Cosatu gekant teen straat wat De Klerk heet

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

Cosatu het Donderdag gesê hy is gekant teen die voorstel dat Tafelbaairylaan na oudpresident FW de Klerk vernoem word.

Tony Ehrenreich, sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, het gesê die stad Kaapstad vergelyk De Klerk met oudpresident Nelson Mandela.

“Die realiteit is dat Mandela ʼn bevryder van die mense was sowel as ʼn man wat daarna gestreef het om die nalatenskap van apartheid ongedaan te maak … De Klerk aan die ander kant was ‘n argitek van apartheid en was verantwoordelik vir die uitvoering van ‘n stelsel wat die meerderheid wreed onderdruk het.”

Volgens Ehrenreich is De Klerk ʼn “ongeluk van die geskiedenis”, wat toevallig die leier van die Nasionale Party was en gedwing is om met die ANC te onderhandel. Hy het gesê die stad moet daarop fokus om dienslewering te verbeter, eerder as om geld en tyd te mors deur De Klerk en die DA te verhef.

Die Kaapse stadsraad het Woensdag bekend gemaak dat Tafelbaairylaan na FW de Klerk-rylaan verander sal word indien die stad se benamingskomitee die voorstel goedkeur.

De Klerk het intussen gesê hy is geëerd en diep geraak deur die feit dat Tafelbaairylaan moontlik na hom vernoem gaan word. “Ek wil graag almal – insluitend baie prominente inwoners van Kaapstad – bedank wat hierdie inisiatief ondersteun het. ”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Riaan ·

Die rasistiese land van ons…..maak n straat naam n nie blanke se naam….geen probleem, maar try nou ‘n donerse wit naam gebruik dan is daar altyd 10,000,000 stories

pat ·

Witmense het mos alles afgebrand en gestaak en gesteel en die presidente was skelms. Klomp anc idiote

Hanno Visagie ·

Is dit ‘n witvoetjie-soekery van die DA(NC-lite) by misleide Afrikaners? Ek is dankbaar dat die enigste Afrikaner-Christenparty (naamlik die VF+) NIE ‘n DA-straatnaambenoeming vir oud-president Weggee de Klerk steun nie.

Elfie ·

Kom nou, julle is ook almal teen die straatnaamverandering, so moenie nou Cosatu kritiseer al hou julle nie van hulle nie. Dit beteken nou nie ek is aan Cosatu se kant nie, maar mens moenie draadsitters wees nie. In die geval is hulle reg in die opsig dat die straat GLAD nie na De Klerk moet verander nie. De Klerk moet liewer wys hy DINK verder as wat sy neus lank is en sê dankie, maar nee dankie, gebruik liewer die geld om ander dinge reg te maak wat verkeerd is.

Piet Snot ·

Nie aldag dat ek en Ehrenreich oor iets saamstem nie.
Jy’s besig om sag te word, Tony!

schalk ·

” Hy het gesê die stad moet daarop fokus om dienslewering te verbeter, eerder as om geld en tyd te mors deur De Klerk en die DA te verhef” En intussen het die regering al miljoene spandeer oor die res van die land op straat en dorp name, dit terwyl hulle kiesers onder plastiek sakke bly. Prt van dubbel standaarde.

lillian ·

Cosatu? Hoe dan nou? De Klerk is dan die een wat ons land vir julle en jul tjommies op ‘n skinkbord gegee het … Julle moet mos jul tjommies ondersteun en ophef!

Wilna ·

Wonder hoe voel dit vir die man wat ons land weggegee het om te hoor hy word nie aanvaar deur die mense vir wie hy die land gegee het nie!!!

Dirk ·

Net gewonder of die Kaapse rioolplaas al ‘n naam het, dit sou die regte verering vir FW wees, want hy is mos die argitek van die riool waarin ons nou is.

Jan ·

Maroela, moet asb. nie weer die foto wys nie, ek wil opgooi!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.