Cosatu: ‘Rassie bevoordeel wit spelers’

Rassie Erasmus: Foto: Twitter/ @Springboks

In aanloop tot die Springbokke se stryd Saterdag teen die All Blacks, het Cosatu uitgevaar teen Rassie Erasmus, die Springbokafrigter, en hom daarvan beskuldig dat hy voorkeur gee aan wit spelers.

Cosatu is woedend oor Erasmus se spankeuse vir Saterdag se rugbywedstryd en voer aan swart Springbokspelers word “al heeljaar soos tweederangse spelers hanteer”.

Die vakbondfederasie meen hy praat “namens talle rugbyspelers in Suid-Afrika” wanneer hy beswaar aanteken teen die span wat vir kragmeting teen die All Blacks gekies is. “Wit spelers word spesiale plekke in die Springbokspan gegee bo swart spelers. Francois Louw speel tans swak, Handré Pollard speel swak en Willie le Roux speel swak. Skrumskakel Faf de Klerk speel swak en tog word hulle nie vervang wanneer daar talentvolle spelers op die bank sit nie,” lui Cosatu se verklaring.

“[Bongi] Mbonambi is ná 35 minute [teen die Wallabies] vervang, wat heeltemal irrasioneel is en gedoen is om hom te ondermyn. [Erasmus] is wisselvallig in sy keuses en wedstrydplan, en weier om verantwoordelikheid te dra dat hy spelers en kombinasies nie ʼn behoorlike kans gee om hulle te vestig nie.”

Cosatu sê hy sal hierdie beswaar met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) opneem “voor dit erger raak en die hele land in die verleentheid stel” sodat daar beslissende stappe gedoen kan word.

Die vakbondfederasie sê hy moedig Suid-Afrikaners aan om die Springbokke te ondersteun, maar meen dat Erasmus Suid-Afrikaners van die span vervreem met sy “diskriminerende houding en optrede”.

Die Bokspan vir Saterdag lyk soos volg:

15 Willie le Roux, 14 Jesse Kriel, 13 Lukhanyo Am, 12 Damian de Allende, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handré Pollard, 9 Faf de Klerk, 8 Warren Whiteley, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Steven Kitshoff.

Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Beast Mtawarira, 18 Wilco Louw, 19 RG Snyman, 20 Francois Louw, 21 Ross Cronjé, 22 Elton Jantjies, 23 Cheslin Kolbe.

Die kragmeting tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland skop af om 09:35 (Suid-Afrikaanse tyd).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

91 Kommentare

Willem ·

Hehehehe …… You wish … hehehehe …. (Probeer hulle nou ‘n Julius op Rassie trek?)

koos1 ·

Rassie. Loop nou. Jou span is ‘n politieke speelbal en jy gaan fyn gemaal word.

Calamarie ·

Dis hoekom ek al lankal nie meet rugby kyk nie. Als is n probleem.

Willem ·

Hulle gee nie om oor rugby nie, net werk vir hul mense en om ledegeld te ontvang.

Snowball ·

Absolutely agree with you Hans, you can probably write what Cosatu knows about rugby on the back of a postage stamp. They should busy themselves with labourers’ issues. Is it possible that they got confused and thought SARU is a trade union? Or do they just want to join in the current anti -white sentiment?

PLP ·

Mr. Dlamini, your Cosato is a very large problem in this country. Can you perhaps tell all of us how many jobs was created in this country by Cosato OR can you perhaps tell us how many people have lost their jobs because of strikes organized by your Cosato. What the hell does Cosata have to do with Rugby you tell me Mr. They are just looking for attention that’s all.

volla ·

Dit gebeur as sekere wit spelers nie hul kant bring nie. Ek kan dit verstaan. Daar sal ook minstens twee ekstra swart spelers in my span wees.

THINUS ·

Kan ons nie asb n petisie teken om te vrae dat rassie Erasmus 1 saterdag n vol Swart span op die veld sit en kyk wat gebeur dis gaan die grootste verleentheid vir SA rugby wees want politiek wil mos inmeng en nou vir al die wit afrigters in n tigting dwing… maar wys hulle wat gebeur as hul wil inmeng

Boerseun ·

Dis baie maklik. Kom ons kies die beste van die wittes en die beste van die res en laat hulle 80 minute teen mekaar speel. Dit sal ‘n slagting wees. So eenvoudig soos dit.

