Cosatu se rassistiese rugby-onkunde

rugby

Argieffoto

Met die Wêreldbeker-rugbytoernooi oor minder as twee maande en die Springbokke wat laaste in die pas afgelope rugby-kampioenskap geëindig het, getuig dit van rugby onkunde om te beweer dat Heyneke Meyer en die Springbokbestuur nie die beste moontlike spelers, swart of wit, sal wil gebruik nie, meen die VF Plus.

“Cosatu se rugby onkunde blyk uit hulle rassistiese opmerkings dat op ‘n berekende wyse swak wit spelers bo goeie swart spelers vir die Springbokke gekies word,” het Pieter Mulder, leier van die VF Plus, in ‘n verklaring gesê. “Die kundige rugbypubliek, wat ten alle koste wil wen, sou lankal in woede gereageer het as ‘n briljante swart speler om politieke redes uit die span gelaat was. Verder loop Suid-Afrika die risiko om van die internasionale sportkodes te oortree en gestraf te word as dit sou blyk dat politieke inmenging en nie meriete nie ‘n rol in die keuse van Suid-Afrikaanse sportspanne gespeel het.”

Mulder voeg by swart spelers wat op meriete die hoogste sport in rugby bereik deur vir die Springbokke gekies te word, het al aangedui dat hulle nie as kwotaspelers gebrandmerk wil word nie.

“As Cosatu ‘n bydrae wil maak vir die ontwikkeling van swart rugby-talent moet hulle na die talle oorwegend swart skole gaan kyk waar geen rugby as aktiwiteit aangebied word nie,” het hy gesê. “Suksesvolle swart spelers op Springbok- en provinsiale vlak kom tans hoofsaaklik van voormalige model C-skole wat tans die mees geïntegreerde skole in die land is. Meer suksesvolle swart spelers moet van onder na bo gestoot word en kan nie van bo af polities op internasionale spanne afgedwing word nie.”

Mulder voeg by om geloofwaardigheid aan hul argument te gee, moet Cosatu die name bekend maak van die sogenaamde vyf swart Springbokke wat hulle na bewering oor diskriminasie teen hulle genader het. “Dit sal die rugbypubliek in ‘n posisie stel om te oordeel of daar enige meriete in Cosatu se bewerings is.”

Hy het gesê uit Cosatu se rassistiese rugbyverklarings is dit duidelik dat slegs ‘n “all black” Suid-Afrikaanse span teen die All Blacks van Nieu Seeland hulle tevrede sal stel. So ‘n benadering is tot nadeel van meriete in sport en internasionaal, asook vir die meerderheid Suid-Afrikaanse sportliefhebbers, totaal onaanvaarbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Natasha Brittz ·

Ek wonder net hoeveel wit spelers in ons swart sokkerspan is.

Theresa ·

So lief as wat ek vi rugby is, want daar is niks mooier as ‘n goeie rugby wedstryd nie en my bewoe kan laat soos wanneer ek ‘ n roman kyk, is rugby net nie meer dieselfde vandag nie en dit alles oor hierdie politiek wat daarmee gepaard moet gaan. Ek vra in my onkunde dan – hoekom hoor ons nooit van rasse syfers in die Bafana Bafana span nie…… Wanneer gaan hulle tevrede wees met die rugby span- wanneer daar betaal word vir spelers om te kan se ons het ook ‘n rugbyspan , ma wat nie hoef te wen nie, want dis nie belangrik nie…. Daar is verseker goeie swart spelers en as hulle verdien om da te wees, verdien hy om da te wees en dink ek ook dat geen een van hulle da wil wees oor politieke redes nie, ma omdat hy hard gewerk het om da te kom. Mag die Springbok trui nog vi baie jare met trots kom………

Ouman ·

Ek wonder wie sit werklik agter Cosatu se verklaring.Dalk ‘n vorige bok afrigter? So lief as wat ek vir rugby is so maklik kan ek op hou om rugby te ondersteun. Ek gaan defnitief nie geld mors om ‘n swak span te ondersteun nie. Cosatu se lede moet maar uithaal en wys as hulle kwota spanne wil sien speel. Jong wit spelers moet hulle heil maar oorsee gaan soek

fransie ·

Ja nee ek stem saam met Ouman. ek hou op rugby kyk ondersteun.

Frik Lotz ·

Goed saamgevat deur dr. Pieter Mulder vd VF Plus. Daai klomp v Cosatu weet niks van rugby nie en sal als probeer net om die nuus te haal. Hul kan nie eers hul eie interne probleme oplos nie, maar nou braak hul gal oor rugby. Hoe sê die Engelse uitdrukking ” Get a life “

Jaco ·

Dit is net Ehrenreich wat sy politiese loopbaan bou. Hy word glad nie in ANC kringe opgemerk nie so hy probeer deur sulke uitlatings aandag trek. Hy sal egter nooit sy meester die ANC aanvat nie.

Johann Marx ·

Hier is die span wat Heyneke behoort te kies vir volgende week:

Heelagter: Lwazi Mvovo (Sharks)
Vleuels: Seabelo Senatla (Stormers) en Brian Habana (Kaptein)’
Senters: Lionel Mapoe (Leeus) S’Bu Sithole (Sharks)
Losskakel Elton Jantjes (Leeus)
Skrumskakel Heine Adams (Blou Bulle)
Voorry Trevor Nyakane (Bulle), Scara Ntubeni (Stormers) en Beast Matawira (Sharks Onder-kaptein)
Slotte: Oupa Mohojo (Cheethas) Uzair Cassim (Pumas)
Flanke: Siya Kolisi (Stormers) en Naseem Carr (Stormers)
Agsteman: Lubabalo Ntembu (Sharks)

