Cosatu sê Reserwebank-beleid moet verander

Lesetja Kganyago, goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Lesetja Kganyago, nuutaangestelde goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag gesê die nuutaangestelde president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, moet beleidsverandering teweegbring.

“Hy moet die rampspoedige beleide van sy voorgangers radikaal verander,” het Patrick Craven, woordvoerder vir Cosatu, in ʼn verklaring gesê. “Dié beleide sowel as die Tesourie se beleid is een van die hoofredes vir die slakkepas ekonomiese groei, die verlies van duisende poste en die versuim om beleide van die regering en ANC in te stel om radikaal ons ekonomie te herstruktureer.”

Craven het gesê Kganyago moet die beleid, dat inflasie as ʼn bedreiging beskou word en dat dit gebruik word om hoë rentekoerse te regverdig, verander. “Stygende inflasie is ʼn moontlike gevaar, maar is nie so gevaarlik soos werkloosheid, armoede en ongelykheid nie.”

Hy het ook gesê Kganyago moet daarop aandring dat die Reserwebank genasionaliseer word en nie deur graderingsagentskappe, die Wêreldbank of die Internasionale Monetêre Fonds gelei moet word nie.

Pres. Jacob Zuma het Kganyago Maandag as Gill Marcus se opvolger aangekondig. Haar termyn verstryk op 8 November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

N Pretorius ·

Dit verstom my hoe min kennis hierdie mense het. Hulle wil nie he graderingsagentskappe moet invloed he nie. Waar dink hulle kom geld vir beleggings vandaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.