Cosatu hou Donderdag reusestaking

Argieffoto van ‘n Cosatu-betoging deur lede van Numsa.

Die vakbond Cosatu beplan om die land Donderdag tot stilstand te dwing met sy reusestaking teen lae loonverhogings.

Cosatu het Woensdag gesê die staking is daarop gemik om die regering en die private sektor te dwing om die ekonomiese gemors waarin die land hom bevind, op te los en die kwessies wat werkers in die algemeen raak, ernstig op te neem.

Die staking sal op die “internasionale dag vir billike werk” plaasvind.

“Ons sal Donderdag dringende optrede van beleidmakers in die regering en besluitnemers in die private sektor eis om aanvalle wat op werkers gerig is, te staak.

“Kollektiewe bedinging word blatant deur die staat sowel as die private sektor ondermyn.”

Die vakbond sal voorts eis dat begrotingbesnoeiings omgekeer word aangesien dit enorme gevolge op lone in die staatsdiens gehad het. Cosatu vra ook dat die verbrokkeling van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) omgekeer word en afleggings by staatsbeheerde ondernemings gestaak word.

“Ons sal ook ʼn beroep op die private sektor doen om sy beleggingstaking te laat vaar, wat veroorsaak het dat baie ondernemings geld opgaar of landuit neem, ten spyte van vrygewige aansporing om in die land te belê.”

Munisipale werkers het vanjaar ʼn verhoging van 3,5% gekry, terwyl staatsamptenare se salarisse met 1,5% gestyg het.

Maroela Media het vroeër berig dat die regering, verteenwoordig deur die departement van staatsdiens en administrasie, sy aanbod van dié lae verhoging versoet het deur amptenare ʼn maandelikse toelaag van R978 aan te bied. Die toelaag word beskou as soortgelyk aan ʼn bonus.

Die besluit het kritiek veroorsaak dat die regering nie geld vir armes het nie, maar kontantbonusse vir staatsamptenare kan bekostig.

ʼn Algehele ontevredenheid oor loonverhogings duur intussen voort.

Die vakbond Solidariteit het vanjaar ’n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse vereniging vir ingenieurs en smelterye (Saefa) gesluit wat verseker dat werkers in dié bedryf, wat jare lank nie verhogings ontvang het nie, dit voortaan sal kry.

Cosatu is egter van mening dat verhogings steeds te klein is.

Die vakbond het ook nie net ʼn beroep op sy sowat 1,8 miljoen lede gedoen om aan die staking deel te neem nie, maar het alle Suid-Afrikaners gevra om deel te neem.

Die polisievakbond Popcru het Woensdag aangedui dat hy Cosatu se nasionale staking steun en het ʼn beroep op sy lede gedoen om deel te neem indien hulle nie aan diens is nie.

“Werkers in die openbare sektor veg in die voorste linies in die stryd teen Covid-19, maar hulle toewyding, goeie werk en dapperheid word duidelik nie deur die regering waardeer nie.

“Die nasionale tesourie het ook ʼn aanslag op werkers gelei in pogings om hul swaar gewonne regte te ondermyn en lone te onderdruk,” sê Popcru.

Cosatu het Woensdag bevestig dat die staking wettig is en aan Covid-19-regulasies onderworpe sal wees.

“Ons versuim om standpunt in te neem en die belange van ons lede in die lig van hierdie ekonomiese wanbestuur te verdedig, verteenwoordig ʼn erger vorm van lafhartigheid wat ons later sal berou.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Leana ·

Ek werk in die privaat sektor en ons verhogings is die afgelope 2 jaar nie meer as wat hulle gekry het nie, wat maak hulle beter?

Keelvol ·

Moet die staatamptenaar nou daaronder lei omdat jou werkgewer te suinig is om vir n jou verhoging te gee?

Kwikkie12 ·

Die mense wat hier kommentaar lewer is seker afgetree of werk vir hulle self. Die verhoogings die laaste paar jaar in alle sektore is skandelik. Die rykes word ryker en die armes armer!

Hardekwas ·

Dit is en was nog altyd so. Dis hoekom sosialisme en kommunisme so goed vaar in dié land.

Swerwer ·

Geen staatsamptenaar lei daaronder nie. Dit is ‘n kwessie dat die Privaatsektor veg vir oorlewing met die huidige tendens en ons wat in die privaatsektor werk, is maar te bly ons het nog werk.

tweeling ·

Wonderlike manier om die ekonomie aan die gang te hou – daar is nie pille nie.

Martie Smartie ·

Ja staak man, en plunder sommer ook. Dit sal mos als help. Besighede, beleggers en die buiteland sien dit. Maar moenie worry nie, staak net.

