Countrysanger tydens aanval op kleinhoewe geskiet

Greg en Leverne Rau. Foto: Facebook.

Greg en Leverne Rau. Foto: Facebook.

Die countrysanger Greg Ray, wat sy regterbeen ná ʼn motorongeluk verloor het, is Dinsdagaand in sy linkerbeen geskiet nadat hy en sy vrou tydens beurtkrag op ʼn kleinhoewe in Gauteng aangeval is.

Greg se vrou, Leverne, het Woensdag vanuit die staatshospitaal in Potchefstroom waar hy behandel word, aan Maroela Media gesê hulle is omstreeks 19:30 in hul huis op hul kleinhoewe in Carletonville deur twee gewapende mans oorval.

“Ons het in daardie stadium beurtkrag gehad,” het Leverne gesê. “Dit was warm en die deur het oopgestaan. Dit het net begin donker word, en ek is na my slaapkamer om ʼn lantern aan te steek.”

Greg het in die kamer op die bed gesit en besigheid op sy selfoon gedoen. Hy het hom reeds begin gemaklik maak, en sy prostese afgehaal.

“Dit was donker in die huis, maar hy het iemand gehoor. Hy skreeu toe en vra wie daar is, waarna hy twee figure in die deur sien staan het,” het Leverne verduidelik.

Greg het vir haar gesê om op die grond te val, wat sy dadelik gedoen het. Kort daarna het die aanvallers ʼn skoot geskiet en Greg is in sy linkerbeen onder die heup getref. Hy het ook op die grond geval en die kamerdeur toegeskop. Die aanvallers het vier skote in sy rigting geskiet voordat hulle uit die huis gevlug het sonder om enigiets te steel.

Greg se wond. Foto: Verskaf

Greg se wond. Foto: Verskaf

“Ek weet nog nie hoekom hulle so skielik daar weg is nie. Dalk het iets hulle afgeskrik of dalk het hulle gedink Greg was gewapen,” het sy bygevoeg.

Leverne het op haar man se selfoon hulp ontbied. Hulle het hulself in die kamer toegesluit totdat beamptes van ʼn veiligheidsmaatskappy by die toneel opgedaag het.

Greg is aanvanklik met ʼn ambulans na die Carletonville-hospitaal geneem waar hy in die ongevalle-eenheid opgeneem is. Leverne het by die huis gebly terwyl die polisie tot ná 22:00 op die toneel besig was.

“Toe ek daarna by die hospitaal kom het hy nog in ongevalle gelê. ʼn Dokter het toe eers daar aangekom om hom te ondersoek. Sy wond was darem skoongemaak en hy het iets vir pyn gekry, maar hy was teen daardie stadium baie ongemaklik. Daar was ook bebloede linne in die saal, en hy wou nie langer daar bly nie. Hy het homself uitgeboek.”

Leverne het gesê Greg kom van Amerika af en het sy regterbeen in 2010 verloor ná ʼn motorongeluk daar. “Hy het sy been weens ʼn dokter se nalatigheid verloor. Hy was daarom baie benoud dat so iets weer kan gebeur met sy oorblywende been.”

Die egpaar is terug na hul huis en het probeer om te slaap, en is Woensdagoggend vroeg saam met hul huisdokter deur na Potchefstroom. “Hy kry baie goeie behandeling hier. Hy sal binnekort ʼn operasie ondergaan om die koeël te verwyder,” het sy gesê. Sy het gesê hy het vanoggend baie pyn gehad, maar hy voel beter nadat hy medikasie by die hospitaal ontvang het.

Greg tree gereeld saam met ander countrysangers soos Lance James en Sande Lee op. Sandy het ná die voorval op Facebook uitgevaar en gesê dit is slegs ʼn kwessie van tyd voordat iemand ʼn geliefde se begrafnis moet reël weens verdagtes wat beurtkrag tot hul voordeel gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

V ·

Dit is nou presies wat die regering en sy barbare wil he deur die misbruik van beurtkrag om nog meer mense aan te val.

V ·

Dit is nou presies wat die regering en sy barbare wil he deur die misbruik van beurtkrag om nog meer mense aan te val.

antonie ·

Mense moet asb. altyd paraat wees, die agtergeblewenes kan jou aanval enige tyd , beurtkrag of nie, moenie mak word in die nuwe sa nie, hulle is nie vriendelik nie- hulle sal jou vermoor om die mag (en hulle sin) te kry

Bets Roos ·

Ons is nerens meer veilig nie! Ek wens Zuma wil wakker skrik en iets doen om al die moorde te laat end kry! Maar apartheid kry mos die skuld vir alles! Solank hy en sy korrupte kabinet hulle self verryk gee hy nie ‘n duiwel om nie. In die Apartheids jare was daar nie soveel probleme nie.

Swanna ·

Zuma en kie is wawyd wakker. Hulle hou ons dop met groot oë en kyk hoe ons reageer op elke plaas aanval of met die beurtkrag. Elke gebeutenis word goed dopgehou om te sien wat is die reaksie van die publiek veral wit. Wees maar paraat en moet nie aan die slaap gevang word nie. Jammer ou Greg ,jy is ‘n held al het hulle probeer om jou enigste been ook nog te neem. Sterkte!.

Audrey ·

Ons bly julle is veilig, wees altyd paraad en bly agter geslote deure, beurt krag of nie.

Jean ·

Bets zuma is wakker en n dom akker maar hy is wel bewus van die moord op blankes , hy en sy comrades gee net nie om vir elke blanke wat dood gemaak word nie inteendeel ek glo dis presies wat hul wil he so hoekom sal hul optree of vra jouself eerder hoekom is hul nie so gretig om op te tree nie.?!

Deon Capes ·

Regtig jammer om te hoor en ek hoop hulle vang die gespuis wat verantwoordelik is. Moet ook net noem dat ons beurtkrag gisteraand hier in Kaapstad gehad het tussen 20:00 en 22:30. In daardie tyd is ons tuinslang van ons grasperk af gesteel. Dit sou nooit normaalweg gebeur nie omdat my sekuriteitslig aan sou gaan as iemand voor my huis beweeg. Dankie eskom – ek wonder hoeveel mense is al dood of beroof as ‘n direkte gevolg van beurtkrag ?

Corrie Steyn ·

Ons het die aanvalle op blankes sien kom, dit gaan al ernstiger raak solank die beurtkrag aanhou, waar ek bly in Boksburg Witfield is daar gedurig beurtkrag, en dan sien jy baie van die mense rondloop en huise bekyk,die kompleks waarin ek bly is omring met elektriese drade maar wat help dit as daar nie krag is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.