·

Volla maak asb jou Hele bokspan swart as die All Blacks SA toe kom hulle sal nog verder verloor as wat hulle gaan verloor môre!!
#remove the bok!!

Swartwolf ·

Ou Volla jy weet wat toe is daar net vier kwotas in die beginspan en bokke klop die Blacks wat se jy nou?

Smirre ·

Daar is net kwota spelers. Min bring hul kant en meeste le slap soos hulle maar doen. Kan ‘n SA uitnodiging span met kwotas die wereldbeker wen ……dink nie so nie.

Willem ·

Nou maar waarom word ‘n nuwe Springbokafrigter uit Cosatu se geledere nie gekies nie? Dan is hoevele mense en spelers binne ‘n paar maande sonder inkomste. Daar sal nie meer ‘n trog wees nie. En dit sal die mense ‘n les leer omdat dit werkloosheid sal verhoog.

Ben ·

Aan Cosato, Hoeveel wit spelers is in die Bafana Span? Hoeveelste is die Bavana op die Wereld sokker ranglys? Hoekom is die Suid Afrikaanse Sokker verening bankrot? Skoenmaker bepaal jou by jou lees.

Ralph ·

Cosatu moet hul by Bafana bepaal en vir ons sê hoeveel wit kwotaspelers in hul span. G’n wonder hul is seker 50ste op wêreld ranglys. Ja en hul neuse moet uit sport uit gehou word en ons het nie hul snert nodig in rugby nie.

Ben51 ·

Laat Rassie besluit wie moet in en wie moet uit. Hy is gekies vir die job. Hy moet SA rugby reg timmer! Sonder pyne sal dit nie gebeur nie. Onthou almal sal nie tevrede gestel word met spankeuses nie. Jy moet op die veld wees waar spelers getoets word om te besluit wie is die beste vir die dag. Onthou die beste stuurman staan aan wal!

Kokkie ·

Hoe kan iemand so dom wees om in hierdie siek sport -(lees politieke) klimaat daarna te strewe om die S.A. -rugbyspan af te rig ? Hoe kan iemand daarna strewe om ‘n span af te rig met albei sy hande agter sy rug vasgemaak ? Hoe rig jy enige sportsoort af as jy gedurig oor jou skouer moet loer om vas te stel watter (ras)kritiek daar op jou spankeuse gaan wees? Rassie het gedink hy het die antwoord. Hy het gedink hy gaan slaag met sy agteroorbuig-benadering…………kies ‘n swart kaptein, ‘n paar swart kwota-spelers, dan is die Kaap Hollands. Om die ‘Bokke’ te wil afrig, is ‘n doodswens vir enige afrigter. Kyk hoe vol is die S.A.-rugbybegraafplaas van (mislukte)-afrigtersgrafte. As ek dit reg het, is ons tans sewende op die wêreldranglys. Ons kan kwalik swakker. Soos met staatskaping, is rugby lankal deur swart en liberale ekstremiste gekaap. Dus stel ek voor dat daar ‘n ten volle swart span gekies word en dat belowende jong wit spelers hulle talente elders gaan beoefen waar dit gewaardeer sal word ( en waar hulle goed vir hulle toekoms voorsiening kan maak.) Dis tog vreemd dat Cosatu en andere se eise hoofsaaklik teen rugby gemik is. Sokker met sy een bleeksiel en patetiese rekords is glad nie ‘n probleem nie. Aan ‘n blanke afrigter wat dink dat hy die een gaan wees wat die ‘Bokspan’ kan red………………dink weer. Die afrigter-skrootwerf wag vir jou.

Johan ·

Ek stem 100% saam. Hoekom wag? Inteendeel, verhoog die transformasie doel teikens. Maak die hele span swart…of is dit n rassistiese aanbeveling? Seker so want ek het die woord swart gebruik. Bill me, I’m an American…lol. Anyhow, die Bokke…vir nou genoem is 7de….wag n dag of so, en gee toesien aan Contsantu en die “Bokke” sal die Suid Amerikaanse reeks verower. Punt. Sterkte, alles van die beste, en vlieg in julle weet wat in jou patriotiese vakbond organisasie.

