Cosatu verwelkom geen verhogings vir staatsamptenare

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die vakbondfederasie Cosatu het Maandag die aanbeveling van die Onafhanklike Kommissie op die Besoldiging van Openbare Ampsbekleërs verwelkom dat alle openbare- en politieke ampsbekleërs vanjaar nie enige verhoging moet kry nie, weens die benarde ekonomiese situasie.

Dit kom nadat die kommissie, wat salarisse vir staatsaanklaers moet goedkeur, ʼn nul persent salaris voorgestel het vir die regering se amptenare wat die meeste verdien, omdat hulle beskerm word deur die impak van inflasie, in teenstelling met gewone burgers.

Sizwe Pamla, woordvoerder van Cosatu, het in ʼn verklaring gesê dié besluit is al lankal agterstallis en sy het gesê die vakbondfederasie loof die kommissie dat hy erken hoe die benarde ekonomiese situasie wekers nadelig beïnvloed het.

“Die groot salarisse en voordele wat politieke ampsbekleërs en senior burokrate ontvang is die bron van bestaande ongelykhede en onaanvaarbare inkomsteverskille wat in die staatsdiens bestaan,” het Pamla gesê.

“Ons hoop die regering kan hierdie momentum aangryp en ook die buitensporige pakkette wat aan nasionale en provinsiale kabinette, lede van die parlement, regters en seniorbestuurders betaal word, verminder.”

Hy het gesê die regering moet ook die grootte van die nasionale en provinsiale kabinette en die getal lede van die parlement en provinsiale wetgewer verminder.

“Alhoewel ons die besluit verwelkom, wil ons die regering ook maan om dit nie te gebruik as ʼn voorloper om die salarisse van staatsamptenare op lae vlakke te vries of te modereer sodra onderhandelings in 2018 begin nie,” het Pamla bygevoeg. “Dié staatsamptenare is diegene wat in die voorste linies staan van dienslewering. Dit is absoluut onaanvaarbaar dat polisiebeamptes, verpleegsters en onderwysers vir nege jaar lank moet werk voordat hulle die jaarlikse salaris van ʼn direkteur-generaal sal verdien.”

Pamla het gesê die Suid-Afrikaanse werkersklas word in die gesig gestaar deur maatskaplike uitdagings en “dis omtrent tyd dat politieke leiers solidariteit toon met die massas wat sukkel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

En is dit ook van toepassing op bedrog en korrupsie en diefstal a.g.v. hulle selfaangewese magstatus?

Werk ·

Nie ‘n woord word geuiter om harder te werk oftewel beter produksie.

zahn ·

Raak ontslae van al die konsultante en stel bevoegde mense aan wat die werk WIL doen.

LOL ·

Hulle het klaar hulle bonusse gevat, die ‘geen verhoging’ phase hulle glad nie. Hou op rassisties wees en stel mense aan wat die werk wil en kan doen. Daar is baie staatsdiensposte leeg omdat blankes nie aangestel mag word nie, die poste is gevries, daarom word belangrike werk nie gedoen nie. Geen simpatie nie.

Francois le Cochon ·

‘n Groot aantal Telkom werknemers het laas op 1 April 2012 ‘n verhoging gekry. GEEN verhoging sederdien nie.

Maddox ·

Jy is reg, maar moet onthou die CEO van Telkom is in No1 se gatsak. Hy gebruik Telkom as die anc se eie spaarvark wat geplunder kan word. Dan wil Telkom nog weet hoekom hy soveel kliente verloor?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.