Cosatu sê groeiende getal werkgewers betaal nie salarisse

Cosatu se hoofkantoor in Johannesburg. (Foto: Twitter)

Die vakverbond Cosatu sê al hoe meer werkgewers, in die private sektor en die staatsdiens, versuim om hulle werkers te betaal.

“Die neiging het sowat twee maande gelede in die veiligheidsbedryf begin, toe werkers nie betaal is nie. Die werkgewer voer aan die kliënt, wat in dié geval die regering is, het hom nie betaal nie. Ons voel dit is ʼn onbillike verskoning om werkers nie te betaal nie,” het Cosatu in ʼn verklaring gesê.

“Ons het onlangs verneem dat die Westvaal-hospitaal en die Tswaing- plaaslike munisipaliteit ook nie hulle werkers betaal het nie. Ons beskou dit as uitbuiting en ʼn skending van werkers se regte en doen ʼn beroep op werkgewers om mense betyds te betaal.”

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond (Samwu), ʼn filiaal van Cosatu, het verlede week gesê meer as 30 munisipaliteite landwyd het werkers ingelig dat hulle nie salarisse kan betaal nie. Werkers moes self sien kom klaar om uitgawes soos mediese fondse, begrafnispolisse en aftreefondse te probeer byhou.

Die vakbond sê hy het reeds met die nuwe minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma en haar adjunk, Parks Tau, vergader om die probleme wat munisipaliteite teister, te bespreek. Die regering was glo onbewus daarvan dat werkers nie betaal word nie.

In Gauteng het werkers van die Wes-Randse munisipaliteit buite die raadskantore betoog, nadat hulle salarisse verlede maand ook nie betaal is nie. Dié munisipaliteit, asook die Merafong- plaaslike munisipaliteit, was twee van die Gautengse rade wat onwettig miljoene rand se staatsgeld in die nou gewese VBS Bank belê het.

“Die versuim om hulle te betaal het ʼn uiters nadelige uitwerking op werkers, hulle gesinne en die ekonomie in die geheel, omdat hulle nie eers basiese items kan koop nie. Ons doen daarom ʼn beroep op alle werkgewers om te verseker hulle betaal werkers op die ooreengekome datum en staak dié praktyk,” het Samwu gesê.

Verlede week is berig dat Denel se sowat 3 700 werknemers weens kontantvloeiprobleme net 85% van hulle salarisse gaan ontvang. Daar is later ingegryp en die minister van openbare werke, Pravin Gordhan, het gesê werkers sal hulle volle salarisse betaal word nadat ʼn lener na vore gekom het.

Die beleërde openbare uitsaaier moes ook einde verlede maand sy werkers gerusstel dat hulle salarisse betaal gaan word te midde van bewerings dat die SAUK nie die geld daarvoor het nie.

Die minister van kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams, het vroeër vanjaar die versekering gegee dat die regering nie gaan toelaat dat die SAUK in dieper finansiële moeilikheid beland nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

John ·

… en wie in die private sektor? Net staats- en semi-staatsinstellings word genoem.

Lou ·

Die begin van algehele chaos en anargie in die staatsdiens en munisipaliteite.
Die begin van die einde van die ANC regering ??

Afgedankte werker ·

Nou wat het Cosatu gedink? Dit gebeur as jy jouself in die voet skiet. Stakings, korrupsie, vakbonde, staatskaping en onbevoegde aptenare het die land waar hy is, moenie nou huil nie! Laat die vakbonde nou die werkers betaal wat aangese is om te staak en besighede en fabrieke bankrot laat word het!

Karolis ·

Daar is feitlik geen ander antwoord wat hierdie argument sal regverdig nie.
Jy slaan die spyker op die kop.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis wat gebeur wanneer hopeloos teveel mense hopeloos teveel geld kry vir hopeloos te min werk!! Aanstellings is nie “werkskepping” nie…..dit word net ‘n al hoe groter las op die belastingbetaler!! Toe ek in 1983 my eerste pos aanvaar het, het ek middag-ete ingepak…..vandag se werkers wil ALMAL gou vir middagete in ‘n kitskos restaurant gaan eet…..die duurste kos wat daar is. Dit is NIE volhoubaar nie….

marous ·

Want binnekort kan die vakbonde nie hulle mense betaal nie want hul lede kan nie bydraes betaal nie en so kring dit uit . Val gaan almal val , vakbonde ingesluit . Die duur karre het twee uitlaat pype sodat jy in nood gevalle twee koevoete kan indruk en soos ‘n kruiwa kan stoot . Begin maar oefen die uwe leiers van staak en oprui ….

Privaat sektor besigheids eienaar ·

As ‘n besigheids eienaar in die privaat sektor word daar deur die regering vir ons reels gemaak waarby ons moet hou anders soos hulle nou die dag tydens ‘n audit aan my gestel het “if you don’t comply with government you will face jail time”. Nou wonder ek net hoekom ek as privaat sektor die reels MOET hou maar die regering kan nie eers by hulle eie wette hou nie? Wat die regering en unies nie WIL verstaan nie is dat hulle ons absoluut doodmaak met hulle reels wat hulle ingestel het en daarop aandring soos minimul lone. Gee vir elke werker wat altyd so toy toy vir geld hulle eie besigheid en plaas hulle in ons skoene vir net een maand. Hulle sal gou agterkom dat geld wel gedruk word op papier maar dit groei nie aan bome nie. Dis maklik om die ontvanger van salarisse te wees, maar nie maklik om die betaler van salarisse te wees nie. Kom president jy wil mos werks geleenthede skep, gee vir elke persoon ‘n besigheid en laat ons sien hoe hulle dan vaar!

Saint ·

Nou , as die owerhede nie hulle rekeninge vir dienste en gelewerde voorrade betaal nie, waar het die vakbonde gedink moet die geld vir salarisse vandaan kom ?
Soortgelyk as die owerhede geld deur korrupsie en ander wandade laat verdwyn, waar moet die staatsdiens se geld dan vandaan kom om die staatsamptenare se salarisse te betaal?
Dit word genoem Economics 101 !!!

CallieL ·

Back to basics. Maatskappy moet geld maak om salarisse te kan betaal. Sies tog, geen unie verstaan dit nie

Johanna Botha ·

Jip aanhou anc stem en daar het julle dit nou …nogal wat mens verwag het nou suffer ons maar almal weer saam !

George in Bloem ·

Nou’s daar gelukkig darem weer ‘n lekker verskoning om bietjie te staak,klip te gooi en ‘n paar goed te brand Cosatu? Daarmee is julle mos voor in die koor so waaroor kla julle nou kerels? Viva man.

Nugter ·

Die hele regering onder die anc is ‘n mislikking. Ek probeer positief bly, maar SA kan nie meer gered word nie. Ek stem saam met afgefankte werker.

Attie. ·

Die sinkende skip sonder stuur pyl nou reg op die rotse af en die kaptein weet nie hoe om die skip se spoed te verminder nie want hy is n buffelboer, nie n skeepskaptein nie. Buffelboere hou graag vakansie by G20 berade. Hulle hou ook van vliegtuig ry, bogger wat by die huis gebeur. En daar her waaragtig van my vriende vir hom gestem…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.