Cosatu kap banke oor Guptas

Cosatu

Cosatu

Die vakbondfederasie Cosatu het Maandag die ouditeursfirma KPMG en drie van die land se grootste banke beskuldig van “politieke aanstellerigheid” nadat hulle onverwags hul bande gebreek het met ondernemings wat deur die Gupta-familie besit word en hul bankrekeninge gesluit het.

Hierdie besluit van Absa, FNB, Nedbank, Sasfin en KPMG het gevolg nadat bewerings aan die lig gekom het dat die Gupta-familie pres. Jacob Zuma onbehoorlik beïnvloed in politieke besluite en aanstellings.

Sizwe Pamla het egter die instansies se besluit “aanstellerig” genoem en gesê dit sal nie net negatiewe gevolge vir die Guptas inhou nie, maar ook onskuldige werkers benadeel wat niks met die bewerings uit te waai het nie.

Kort nadat die betrokke bank die Gupta-maatskappy Oakbay Resources se rekeninge gesluit het, het Atul Gupta as voorsitter bedank, Varun Gupta as uitvoerende hoof en Duduzane Zuma, seun van pres. Jacob Zuma, as nie-uitvoerende direkteur van Shiva Uranium, ʼn belangrike filiaal van Oakbay Resources.

Sondag het dit aan die lig gekom dat Ajay en Atul Gupta, een van hul vroue en vyf assistente Donderdagaand laat van Lanseria-lughawe met hul privaat straler na Dubai vertrek het. Nazeem Howa, familiewoordvoerder en uitvoerende hoof van Oakbay, het volgens berigte gesê die hele familie beplan om Suid-Afrika te verlaat.

Dit het bekommernis gewek oor die toekoms van meer as 7 000 werkers wat landwyd deur die Gupta-familie in diens is by verskeie ondernemings.

Pamla het gesê in die lig daarvan het Cosatu ingestem om met die Gupta-familie byeen te kom oor die dreigende werksverliese. Hy het gesê selfs die Guptas verdien om onskuldig te wees totdat andersins bewys kan word.

“Cosatu voel aangesien werkers se betrekkings op die spel is, was dit ligsinnig en onbesonne van hierdie organisasies om ‘polities’ te speel met hul lewensbestaan. Oakbay, Sahara Holdings en TNA [The New Age] behoort wel aan ʼn omstrede familie soos die Guptas, maar hulle het duisende onskuldige mense in diens. Duisende families se brood word nou opgeoffer deur beginsellose finansiële instansies wat hul eie agenda najaag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Swanna ·

Mmm, Cosatu, ek wonder. Het of wil julle ook nou finansiel munt uit hierdie storie slaan tot julle eie voordeel om met die Guptas te onderhandel. Ek wonder of hulle ooit aan julle gaan stuur of gaan julle die land nog verder aan hulle verkoop om ‘n wins uit die saak te maak soos stortkop.

Ed ·

tipies die verdraaing deur satan. Die banke word nou beskuldig vir skelmstreke van die guptas. Hulle laat liewer die duiwel toe asom werk te verloor.

Johann ·

W jy! En skielik os Cosato besorg oor werksverlies? Waar was die tjomzane toe die iwe Zuma die land miljarde gekos het en beslisde werksverlies toe hy Des die Dubai dagbesoeker vir Suid Afrika se finansies wou verandwoordelik maak? Maar Zumpie Dumpie het seker geen aandeel on die Gupta sage nie. Herriner my aan n polisie hoof se uitlatings oor sy pellie.pellie met misdadigers. Ons is vriende: finish en klaar. Ja wel mag dit van toepassing wees op die kern siek ANC…fonish en kla. Net jammer die merke gaan nog lank en diep lê wanneer hulle klaar is.

Uys ·

Cosatu dit is hoe korupsie werk my komrade.
Vandag leef ek van sushi, môre van “pap en tik”

Jan maak n Plan ·

Sal dit ook net in SA kry ne. Nou is die banke die varke in die fee verhaal omdat hulle nou nie mooi gespeel het met die maatjies van Cosatu se leier se grootste maatjie nie. Duidelike bewys dat die vet marionet sy maatjies op al die regte plekke ingesit het om hom te beskerm.

Tiger ·

Dink Cosatu vir een oomblik ‘n rits banke gaan groot geld sommer so sonder ‘n baie goeie rede prysgee??Hulle weet baie meer as wat bekend is aan ons dis verseker.En nou huil hulle oor moontlike werksverliese as die Guptas pad vat?Waar was Cosatu met die 5 maande lange platinamyne se staking?Toe huil hulle nie oor die baie werksverliese agv daarvan nie?Al daai myne sal nooit weer dieselfde peil van indiensneming en produksie he as voor die staking nie.

Leon ·

N lae hou meneer, as dit nie die waarheid is nie dan is daar nie n waarheid nie

Eliza-beth ·

Hahaha – “beginsellose finasiële instellings”? Wonder wie is EINTLIK beginselloos!