Kaptein67 ·

As jy minder staak meneer, sal jy dalk tyd het om vir jou werkgewer te wys dat jy meer werd is.

Plaaskind ·

Genade, die meerderheid werkers deesdae so onbeskof en onbehulpsaam, weet nie hoekom hulle nog moeite doen om in die oggende werk toe te gaan as dit dan so groot straf is nie, maar geld wil hulle altyd meer hê.

Suzette ·

Daar kan ek saamstem, onbevoeg onbeskof en onwillig. Was gister om om bestuurder lisensie te hernu, wat n gemors, my en my man se vingerafdrukke “match” nie nie op Binnelandse sake se sisteem nie. Binnelandse sake het verlede jaar ons vinger afdrukke geneem toe ons gegaan het vir ons nuwe ID kaarte. Sassa het dieselfde probleem gister opgetel. Wat vir my baie vreemd is, is ons is nie die enigstes nie.. my swaer sukkel ook om best lisensie te hernu en ou dame gister in poskantoor se vinger adrukke “match” “ook nie. Wonder hoeveel mense sukkel ook daarmee. Lyk my Binnelandse sake het met die oorskakeling goed opgefoeter wonder nou net wie se vinger afdrukke het by wie se papiere geland. Enige iemand met selfde probleem? Wonder nou aan wie de ongeluk behoort ons vinger afdrukke nou????? En wie gaan betaal vir al die moeite om dit probeer regstel. Amptenare trek hulle skouers ewe onnosel op. Dit moet IEMAND SE STUPID FOUT WEES. Dan durf hulle vir meer geld staak?????

Keelvol ·

Die passie vir die werk het verlore gegaan deur verskeie faktore wat n rol speel. Daar is maar net nie meer trots in die mense nie.

JohanR ·

Yippee ouens id October en julle weet wat elke jaar in October gebeur? Ons gaan straat toe in die lekker son, skree en spring op en af!

Junior ·

Dis altyd maklik on te kla maar wat doen hulle om n bydrae te lewer tot die groei van n maatskappy of staatsdiens. Dis gewoonlik die mense wat niks doen wat alles verniet wil he

Piet parys ·

Ek sal graag wil weet watse salaris skale en salaris verhogings die vakbonde se personeel gekry het die afgelope 10 jaar . SO MM OF ANDER ONDERSOEKENDE JOERNALISTE MAAK BIETJIE WERK VAN DIE SAKIE . DANKIE.

Mariana ·

Ek sê weer dat vakbonde een van die land se probleme is. Ja iemand moet na die werker se belange omsien, maar stakings is nie die antwoord nie. Om strate in te vaar en amok te maak,maak niks beter nie. Hulle kan bly wees om selfs net verhogings te kry. Hulle wou ANC hê, nou lyk dit so.

Marcello ·

Jammer, maar stakings (vreedsame) is somtyds al wat help, alles gaan op, en die salarisse staan net stil, of beweeg met 1,5%.

LeonS ·

Moeilikheid is dis nooit vreedsaam ni,hier word klaar klippe na motoriste gegooi,

Swerwer ·

Betaal almal voor die voet af wat aan die protes aksie deelneem. Stel diè werkloses wat wil werk aan in hul poste. Dit is belaglik soos hul met alles net wegkom. Diè wat wil werk is werkloos en die wat wel werk het, maak misbruik daarvan.

Plaaskind ·

@ swerwer: ekstem saam met jou – dis ‘n goeie plan, daar is baie mense wat maar net te bly sal wees om geldjie te verdien om ‘n brood huis toe te kan vat vir honger kinders

Suzette ·

Swerwer dis al wat gaan werk. Fire al die stakende spul slapgatte, bring mense met die kennis en wil om te werk terug en SA sal weer vooruitstrewend wees.

Swerwer ·

In die 80 het dit so gewerk met Alexandra se opstande, ons was vergoed vir die werk wat ons gedoen het toe die ………………………….gestaak het en nie kom werk het nie.

Hennie J ·

Lewe in hulle eie Utopia. Die SAL en menigte anderl is bankrot gestaak. Doen so voort en word afgele terwyl julle fat cat leiers gerieflik voortstoom.

Corne123 ·

En daar gaan petrol weer hoogte inskiedkyk maar dit waar die geld vandaan gaan kom om die skade te betaal esv

Sarel ·

Is die mense nie sl GATVOL vir Stakings nie…gasn weer soos gewoonlik hand uitruk en geweldadig raak
Trrwyl Vakbonde net hulle skourrs optrek

Keelvol ·

Die staat se dat daar nie geld vir verhogings is nie, maar kry wonderbaarlik geld van iewerste om vir die taxi bedryf te gee. n Bedryf wat glad nie belasting betaal nie.

