Countrysangeres se pa geopereer ná erge aanranding

Jan Minnaar Dinsdag ná sy operasie. Foto: Verskaf

Jan Minnaar Dinsdag ná sy operasie. Foto: Verskaf

Die countrysangeres Mari Minnaar se pa moes Maandag ʼn vyf uur lange operasie ondergaan nadat hy Vrydagmiddag by ʼn vulstasie buite Rustenburg in Noordwes aangerand is.

Maroela Media het vroeër berig Jan Minnaar (68), ʼn pensioenaris wat op ʼn kleinhoewe buite die dorp saam met sy vrou, Corrie, woon, was Vrydag by die vulstasie om koeldrank te koop. Hy het pas sy twee kleinkinders, ʼn 11-jarige seun en driejarige dogter, by die skool gaan oplaai en hulle was saam met hom.

Die drie mans het glo by die stasie amok gemaak en onder meer op twee vroue, wat ook kinders by hulle gehad het, geskree en hulle geïntimideer. Minnaar is deur twee van die mans aangerand toe hy tussenbeide wou tree om tot die vroue se redding te kom. Die mans het in twee voertuie van die vulstasie weggery.

Minnaar is ná die aanval na die Life Peglerae-hospitaal geneem waar hy in die waakeenheid opgeneem is. Albei sy wangbene is vergruis en sy neus en oogkasbene gebreek.

Liza Fitchat, Minnaar se dogter, het Dinsdag aan Maroela Media gesê haar pa moes Maandag ʼn vyf uur lange operasie ondergaan om die skade aan sy gesig te herstel. Sy wangbene is opgebou en plate moes ingeplant word. “Hy het nog baie seer en sy gesig is erg geswel. Dit is vir ons baie hartseer om hom in soveel pyn te sien. My pa kon dood gewees het as hy nie van die houe kon keer nie,” het Fitchat gesê.

Die Rustenburg-polisie ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Intussen stroom boodskappe van bemoediging en ondersteuning uit verskeie oorde vir Minnaar in.

Mari Minnaar, wat tans vir optredes in Kaapstad is, het namens haar pa en die familie hul dank vir almal se bystand, hulp en omgee uitgespreek. “Ek is so bly om te sien dat mense nog kan saamstaan. My geloof in die mensdom is versterk gedurende hierdie tydperk. Ek waardeer almal van julle en my gebede is met julle almal,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Gertjie ·

Hulle moes verseker vuisysters aan gehad het want met jou vuiste kan jy nie soveel skaade aanrig nie.

Thea Gerber ·

Ag nee wat as jy begin 60 se kant toe staan, breek ‘n mens se bene makliker.

Rosa ·

Nee hulle het nie yster nodig gehad nie. Ek het suurstof tekort en ek kneus verskriklik maklik, lyk of ek in ‘n ongeluk was – ek’s oor 60. Dis uiters barbaars en die varke is gelukkig ek ken hule nie. Ons wens die man sterkte & algehele herstel toe. Dit breek mens se hart om sulke dinge te sien en ek stem dat die publiek gewys word hoe erg dit is.

Sê-maar-net ·

Ek dink nie dis reg dat sulke foto’s geplaas word nie. As dit ék was wat so verniel was, sou ek nie wou gehad het die hele wêreld moet my so sien nie. Dis is baie sleg wat met die arme man gebeur het, maar ek voel die plasing van sulke materiaal tas sy menswaardigheid aan.

Landi Slatter ·

Dagsê Sê-maar-net,

Dankie vir jou terugvoer. Mnr. Minnaar se dogter het vir ons die foto’s aangestuur, juis om vir die publiek te wys hoe ernstig die aanval was. Ons probeer om dit met die nodige sensitiwiteit te hanteer, sonder om die voorval te sensasionaliseer.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Jakkalas ·

Ek hoop die vulstatsie het kameras en die skuldiges kan vas getrek word. Ek hoop hulle” word gery tot by Daantjie in die kalwerhok”. Om ‘n ouman aan te rand is rerig laafhartig.

arizona ·

Ek kan net nie verstaan hoekom hulle die twee steroids mannetjies nog nie vas getrek is nie. Hulle gevrete is oral op FB en in die koerante. Hulle families weet waar hulle is en beskerm hulle. Ek sien op FB daar is mense wat hulle soek en ek praat nie van die SAP nie. Onthou net familie lid, hierdie cowboy wannabies het n ou weerlose mense verniel. Daar is nie n naam vir hulle nie. Mag die Hemelse Vader saam hulle wees as hulle gekry word. Ek dink n muis gat gaan te klein wees vir hulle om in weg te kruip.

