Cosatu kry eerste vrouepresident

Van links is Bheki Ntshalintshali (sekretaris-generaal van Cosatu), Sdumo Dlamini (uitgaande Cosatu-president) en Zingiswa Losi (nuutverkose president van Cosatu). Foto: ANA

Zingiswa Losi is Dinsdag onbestrede verkies as die nuwe president van die vakbondfederasie Cosatu.

Losi, die eerste vrouepresident van die vakbondfederasie, is verkies op Cosatu se nasionale kongres wat tans in Midrand in Gauteng gehou word.

Bheki Ntshalintshali sal aanbly as Cosatu se sekretaris-generaal en Solly Phetoe is verkies tot adjunk- sekretaris-generaal.

Sdumo Dlamini, uitgaande Cosatu-president, het aangekondig dat die verkiesingsagentskap amptelik die name van die nuwe ampsdraers sal aankondig. Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP, sal later vandag kongresgangers toespreek.

Cosatu en die SAKP is saam met die ANC deel van die drieparty-alliansie.

Maroela Media het vroeër berig die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) is verbied om vanjaar se Cosatu-kongres by te woon weens uitstaande affiliasiegeld. Samwu sê dis die eerste keer dat ʼn geaffilieerde vakbond wie se sake nie in orde is nie, verhoed word om ʼn Cosatu-kongres of -vergadering by te woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.