In aanloop tot die Springbokke se stryd Saterdag teen die All Blacks, het Cosatu uitgevaar teen Rassie Erasmus, die Springbokafrigter, en hom daarvan beskuldig dat hy voorkeur gee aan wit spelers.
Cosatu is woedend oor Erasmus se spankeuse vir Saterdag se rugbywedstryd en voer aan swart Springbokspelers word “al heeljaar soos tweederangse spelers hanteer”.
Die vakbondfederasie meen hy praat “namens talle rugbyspelers in Suid-Afrika” wanneer hy beswaar aanteken teen die span wat vir kragmeting teen die All Blacks gekies is. “Wit spelers word spesiale plekke in die Springbokspan gegee bo swart spelers. Francois Louw speel tans swak, Handré Pollard speel swak en Willie le Roux speel swak. Skrumskakel Faf de Klerk speel swak en tog word hulle nie vervang wanneer daar talentvolle spelers op die bank sit nie,” lui Cosatu se verklaring.
“[Bongi] Mbonambi is ná 35 minute [teen die Wallabies] vervang, wat heeltemal irrasioneel is en gedoen is om hom te ondermyn. [Erasmus] is wisselvallig in sy keuses en wedstrydplan, en weier om verantwoordelikheid te dra dat hy spelers en kombinasies nie ʼn behoorlike kans gee om hulle te vestig nie.”
Cosatu sê hy sal hierdie beswaar met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) opneem “voor dit erger raak en die hele land in die verleentheid stel” sodat daar beslissende stappe gedoen kan word.
Die vakbondfederasie sê hy moedig Suid-Afrikaners aan om die Springbokke te ondersteun, maar meen dat Erasmus Suid-Afrikaners van die span vervreem met sy “diskriminerende houding en optrede”.
Die Bokspan vir Saterdag lyk soos volg:
15 Willie le Roux, 14 Jesse Kriel, 13 Lukhanyo Am, 12 Damian de Allende, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handré Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Warren Whiteley, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Steven Kitshoff.
Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Beast Mtawarira, 18 Wilco Louw, 19 RG Snyman, 20 Francois Louw, 21 Ross Cronjé, 22 Elton Jantjies, 23 Cheslin Kolbe.
Die kragmeting tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland skop af om 09:35 (Suid-Afrikaanse tyd).
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
91 Kommentare
Hehehehe …… You wish … hehehehe …. (Probeer hulle nou ‘n Julius op Rassie trek?)
Rassie. Loop nou. Jou span is ‘n politieke speelbal en jy gaan fyn gemaal word.
Siestog
Wie dink hulle benadeel Rugby
Cosatu bepaal u liewer by suiwer arbeidsaangeleenthede.
Wat weet hulle in elk geval van rubgy af