Ralph ·

Kies n Swart Springbok span en Wit span en laat hulle aan dieselfde kompetisies deelneem dan is almal tevrede!Nieu Zeeland kies n Maori span en almal is trots op hulle!ek het nog nooit n ras gesien wat so sensetief oor hul kleur is nie

Irma ·

Ag toenou cosatu, of gaan dit eintlik oor wedstryd geld? Lekker inkomste. Dis mos al waaragter die vakbonde is.

Chris ·

Dink Cosatu die sprinkgbokspan is deel van grondonteiening sonder vergoeding?

chriss ·

HAHAHAHAHAHAHAH goed gese chris.
Volla AND Thai cosatu is very confused, Keep to bafana bafana i think you have more knowledge on that issue

De Villiers ·

COSATU is sokkerkenners wat hulle wil uitleen as rugbykenners. Plaas spits hulle hulle toe op die uiters swak spelpatroon van die Bafana sokkerspan teen veral internasionale spanne. Hoekom spreek hulle hulself nie uit teen die rassistiese spankeuse van die Bafana sokkerspan waarvan bykans geeneen blank is nie. Sport is nie die speelveld waar jy jou ideologiese idees verwesenlik vir politieke gewin nie, COSATU. Word groot!

Andre ·

Hulle kan nie eens politiek behoorlik bedryf nie wat weet hulle van rugby. Politici moet hul neuse uit sport hou of laat hulle die springbok span kies dan kyk ons na die gevolge. Hulle bedryf iets goed, Rassisme.

Johan Pieterse ·

Ek stem saam met hulle. Kies net gekleurde spelers.
Ons rugby bestaan nie meer nie.

Hennie ·

Afrika se denke en die Weste s’n is ligjare van mekaar verwyder.

Staak ·

Ek stem saam met COSATU, maak die hele bleddie span swart en kry dit nou oor en verby, miskien kan die all blacks dan teen die all black wen.

Afrikaanse Knaap ·

Het hulle laas naweek se spel gekyk? Nie een blanke speler het ‘n punt aangeteken nie. With a hammer in hand, everything looks like a nail. Hierdie rassiste skop ras onder elke bos uit.

Craven ·

Wit of swart, die punt is jou rugby loopbaan begin by craven week rugby jammer maar gaan kyk na die rugby legendes.

Kort voor lank ·

Kort voor lank gaan julle hoor dit is rasisties as n wit speler n swart speler duik.

Jammer ·

Jammer Rassie om jou mee te deel maar jou vel is te wit on springbok afrigter te wees. As politiek jou wil vertel wie jy mag en nie mag kies nie……is dit verby met rugby. Dit is tog wat hulle wil he, en wanneer rugby vernietig is sal hulle net die volgende sport teiken waarvan ons hou.

Paul ·

Cosatu, kom ons spel dit so uit, daar is waterdraes, houthakers, klipbouers, grafgrawers, dan is daar mense in klerikale poste, ouens wat inkpenne tussen die vingers vashou, daar is hul base, daar is ‘n hordes ander beroepe, mense wat in myne werk, plofstofkundiges, jy noem dit. Los daardie uit wat die lewe vir ander makliker maak.

Trotse All black ·

Lekker lag ek nou ? oor die bokke gaan ek niks se nie SA rugby is klaar in sy dinges. Ek stem met al die komentaar saam vreemd soos dit is. Oor bafana kan ek net my kop skud. Daai span is n belediging vir sport. Nog nooit so n uiters swak span gesien nie ek skaam my vir hulle. Wil laastens wil ek my innige meegevoel met die bokke se verloor van more gee.

Andre K ·

Ha ha en daar verloor die mighty All Blacks toe… :-D Welgedaan Bokke!!

Johan ·

Rassie los die klomp gemors. Jy kan baie beter doen op ander plek. All black trap bokke more asb

Craven ·

Die All Black afrigter het gese hou julle politiek uit sport uit en kies die beste wat in die rugby gegrooi het van craven week rugby af dan club rugby dan vodacom cup dan curry beker nie oor miskien nie.

Ja Nee ·

Ja MM….. sensasie nuus. Elke keer as iemand iets teen wit spelers se dan is dit nuus. Get over it! THIS IS AFRICA. Daars nie plek vir blankes nie.

Lerato ·

Alistair Coetzee het meer wit spelers as Rassie in sy span gehad.

Faf speel swak?

Een van die beste skrumskakels in die wêreld.

