Cosatu: ‘Ramaphosa moet Zuma opvolg’

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Die vakbondfederasie Cosatu het Donderdag amptelik sy standpunt in die debat oor die volgende ANC-president gestel deur aan te kondig dat die federasie adj.pres. Cyril Ramaphosa sal steun om die leisels van die regerende party oor te neem.

Bheki Ntshalintshali, Cosatu-sekretaris, het verslaggewers in Johannesburg toegespreek na afloop van ʼn drie dae lange vergadering van die federasie se sentrale uitvoerende komitee. “Die sentrale uitvoerende komitee het besluit om ondersteuning te gee en steun te werf vir die adjunkpresident van die ANC, Cyril Ramaphosa, om as die volgende president van die ANC oor te neem,” het Ntshalintshali gesê.

“Ons is bewus daarvan dat ons nie ʼn stemgeregtigde struktuur van die ANC is nie, maar ons verteenwoordig die werkers wat die lede en ondersteuners van die ANC is.”

Die ANC-takke sal tydens die party se nasionale konferensie in 2017 pres. Jacob Zuma se opvolger kies. Dit is te midde van toenemende druk op Zuma om uit te tree.

Nadat die party drie van die land se metro’s in die munisipale verkiesing in Augustus aan opposisiepartye afgestaan het, het Zuma se teenstanders kommer uitgespreek dat die party nog meer steun sal verloor in die nasionale verkiesing in 2019 as hy steeds as hoof van die party aanbly. Zuma hou egter vol dat hy as die partyleier sal aanbly en sê die party sal voortgaan om van krag tot krag te gaan.

Ntshalintshali het gesê die ANC moet wegdoen met faksies in aanloop tot die 2017-konferensie. “Ons sal ondersteuning werf en die ANC-strukture beïnvloed om comrade Cyril Ramaphosa te ondersteun as die volgende leier van die beweging. Ons sal ook verder vergader en besin oor die kaliber van die leierskap wat saam met hom moet werk om die beweging die toekoms in te neem,” het hy gesê.

Die ANC-jeugliga het vroeër hul steun aan Nkosazana Dlamini-Zuma toegesê om Zuma op te volg. Dlamini-Zuma het nog nie aangedui dat sy die ondersteuning aanvaar nie, maar het gesê as lid van die ANC sal sy aanvaar wat ook al die takke van die party van haar versoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Santie ·

Nee los Zuma tot 2019, sodat ons dit by die verkiesing kan uitspook.

Maddox ·

Die land se ekonomie kan nie meer hierdie crook bekostig nie, hy moet waai en sommer nou waai. Indien jy wag tot 2019 gaan daar niks meer van die ekonomie oor wees nie, en sal die anc in elk geval sy mense omkoop met KFC streetwise 2 en ‘n t-hemp om vir hulle te stem. So maklik gaan daar nie van die anc ontslae geraak word nie, dit kan ek jou verseker. Hulle sal elke vuil truuk in die boek gebruik om aan bewind te bly. Dus dink baie mooi hieroor.. Zumer moet so gou moontlik verwyder word!

PJ ·

Hy is nog erger as Zuma, as hy President word kan ons maar vlug, dan gaan jy sien hoe kom al die party bymekaar en Vise President is Malema…

Skokkend ·

Maddox, kfc se streetwise 1 is by verre die lekkerste, sien, hul mash en gravy is baie lekkerder as hul chips! Ek bestel net 1 ekstra hoender by. Ek wil nie n hemp verniet hê nie:-)

My goodness ·

Oh my word . almal het Ramaphosa geskreeu totdat hy so twee weke gelede ‘n vieslike rassisties uitlating jeens blankes gemaak het wat nogsteeds die ekonomie beheer en alles uit hulle hande geneem moet word nadat hy lekker die vrugte daarvan gepluk het … moet sê daarna vertrou ek hom ook nie meer nie. Maar Nkosazana is nog ‘n groter krisis, goeie hemel, ons het nie veel om uit te kies nie het ons?

chris ·

Net een oplossing vir ons minderhede. Bly op ons knië en bid tot ons Lewende Here vir oplossings, by Hom is alles moontlik!!

rudi ·

Laat my dink aan die grappie. Dominee het saam met n ou in modder vasgevang. Ou se dat hul moet bid vir hulp. Dominee se nee hul moet bid vir krag om kar uit te grou.

Ons moet veg vir geregtigheid. Elke stukkie energie wat ons het moet ons gebruik om te verhoed dat nog ‘n ou mens vermoor of verkrag word. Dit was ‘n opdrag om te sorg vir die swakkes en oues. Te gerieflik om te skerm agter “geloof”. Die bybel is vol geskryf van die vrugte wat ons moet DRA. Nie die vrugte wat ons moet oor droom nie.

Alida ·

Sipho my tuinwerker is beter as JZ. Hy het darem st 9 geslaag.

jaco ·

As Ramaphosa oorvat, moet hy:
1. Die grondwet verander en blankes formeel tot 2de klas burgers verklaar
2. Blankes se stemreg wegvat
3. Asseblief finaal groot bezighede wat deur blankes bezit en beheer word, nasionaliseer
4. Blankes dwing om te skuif na n wit tuisland (dalk die Wes-Kaap)
Met so n beleid sal ons wittes finaal weet waar ons staan met die ANC. Half op ons eie in n tuisland kan ons weer van vooraf begin en heel moontlik nog suksesvol wees ook.

Jasen ·

Jaco jy is reg dis ons enigste kans op oorlewing dan begin ons uie weermag en sap

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.