Reserwes
Voorry: Ox Nche (Cheetahs), Edgar Marutlale (Kings) en Alaister Vermaak (Stormers) (3ed hooker: Bongani Mbonambi (Stormers))
Slot: MB Lusaseni (Leeus)
Losvoorspeler: Mpho Mizizyozoi (Kings)
Skrumskakel: Kevin Luiters (?) 0f Rudi Page (?)
Veelsydige agterspelers: Rayno Benjamin, Juan de Jongh

Bestuurder: Shakes Mashaba
Afrigter: Pieter de Villiers
Agterlyn: Alaister Couetzee
Verdediging: Ricardo Loubser
Voorspelers: Hanane Shimange

Speler wat Nie oorweegmoet word nie: Willie le Roux, Jessie Kriel, Jean de Villiers, Jan Serfontein, Andre Pollard, Damien de Alleynde, Pat Lambie, Ruan Pienaar, Cobus Reinach, Fourie du Prees, Jannie du Plessis, Bismark du Plessis, Vincent Koch, Frans Malherbe, Coenie Oosthuizen,Steven Kitshoff, Adriaan Straus, Armand van der Merwe Eben Etzebeth, Lood de Jager, Victor Matfield, Schalk Burger, Jaco Kriel, Warren Whitley, Heinrich Brussouw, Marcel Coetzee, Francois Louw, Duane Vermeulen,

EN DAN KYK ONS OF DAAR ‘N BETER UITSLAG SAL WEES AS VERLEDE SATERDAG S’N.

Martin ·

Johan, moet nie verbaas wees as dit beter gaan nie.
Gooi maar die klippe, maar so game soos Saterdag dink ek ons kan doen met ‘n totaal nuwe span, en afrigters. Hierdie span is nou ‘n klomp jong miljoenêrs wat niks doen om hulle geld te verdien nie.

david ras ·

‘n Span wat onder dwang en dreigement van politici gekies word is doodeenvoudig ‘n politieke uitnodigingspan.
Daar was eenmaal ‘n beroemde Amerikaanse boksafrigter (ek meen dit was Angelo Dundee) wat die volgende gese het:
“the only successful boxer is a hungry boxer—hungry for success”
In die afgelope seker 8 olimpiades het die VSA se basketbalspan uit 95-100% swart spelers bestaan. Die samestelling het nooit die VSA se bevolking verteenwoordig nie.
Niemand het gekla nie, want die wat gekies was, was eenvoudig die beste.
Dit is iets wat Cosatu en die ANC se politieke sportparasiete gerus kan onthou.
Solank daar kwotas is, kyk ek liewers die individuele sportsoort, soos Atletiek, gholf en motorsport.
Lankal vir Rugby koebaai gese !

NEL ·

Johan Marx, stem saam met jou . Stuur ‘n totaal swart span oor om die ANC te please en ons kyk wat gebeur. Jou span keuse het te veel kleurlinge in , dit moet totaal swart wees soos die sokker. Om Springbok rugby te kyk op die televisie is so goed jy gaan wildtuin toe. Jy drink bier, eet biltong en kyk hoe die bokke k……k. Ons sport is deesdae net so pateties soos die ANC en al sy kaders. Arme Jan van Riebeeck het seker al ‘n paar keer in sy graf om gedraai ……..

Gaan defenitief iets anders doen as om rugby te kyk.

Gerhard Bezuidenhout ·

.Die klomp wysneuse van Cosato weet van rugby niks. Waarom spoel hulle hul monde uit en buitendien dra hulle All Black truie. Dit is bloot n opstokery en van sokker se hulle niks netsoos Paulse en Willemse op Super Rugby politiek bedryf en rugby skade berokken .Hoe lief ek ookal vir rugby is sal ek weier om te kyk indien die beste spelers nie op die veld is nie. Kom ons kyk wat van toeskouersgetalle by wedstryde gaan word en hoeveel Multi Choice kontrakte gekanselleer gaan word.

scalla ·

laat sommer Johan se keuse span n wedstryd speel teen die wat nie oorweeg mag word nie, hul kort reeds oefening en ervaring, sal nuuskierig die uitslag dophou.

Johan 2 ·

Scalla, hul sal dit nie waag nie…sal oulik wees wel..hahaha

Gerhard Bezuidenhout ·

Behalwe vir Cosato is Paulse en Willemse op n rugbyprogram die voorbokke met rassisme. Maak die Springbokspan 100% swart en dan kyk ons waar eindig rugby in Sa.

Kobus Swanepoel ·

Ek persoonlik dink dit is belaglik dat politiek altyd inmeng daar is geen manier waar Cosatu moet inmeng nie.
Dit is belaglik ek dink wat al die springbokke moet doen is gee die sogenaamde regering en politisie die geleenheid om dan hulle springbok span tekies en gaan speel internationaal rugby in ander lande dan kyk ons waar kom hulle sogenaamde kwota springbokspan.

Boerseun ·

VF+ miskien die regte kanaal om hierdie idee verder te neem… Mnr Zuma se cronie Kabinet bestaan uit 37 ministers; min of meer die totale wêreld beker rugby groep (bestuur ingesluit). Uit die 37 is 2 blankes en enkele gekleurdes (5,4%). Kom ons vergeet vir ‘n wyle die totale (opbetaalde) ingeskrewe spelers by klubs se verhouding van wit teenoor swart. Ook die bevolking samestelling en ondersteuners. Kom ons aanvaar daar is 15spelers vir 80 minute op die veld. Dit laat 1200 spelerminute in totaal. Sou ons dan die omgekeerde van Nr One se kabinet van toepassing maak, beteken dit slegs 1 swart (Lees nie-wit) speler kan dan vir 65 minute op die veld wees….Sommer net terloops en as daar dan weer politiek in sport gebesig mag word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.