Hennie ·

En as ek die woord SWART gebruik is ek ‘n rassis. maar natuurlik pas dit julle, dit pas my ook.

Philip ·

Waarom onttrek al die wit spelers hulle nie aan die span nie sodat ń all black-Springbokspan dan hulle staal wys teen d wêreld se bestes !

Johan ·

Gald nie n slegte idee nie. Hoekom? Enige van daai “wit” spelers kan n posisie, en bygese baie beleggende posisie, vind in Eurpopa. So, ek stem. Staam saam en se “aikona” in Afrikaans, en soos n Namakwalander stel dit in fyn Afrikaans dat almal in hulle………….. kan vlieg.

Arno ·

Hul se as die skoen jou pas trek hom aan rugby is nie meer wat dit was nie

Ratel ·

Soos neef Gert se…..# Cosatu, # die anc en # sokker! Als wat jul Aan raak verander in ? ? ?

Stephen Namibia ·

My raad aan wit spelers.
Gaan speel oorsee en verdien geld. Julle het nie hierdie nonsens nodig nie.
SA het nie meer n Springbok span nie. Dis n belediging vir hierdie pragtige dier.

Ek is lankal n Argentynse ondersteuner en kyk nie meer SA rugby nie. Dis n verleentheid.

Hoe nou ·

Hoe vaar ons nasionale span waar kleur nie ‘n oorweging is nie? Kom ons bepaal ons eerder by die dinge waarvan ons iets weet!

Israel ·

Cosatu ek stel voor julle kry vir julle sakke en tel die gemors lanks die paaie op, dan doen julle iets, moenie altyd kyk waar julle kan afbreek , met julle woorde ook, wees vir een keer deel van die oplossing en nie deel van die probleem nie,moenie praat tot jy iets het om te sê nie praat as jy iets het om te sê

Callie ·

Dis alles deel van die groot prentjie. In sekere lande mag jy nie eers meer van n swart bord praat nie. Dis net n bord waarop jy in die klas skryf. Daar is bitter min Christene oor wat nog na die woord lewe. Die antichris vat in totaal oor en almal staan terug. Rugby was n afgod, nou is hy ook weg. Dankie tog. As stoere ondersteuner hoef ek nie meer te baklei of kwaad te raak nie. Die naam rugby sal ook verdwyn. Onthou net, die dag kom

Die Stem ·

Loutere onsin.
Dis hoog tyd dat almal ophou rassisme skree om hul sin te kry.
In Rugby en ook in alle ander fasette van ons daaglikse bestaan, moet die beste persoon vir die die plek of werk, dit kry. Die ou wat dit verdien.
Kyk verby die kleur. Los vir Rassie om die span te kies wat hy wil. Hy word immerse daarvoor betaal.

Eischhh.. ·

Maak die die hele span nie blank, haal die Springbok af en sit n swart rooibok op…
Probleem opgelos….Hul wil mos als opdons wat die blanke in Suid Afrika eens kompeterend met trots en passie suksesvol aangedurf het.
Met hul jaloesie kon hul dit nooit vat dat die blankes in Suid Afrika meer suksesvol was in enige sport as hul nie! die Ek meen kyk maar na hul sokkerspan,hul het nie trots nie solank die span net nie wit is nie en nie goed doen nie gee hul nie om nie ne Volla….Arme lot is belaglik siestog!

Rupert Ashford ·

Verleentheid vir die land se hulle…?? Ek stem saam met Stephen Namibia.

Moses ·

Seker al tyd om die Springbokke se naam ook te verander, heeltemal te Afrikaans.

Moontlik Real Black’s, Bafaba, Winnie, BBBEEE, Comrades, Guptaaa, NewChina,
Enige voorstelle?

Se maar net ·

Hoekom kry ek die gevoel dat die swart spelers huidiglik in die span agter hierdie cosatu ding sit. Dalk nog die kaptein self. Wat my die vraag laat vra. Hoe is die spangees en is dit nie dalk die probleem en die anc se taktiek nie.

Barend ·

Wat bedoek hy die land in n verleentheid stel. As die Bokke opdraf is dit klaar n verleentheid. Die vraag is net hoe groot

smurfie ·

Hoekom is daar dan nie meer wittes in die sokker spanne nie? Hoekom moet daar “regverdigheid” wees in rugby? Maar daar is meskien net 1 witte in bafana bafana.

