET HY WERK AL 6 JAAR SONDER ASSesent SONDER TOERUSTING SONDER N ORDENTLIK VOERTUIG SUKKEL OM MATERIAAL IN DIE HANDE TE KRY WANT TOP MANGEMENT IS EEN WORD PATETIES HY HET AL 4 OPERASIES GEHAD MOES GEYSERS ALLEEN HANG ASSEBLIE TSHWANE GEE MY MAN SY PIE DAT HY KAN WAAI.
>

Lola ·

Christa, sonder om te skree, skryf aan jou DA raadslid. Skryf aan die burgermeester Sollie. Net dalk word julle gehelp.

christa ·

die staatsdiens moet by die ministers begin besnoei. Almal sit daar net om hulle sake te vul en nie vir wat hulle doen nie. So word daar gereeld getoi toi en werk word verwaarloos. Dan kan die departement bekostig om sonder daardie mense klaar te kom.

Poot ·

33 jaar diens. Gee my asb ‘n skeidings paket…..ek smeek. Ek wil graag sien hoeveel julle weer moet aanstel om my werk te doen en my ondervinding te vervang.
Nag ou grote.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.