Die staat mors geld links en regs. Hulle het n ruk terug geld weer vir die lugledery gegee. Wat bodemlose put geword het.

Wat van die biljoene wat die guptas ingepalm het? Begin dit terug te vat.

Die petrol prys wat alewig styg. Eskom wat geld die heeltyd by die regering vra, maar miljoene se agterstallige skuld sommer net afskryf.

groenboer ·

In ‘n land waar 50% van die mense nie werk het nie wil hierdie spulletjie staak? Hulle is nie in voeling mt realiteit nie.

Kokkie ·

Te lui om te werk. Wil net verniet hê. Brand af, breek stukkend en ‘demand’. Dit sal nóóit verander nie. My voertuig wou êrens in verlede week nie ‘start’ nie. Ek maak masjiekap oop om te vas te stel of daar iets opsigtelik verkeerd is. Toe kom daar twee laerskoolgrootte seuns aan en verneem wat verkeerd is. Ek sê toe dat ek vermoed dat die battery gedaan in. Hulle stel toe voor dat ek die motor met hulle hulp help stoot en kyk of ons hom nie aan die gang kan kry nie, met my vrou agter die stuur. Na verskeie probleerslae oor ‘n afstand van ongeveer 30 m, het ek besef die battery is gedaan. Bedank hulle toe vir die vriendelike hulp, net om te verneem dat hulle R10 vir hulle ‘hulp’ wil hê. Onnodig om te sê wat my reaksie was.

Malan ·

Waar het hierdie Cosatu leiers skoolgegaan? Ek stel voor hulle vra hulle geld terug want hulle het niks geleer nie.

Jr ·

Suid Africa se beroemde winter – somer sports – STRIKING. Van 94 tot nou toe 2021 het Suid Afrika al die goue medaljes gewen. Wie die hel wil hier invest. Ek sal nie wil nie. In my opinie dis hoekom Anglogold Ashanti heeltemal uit SA is.

Riana ·

Ja nee wat. My man hulle ook 2 jaar niks gekry nie, en moes 20% pay cut vat laas jaar 1ste 3 maande van Codvid……. Maar geld groei mos aan bome. wens net ek waat waar hulle geplant is

Kwikkie12 ·

Hier is definitief geen vryheid van spraak op hierdie artikel nie… Kommentaar wat billik is word gesensuur?

Jaco ·

My salaris het meer as 2 jaar gelede laas gestyg. En ek werk vir ‘n Britse maatskappy, vir wie dit wisselkoersgewys ELKE maand GOEDKOPER is om ‘n kantoor in SA te hê. Maar nou ja, as ek sou staak, het ek nie meer werk nie. Hou maar uit. Min salaris is beter as geen salaris.

Kokerboom ·

Dit moet darem bittere hel wees om NIE te verstaan of wil verstaan hoe werk ‘n markgedrewe ekonomie. Dit moet ook diep swaar wees om te leef in ‘n fantasieborrel dat geld van bome gepluk word !

Snowball ·

In die tweede kwartaal vanjaar, was daar minder werkers in diens in die vervaardigingsektor in SA as in 1969. Staak voort. Die einde is nie meer ver nie.

James ·

Goeie nuus. Brand en breek – dit verhaas die einde van die NSA.

Willem ·

Hierdie idiote dink skynbaar dat geld aan bome groei! Die land is ekonomies geknak en al wat uit hulle monde kom is “méér geld” en “méér byvoordele”.

skinderbek ·

Betaal hulle af , dan kan hulle sien of hulle vir hulself kan sorg.

Pieter ·

Kry vir ou fatcher om hulle te kom uit sort ou cyril is te sleg.

Karlahari ·

Brand Natal af. Verloor so infrastruktuur en werks geleenthede.
Maar privaat sektor moet belê?!
Hoekom begin Cosatu en Numsa nie hulle eie groot besighede nie? Want dit is makliker om te brand en te toytoy as om vooruit te beplan en moontlik jou geld (en jou lewe) te verloor.
O ja.
ANC / Cosatu BEE is n groot bydraer tot verlies aan werksgeleenthede. Maar hulle sal dit nie erken nie.

marius ·

Staak maar vir ewig . Daar is niks meer in die hool oor wat lam gele kan word nie .

Porseleintjie ·

Nie tevrede met ‘n snytjie vd koek nie. Hulle wil die hele koek he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.