Swartwolf ·

Wie wil vir die Bafana Banana sirkus speel? 1996 was hul 12 de in die wereld nou 81 ste. Dis vooruitgang vanaf ‘n kwota oogpunt.

Gio ·

My raad aan Steven Etsebeth is om die aanbod van R17M per jaar wat Toulon jou aangebied het te aanvaar. Kom weg van die gemors!!

AH ·

Waar is die dae wat rugby nog deur sportmanne gespeel was. Nou is dit pionne wat probeer om vergane glorie te herwin. ‘n Baie edele gedagte, maar solank Cosato en ander meer gepla is oor die kleur van ‘n speler as oor sy talent en bevoegdheid, sal dit nie weer gebeur nie. Maak maar ‘n saamgelapte span van speler van kleur en laat hulle maar die laaste spyker in die Springbok doodskis slaan. Die blanke spelers moet maar oorsee gaan, want daar kan hulle speel en as ‘n sportman die sport uitleef sonder dat die rassekaart aanhoudend uitgepluk word én boonop goeie geld verdien.

Adam ·

Wat ‘n heerlike stukkie komedie op ‘n Saterdag! Toegegee, Rassie kan nie ‘n “beste” span kies nie aangesien honderde Suid-Afrikaners in die buiteland speel en ek gun hulle daardie geleentheid. SA Rugby het dis sport onder aanmoediging van die regering opgemors en die ou Cosatu/ANC kleur-storietjie is ook al holrug gery. Ek kyk sommer Saterdae rugby in die kraamsaal sodat ek bietjie lag-gas kan gebruik om my worsteling meer draaglik te maak. As Cosatu ons ‘n guns wil doen kan hulle gerus eerder Mnre Alexander en Roux uit SA Rugby verwyder.

m.d.r. ·

My antwoord aan Cosatu is heel eenvoudig—-Hierdie is nie ‘n Springbokspan nie, dis doodeenvoudig net ‘n Politieke uitnodigingspan. Die Politici bepaal die hoeveelheid swart spelers en die afrigters/ keurders vul net die naampies in….
Die kwota stelsel is ‘n belediging vir die Wit sportentoesiaste—ons sien L-a-n-ka-l ‘n goeie swart speler raak en ondersteun hulle.
Dis net die swart rassiste wat nog kwotas nodig het….
Dis ook eenvoudig om van kwotas ontslae te raak—begin op skoolvlak: as elke ouer weier om toe te laat dat sy seun vir hulle provinsie se Cravenbeker span speel gaan SA rugby se rassiste vinnig ander planne moet maak…..
Die skole kan mos nog steeds teen mekaar speel sou nou, Swart spelers in daardie skole gaan gewoonweg nog saam speel…..Sluit net die Ras behepte unies uit
Is dit in jou seun se beste belang om in ‘n stelsel gedruk te word waar hy weet sy velkleur tel teen hom…..hy sal wel na skool hierdie tweedeklas burger status moet verduur…..!

m ·

Begin n b span speel met all white en laat die A span all blacks speel elk met hul eie afrigter..

Eish ·

OSV
Ontbokking sonder vergoeding.
Boikot rugby in bankrotskap in.
My verdraagsaamheid is nou ook in sy peetjie in vir hierdie helhool.

AW ·

#RemoveTheSpringbok
Daardie Bok Word Met Elke Wedstryd Verneder!!!!

Judge Dredd ·

Kan net sowel die Springbokke ‘n “All-Black” span maak – hul verloor anyway – maar inplaas van 50 afstaan, kan hulle dan vir 100 mik..

Akademi Buktu ·

Hulle speel ook nie eers meer wedstryde soos in die ou dae nie. Luister maar na wat die hele lot (Afrikaanssprekendes) sê: deesdae speel hulle “games.” Goeie Afrikaanse vertaling sal wees – speletjies.

