Countrylegende Lance James word tans in ʼn hospitaal behandel vir ʼn infeksie ná ʼn heupvervanging.
Lydia Winchester, Lance se agent, het Sondag aan Maroela Media gesê hy is ongeveer 10 dae gelede in die hospitaal opgeneem weens hartprobleme.
“Hy sou daarna ontslaan word, maar het toe ʼn terugslag gehad toe hy in die hospitaal geval en sy heup gebreek het,” het Winchester verduidelik. “Hy het ʼn heupvervanging ondergaan, maar daarna ʼn infeksie opgedoen.”
Lance (81) sterk aan in die hoësorgeenheid van die hospitaal.
Hy is ‘n bekende countrysanger en was radio-omroeper by Springbok Radio van 1954 -1985. Van sy treffers sluit in “Dankie”, “Vicki” en “Ahoy, Madagaskar Ahoy!”. Tydens Huisgenoot se 2009-Skouspel is hy vereer vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Ons bid God se werk op Oom se herstel. Gert en Letia
Ek het die besondere eer dat Lance op my versoek my gunsteling song ‘Vicky’ vir die gehoor (èn of course vir my) gesing het êrens in die 80’s. Lance, as jy dit in herinnering wil roep, dit was ‘n Kaas en Wyn Party in Carletonville, maar moet nie dit probeer onthou. Wil net vir jou sê dat Vicky steeds pronk in my gunsteling argiewe. Mag die God bo alle gode, die Here bo alle here, die Seun bo àlle seuns, jou seën bo alle verwagtinge!
Baie sterkte en alle beterskap !
Baie sterkte Lance, ons dra jou in gebed na Hom wat genesing bring.
Ek hoop nie dat die inligting ontvang verkeerd was, n mens hoor soveel stories indien ek verkeerd is, vra ek groot onverskoning. En Bid ek vir spoedige herstel vir Lance en dat die Here jou sal versterk sodat jy kan aangaan om weer vir ons te kan sing. ( Inligting onvang van ander mense) maar sien niks op nuus