Weskaap ·

As hulle dan so onskuldig is hoekom vlug hulle, hoekom nie bly en onskuld bewys nie

My bydrae ·

Wat van die MILJOÉNE ander werklose mense wat in haglike onstandighede lewe agv tender toekennings aan die (z)guptas deur hul vriend (e) in magsposisies? Wat van die vergrype en plundery van staatsgeld deur daardie einste vriende? Ek het empatie met die werknemers, maar enkele groepe en individue kan en mág nié toegelaat word om met hierdie plundering en vergrype voort te gaan nie. Vir diesulkes is genoeg nóóit genoeg nie! Natuurlik sal die blaam op iemand anders geplaas word……..”apartheid” ……..bankes, Jan van Riebeeck…….ens ens.

johannes Meintjes ·

Oor die agter-die-sekrms rol van banke en die Resewerwebank in ‘n uitermate gemanipuleerde ekonomie en onvolhoubare, verknegtende geldstelsel wil niemand uitpraat nie …

Frederik ·

” Beginsellose finansiële instansies” lees ons. Hoe het die Zuptas die Eskom kontrakte vir die lewering van steenkool verkry? Deur beginsels? Mynregte vir die uraanmyn? Deur beginsels? Hoe is Nammawan Jnr op sy ouderdom as nie-uitvoerende direkteur by Shiva Uranium aangestel en hoe het hy die 9.6% aandeelhouding bekom? Deur beginsels?
Ek gaan nie maklik glo daar is ‘n Zupta met beginsels nie.

PJ ·

Ai tog laat ek die mense probeer help gaan oor na die beroemde BRICS BANK Indiè ok mos deel van die bank?

Loeis ·

Nee nee, dit is Zuma en die Guptas wie aanstellerig is! Blykbaar ook wanneer dit by ministers kom!

Maar laat hulle Zuma beskerm en hom in die tuig hou. Hulle gaan dit tydens, en meer nog na, die verkiesing voel.

Thea ·

Baie mense is ook alreeds werkloos as gevolg van hulle en hulle transaksies………. so laat hulle gaan ……… Zuma gaan ook nog in die nag wegloop agter hulle aan

Tammy ·

Dit is die banke se reg om besigheid te doen met die kliente wat etiese en eerlike besigheid wil doen. Hulle hoef nie n klient te aanvaar wat hulle beeld kan skade doen nie, want hulle werk met die publiek se geld wat aan hulle toevertrou is. Ongelukkig staan die banke alleen wanneer daar grootskaalse oneerlikheid sou plaasvind en hulle miljarde rande skade ly. In n bank werk baantjies vir boeties gladnie. Ek dink nie Cosatu kan n bank red nie….so voetsek vir hulle, loop doen julle huiswerk.

Scalla ·

Finasiele dienste verskaffers word deur verskeie reels, regulasies en wette beheer, duidelik iets wat Cosatu geen benul van het nie.

Johann ·

Daars ‘n wesenlike verskil tussen “previously disadvantaged” en “currently taking advantage”. Nog meer tussen die begrip reg en voorreg. Maar vir COSATO se funksionering en bestaans”reg”, gaan die beginsel van mobilisering van die massas, COSATO en sy trawante in trurat in die gesig byt. As jy wil skree en kerm en kla om mense se aandag te kry, beter jy waarde toevoeg tot die massas se aandag vóór dieselfde massas hul aandag terug eis. Daars net soveel vingers wat na ander gewys kan word voordat jy jouself die vinger wys…

Pieter ·

Waar is die geld wat in di bank was,die besighed het nie toegemaak nie,so da is geld ,veroop die be sighed en beta Al werkers ,,vat guptas en en nkandla se goed verkoop,so da geld

Johann ·

Wonder by wie “bank” COSATO? En wat van die ander banke wat in Suid Afrika besigheid doen se siening oor iets soos die Guptaniërs.

Koos ·

Fyn politiek Cosato beheer ook aanstellings in parlement. Dink vir een oomblik die Gupta’s sal die miljoene los wat hulle hier maak. Te uitgeslape daarvoor, die besighede het nog nie ophou bestaan nie, niemand is nog ontslaan of afgedank nie. So Cosato en hulle Gupta boeties probeer die hartseer verhaaltjie speel. Ons loop nie almal in ons slaap nie!

Hahahehehiehie tjietjie ·

Julle maak my dag met die skerp terugvoer!!!! Daar is ook maar min grystof in Cosato!! Cosato staan op en werk, maak eie planne – ontwikkel eie besigheid, al daai mense weet mos nou hoe dit daar werk, so begin eie besigheid sonder Guptas/Zuma en help nog meer gesinne, dink julle regtig hulle het al daai geld wat hul maak , die land ontwikkel, dink weer!!!!!!

Irene ·

Soe cosato is seker bang hul verloor hul maandelikse fooi van instansies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.