Cosatu: ‘Regering twyfel oor e-tol’

Argieffoto

Argieffoto

Cosatu sê die premier van Gauteng, David Makhura, se besluit om ‘n paneel aan te stel om e-tol te hersien, wys dat die regering twyfel oor die omstrede stelsel.

“Ek dink die premier het ‘n plig om diplomaties te wees maar dit het aangedui dat die regering daaroor twyfel,” het Patrick Craven, woordvoerder van Cosatu, gesê.

Makhura het tydens sy provinsiale rede in Thokoza, suid van Johannesburg, die aankondiging gemaak. Hy het gesê die regering sal nuwe voorstelle verwelkom ten einde ʼn volhoubare oplossing te vind.

Craven sê Cosatu, wat die stelsel teenstaan, sal graag deel van die hersieningspaneel wees. “Ons sal bly wees om deel te neem op voorwaarde dat dit ‘n werklik paneel is in teenstelling met Sanral (Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap) se paneel wat net ‘n skynpaneel was,” het Craven gesê.

Hy sê die e-tolstelsel is ‘n “ondoeltreffende manier om geld in te samel en die stelsel is gedoem tot mislukking.” Craven sê Cosatu sal intussen voortgaan om motoriste aan te moedig om nie e-tolskyfies te koop nie.

E-tol het in Desember in Gauteng in werking getree ondanks verskeie hofsake om die stelsel te keer.

Lees ook:
E-tol in Gauteng gaan hersien word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.