Annie ·

Gerd Lourens hulle fotos was gister of faceboek gewees, weet nie hoekom wys Maroela Media hulle nie ook nie, miskien kan hulle vinniger vasgetrek word, en hoekom hulle wegsteek vir die publiek hulle was mos nie skaam om te doen wat hulle doen nie, Hoop hulle word vinnig vasgetrek en dat hulle ook so bietjie baie seer gaan kry.

Knersus D ·

Hi Annie, waar op Facebook? Ek sal hulle graaag onder oge wil kry!

Abel ·

Hulle is te siene op Rustenburg se “Staan Saam Rustenburg” facebook blad. Hoop en bid ook hulle word sommer vinnig vas getrek…….

Gideon ·

Maroela hoekom wys julle nie die foto’s nie?? Dit is tog twee blanke mans ouer as 18!!

petro ·

Spesifiek aan ‘se maar net’. Ek wonder maar net wat jy sou gedoen het as dit jou pas was wat so aangeval was. Dankie aan Maroela media en aan Jan se dogter vir die plasing van sulke fotos, dit is wat ons atent maak op al die bollie wat in hierdie land van ons aangaan en die tyd het aangebreek dat ons deur die media terugbaklei teen sulke voorvalle. Aan Jan Minnaar en sy gesin sterkte mense julle is in ons gebede. Hoop die twee booswigte word sommer gou gevang en dat hulle kennisse na vore sal kom en hulle identifiseer.

Net my mening ·

Hul fotos mag nog nie deur media versprei word voor hul nie aangekla is nie. Maar ja hul fotos is oral op sosiale media!!!!

Annie ·

As hulle fotos versprei en gewys word sal hulle vinniger gearresteer word en aangekla ka word, hulle dink nou hulle is heroes want niks is nog aan hulle gedoen nie.

Mads ·

Kyk op Fleetwatch se Facebook blad. Daar is baie duidelike fotos van die twee

foxi ·

Goeie genugtig….ek is verstom om te sien hoe twee jong lafaards n middeljarige oumens so kan aanrand! Nou wonder ek of hulle hul ouers ook so aanrand? Dit is ook n feit dat Rustenburg wel bekend is vir dwelmsmouse. Kon wees dat hulle onder daardie invloed was.
Sulke jong lafaards moet jy die sambok gebruik op hulle.
Sterkte Mnr Minnaar, ek hoop u herstel vinnig.

ND ·

Hulle verdien GEEN GENADE nie of hulle high of gesuip of wat was dis geen verskoning om n bejaarde so erg aan te rand nie.

Albert Hoffmann ·

Is ons polisie regtig so traag – of moet iemand eers vermoor word om aksie te kry?Hoop dat die volgende berig sal rapporteer dat die kriminele in ‘n tronksel saam met soortgelyke kriminele opgesluit is. Dan kan hulle na hartelus met hulle portuur baklei.

Bielie ·

Die fotos is op FB en die aanranders sal gou vasgevang word.

ADK ·

Mense, hier het ons te doen met die gemors van die aarde. As jy aan ou mense kan slaan sal jy jou eie ouers ook slaan. Hierdie tipe hoort agter stralies!!!! Maroela, hou ons asb op hoogte met die verloop van sake.

Oni ·

Om n oupa so te verniel en dit voor sy kleinkindertjies. Ek kan my indink hoe rand daardie lummels hul vroue en kinders aan.

anita carstens ·

Almal weet wie hulle is..hoekom nog nie gearresteer en toegesluit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.