Jerry ·

Rassie, toe jy die pos as afrigter aanvaar het, het jy geweet dat dit nie gaan oor wen of verloor nie en dat dit gaan oor ontwikkeling van kwotas op nasionale vlak. Doen asb waarvoor jy aangestel is en ontwikkel die spelers, wen of verloor! Wanneer jy na n wedstryd moet praat oor hoekom die span verloor kan jy as rede aanvoer dat die spelers nog nie tot volle potensiaal ontwikkel is nie. Die internasionale rugbyraad en die wereld kan dan kennis neem van die politieke inmenging in sport en blatante diskriminasie teen meriete spelers. Solidariteit kan dan boikotaksies loods elke keer dat n meriete speler nie speel nie! 150 toeskouers by Loftus is n uitstekende voorbeeld van wat ons kan vermag. Ons moet dit ook nou met Sprinbok toetse begin doen! Dit is op meriete of niks!

Swartwolf ·

COSATU hou jou by jou alliansie met die cANCer. Wees net een maal eerlik en erken dat waar julle die kwota of BBBEE sisteem ingestel het om 50 miljoen teen 5 miljoen te beskerm het dit gelei tot ‘n skouspelagtige gemors. Sokker, vroue netbal, krieket, elke SOE – SAA, DENEL, PETROSA, ESKOM, is bankrot, 35% van munisipaliteite is bankrot. Die lys gaan aan. So wat gaan julle doen om rugby met meer kwotas reg te kry ???

ne ·

Dit is hoekom die ondersteuner wegbly van die wedstryde. Politiek en sport werk nie saam nie. Maak maar van rugby ook so ‘n gemors soos met die land. Cosatu weet nie hoe die spel werk nie. Die beste spelers word gekies nie volgens julle die beste KLEUR nie. Julle is rassiste in die ergste graad.

marco polo ·

Wanneer gaan die skares begin transformeer? Voor dit nie gebeur nie, moet die transformasie agente maar eers bietjie stilbly, want dis waar die geld vandaan kom.

chris liebenberg ·

Dankie mense vir al die komentaar maar julle bereik niks daarmee nie wan dit kom
nie by die regte mense uit nie.dink julle vir een oomblik dat hulle Afrikaans lees
nee beslis nie

Deon Roux ·

Dear Cosatu, please check the scoreboard. Phone Rassie and ask him to teach you about rugby, I’m sure he’ll help. Then maybe next you can say something that makes sense…..

COSATU IDIOTS ·

Die Bok-span word mooi verteenwoordig deur alle kulture. As jy behoort en verdien om vir die Bok span te speel, gaan jy dit kry op meriet nie omdat jy aan ń spesiale kultuur groep behoort nie. Wel Comrades, en daar wen die Bok-span die mighty All Blacks.
Kry julle feite agtermekaar oor hoe die sport verloop dalk net dalk kan julle sin maak van wat die afrigter te reg staan om ń span te kies. Die is ń sportspan en nie een of ander dom union nie, Comrades.
Gaan pla unies wat dit nodig het…

Stier ·

Vat so COSATU daar klop die rassistiese gekose Springbok span die Blacks. Bly stil oor sport veral rugby en gaan reel ‘n betoging erens.

Koos ·

Cosatu het darem nou hulle naam met ‘n hengse dik plank geslaan – koppe vol splinters!!!

Hoop julle besef nou vir eens en altyd wie maak van die Springbok span ‘n wenner!!!

Geluk Rassie met jou wenspan, doen so voort!!!

Spannie ·

Ek Wil weet wat doen die regering ( ANC ) en COSATU om die rasse geskil in die SOKKER in Lyn te bring in ons rainbow nation country, of wil hulle die glory opeis wat rugby oplewer want SOKKER kwalifiseer nie eens vir die wereld beker nie , het ook nog nooit Nie , maar dis hoe HULLE mos is Wil op die rug ry van die man en vrou wat ons land ontwikkel het.

Inus Bester ·

En daar wen die Bokke toe die All Blacks… en daar’s vreugde in Suid-Afrika – nie “verleentheid” nie. Wat sê COSATU nou? COSATU moet eerder konsentreer op die swak Bafana Bafana… en eerder wit spelers vir dié sokkerspan kry – sodat hul ook ‘n slag kan wen! Geluk aan Johan en die Bokke!

C ·

Dis nie meer n eer om in die Springbokspan te speel nie. Gewoonlik moes spelers dit verdien het om daai eer te hê nou word jy daar geplaas. Dis soos kinders op skool wie se ouers hul laat opskuif na die A klasse toe vanuit die G klas. Eintlik verdien jy nie om daar te wees nie maar omdat Pappa die lapa borg word dit maar toegelaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.