Cosatu verbaas dat Molefe ʼn LP gaan word

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom

Die vakbondfederasie Cosatu in Noordwes het gesê die besluit om die voormalige hoof van Eskom Brian Molefe aan te stel as ʼn lid van die parlement, is ʼn “verrassing” en die organisasie is nooit hieroor genader nie.

“Cosatu het nie ʼn probleem met Molefe nie, hy het ʼn uitstekende rekord as ʼn bestuurder in hierdie land, maar die indien van sy naam in die parlement as ʼn LP vir die ANC van Noordwes, is vir ons ʼn verrassing. As ʼn alliansievennoot is ons nooit hieroor genader nie en ons het sy naam nog nie in die ontwikkelingskomitee bespreek nie,” het Cosatu Maandag gesê.

Molefe het in November bedank kort ná die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela haar sogenaamde staatskapingsverslag bekend gemaak het. Sy het aan die lig gebring dat hy kontak gehad het met die omstrede Gupta-familie.

Sy skuif na die parlement het wye kritiek uitgelok en lede van sy ANC-tak in Madibeng, Noordwes, het hulself van die aanstelling gedistansieer. Die takleiers het gesê Molefe was nooit aktief by hul tak nie.

Sy nominasie as ʼn LP volg ná weke van spekulasie dat hy ʼn sitplek op die ANC se banke in die parlement sal kry om pres. Jacob Zuma in staat te stel om hom as ʼn minister aan te stel – moontlik in die plek van die minister van finansies, Pravin Gordhan.

Gordhan word in die gesig gestaar deur versoeke van die ANC-jeugliga en ander dat hy afgedank moet word. Hy lewer Woensdag sy begrotingsrede in die parlement. Sy huidige termyn word gekenmerk deur politieke druk, insluitend ʼn onsuksesvolle poging verlede jaar om hom van bedrog te beskuldig.

Die Demokratiese Alliansie het kriminele aanklagte teen Molefe aanhangig gemaak ná Madonsela se verslag vrygestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Christa ·

Zuma karring weer aan die minister van finansies!!! Hy krap weer waar dit nie jeuk nie!!! En dan beskuldig hierdie klomp mamparas die banke van manupilasie van die Rand!! As die Rand weer sy maai gaan sien, moet Zuma en sy jeug liewer in die spieel kyk!!!

johan ·

Indien daar enige planne is met Pravin sal dit sekere mense baie bevoordeel wat vooraf weet daarvan sodat hulle rande kan koop/verkoop en later wins maak as rand val/styg.

AL ·

Ian le Roux n ekonoom by Old Mutual het berig op Fin 24 dat Suid-Afrikaners nie oorpessimisties moet wees in SA nie en het 7 punte genoem. Volgens hom is hy verbaas dat tersiere opleiding nie deel is van radikale transformasie nie. Ek stem al die probleme klink oorweldigend, maar ons moet net aktief druk plaas op die ANC wie ontspoor dat ons demokrasie ten alle koste beskerm.

AL ·

Die ANC hou nie daarvan dat die opposisie hul voorskryf nie. Dalk word hy nie minister van finansies nie juis omdat die opposisie die situasie met n valkoog dophou en wag dat hul voorspelling waar gaan word.

AL ·

Max du Preez het nou in News 24 die artikel stop alternative for land reforms geskryf vir News 24. Skokkende feite wat Afriforum en alle drukgroepe op regering moet druk. Die regering lieg blatant vir SA burgers.

Hendrik ·

Snoefie,
Gordan is die beste wat die ANC het. Maar volgens die ekonome is Gordan nie ‘n goeie Minister van Finansies nie. Hy is wel ‘n goeie kommunis en beklee ‘n hoe pos in die SAKP. Gordan is ook lid van die ANC en hy ondersteun al die diskriminerende wette soos regstellende aksie en BEE.

snoefie ·

kan hy enigsins slegter wees as wat ons tans het Hendrik? die reeds benoemdes het bewys hulle is minions. huidiglik dink Gordhan nog met sy kop en nie sy hart nie.

John ·

Oe, hoeveel lewens het die’ tranerige katjie nou al opgebruik? (‘From hot tin roof to hot tin roof…’)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.