Covid-19: 108 dae later en SA ‘steeds onvoorbereid’

Pres. Cyril Ramaphosa tydens Sondagaand se toespraak. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Ná 108 van algehele afsondering is Suid-Afrika oënskynlik steeds nie gereed om die Covid-19-pandemie die hoof te bied nie. Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat ʼn algehele verbod op die verkoop van alkohol dadelik weer in werking tree en het weereens ʼn aandklokreël ingestel.

Ramaphosa het Suid-Afrikaners ook afgeransel omdat hulle nie by die regulasies hou nie.

Regering steeds onvoorbereid

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê Ramaphosa het met sy aankondiging oor die verskerping van regulasies erken dat die regering misluk het in sy pogings om die virus suksesvol te bekamp. Groenewald sê dit dien as bewys dat die regering in die duister rondtas om oplossings te probeer vind en dat hy voortgaan met irrasionele regulasies ten koste van die land se ekonomiese oorlewing.

“Dit is ook duidelik dat daar verskillende maatstawwe vir verskillende sektore is. Die taxibedryf word byvoorbeeld toegelaat om teen volle kapasiteit te funksioneer terwyl die virusverspreiding besig is om sy piek te bereik, terwyl die restaurantbedryf, wat grootliks van drankverkope afhanklik is om sake te doen, nou ʼn verdere nekslag toegedien word.”

Groenewald sê Suid-Afrikaners het oor langer as drie maande baie opgeoffer om die regering die geleentheid te bied om die gesondheidstelsel gereed te kry vir die piektydperk van die virus, maar die staat kon dit doodeenvoudig nie regkry nie.

“Die rede hiervoor is tweevoudig: Die land se openbare gesondheidstelsel was in ʼn haglike toestand voor die koms van Covid-19 en daarna was die periode om gereed te maak gekenmerk deur ʼn vlaag van korrupsie en bedrog terwyl drakoniese en irrasionele regulasies die gesondheidstelsel se vermoë om voor te berei, verder gekortwiek het.”

Groenewald sê die president het erken dat die regering nie bestaande, basiese protokolle soos die dra van maskers suksesvol kon afdwing nie, maar veel moeite gedoen is om onsinnige regulasies af te dwing soos om mense op strande in hegtenis te neem. “Die ANC-regering het na 26 jaar aan bewind gewys hy is onbevoeg om te regeer. Die land se ekonomie is vernietig, munisipaliteite is disfunksioneel en staatsondernemings is bankrot. Dit moet daarom nie as ʼn verrassing kom dat die regering op dieselfde wyse misluk het in sy poging om Covid-19 te bekamp nie.”

Ramaphosa soek ‘sondebok’

Een van die Wes-Kaap se tydelike veldhospitale. (Foto: Twitter)

John Steenhuisen, leier van die DA, het in reaksie gesê Ramaphosa is só vasbeslote om enige aanspreeklikheid vir die regering se mislukkings te omseil, dat hy die skuld daarvoor nou probeer pak op presies dieselfde burgers wat hy versuim om te beskerm.

Hy sê die alkoholverbod en aandklokreël is ook ʼn poging om die aandag af te lei van die regering se versuim om behandelingsfasiliteite en toetskapasiteit te vermeerder.

Volgens hom stel Ramaphosa nie net mense se inkomste nie, maar ook hul lewens in gevaar nadat hy Suid-Afrikaners gevra het om groot opofferings te maak sodat die regering op die pandemie kon voorberei.

“Die land het geantwoord, maar die regering kan niks daarvoor wys nie.”

Die DA sê daar is benewens die veldhospitale wat in die Wes-Kaap opgerig is en ʼn enkele veldhospitaal in die Oos-Kaap wat deur die private sektor opgerig is, nie ʼn enkele operasionele veldhospitaal in enige van die ander provinsies nie.

Steenhuisen sê die DA-geleide Wes-Kaap het sy gesondheidsorgstelsel versterk en infeksies bestuur met ʼn aggressiewe en gefokusde toetsprogram en só die kurwe afgeplat en openbare gesondheidsorg verbeter.

In die Wes-Kaap is daar in hierdie stadium steeds plek in hospitale terwyl infeksies die piek bereik, terwyl die mense in ANC-geleide provinsies veg vir suurstof en hul lewens en die geld wat openbare gesondheidsorgsentrums moes versterk, vermors is.

Steenhuisen sê pleks daarvan dat toetse gedoen, kwarantynfasiliteite, hospitaalbeddens, suurstof en versorgers vermeerder word, is daar die gewone korrupsie en verdagmakery.

“Die argument dat alkoholverwante trauma die stelsel onder druk plaas, is ʼn verskoning en ʼn toesmeerdery van dié versuim. Alkohol is die sondebok, nie die oorsaak nie. ʼn Aanklokreël skep die illusie van beheer, terwyl die regering duidelik geen beheer oor die ware kwessie – behandeling en toetse – het nie.

Die DA het ook die verbod op besoeke aan familie verwerp en vra die vraag oor hoe dit wettig kan wees om ʼn casino of kerkdiens saam met 49 ander mense by te woon, maar onwettig is om jou eie familie te besoek. Steenhuisen sê dit ondermyn die reg op waardigheid en dit wat van mense mense maak.

Hy sê ʼn meesterplan is nodig om behandeling en voorkoming te versterk en dat die regering die private sektor om hulp moet vra.

“Skrap planne vir die finansiering van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, motorfietse en e-tol en herlei dié geld na die bou van veldhospitale en die doen van toetse.”

Steenhuisen sê groter samewerking is nodig om te verseker pasiënte het genoeg suurstof. Gratis gesigmaskers moet ook verskaf word aan diegene wat dit nie kan bekostig nie.

Geen tyd om voor te berei

(Argieffoto)

Die organisasie Sakeliga sê die regering het weer halsoorkop regulasies ingestel.

“Dit is onaanvaarbaar dat, ná maande om openbare beleidsresponse voor te berei – en met Covid19-gevalle wat soos verwag, maar teen ʼn stadiger pas as vermoed, toeneem – pres. Ramaphosa Suid-Afrika sonder ʼn oomblik se kennisgewing na moontlik die mees ingrypende afsonderingstaat ter wêreld terugskuif,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

“Die gevolg van die afsonderingstaat soos ons dit leer ken het, sal wees marginale mediese voordele en omvattende skade aan lewens en lewensgehalte, danksy die wyse waarop dit toegepas is.”

Le Roux sê sonder tyd om voor te berei of regsadvies in te win, staar boetes en tronkstraf ondernemings en die publiek nou vir ʼn vlaag nuwe oortredings in die gesig.

“Sonder kennisgewing sal duisende ondernemings – wat sopas weer voorraad ingeneem het – nie môre kan oopmaak nie en toe moet bly omdat oopmaak nie lonend is nie. Sonder om ʼn toename in Covid‑19-gevalle in hul gebiede te ervaar, sal selfs die mees afgeleë dorpe nou dieselfde verskerping in beperkinge as die mees geraakte streke ervaar.”

Hy sê polisiebeamptes moet nou boonop dadelik van een arbitrêre stel regulasies na ʼn ander oorskakel.

Sakeliga se span van regs- en beleidsontleders bestudeer tans die jongste regulasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Die regering is BAIE bang, covid, die groot gelykmaker is hier. Hulle is baie banger vir minder stemme as vir die siekte

Rina ·

Kan nie meer met jou saamstem nie. Die wat hulle self oppas gaan veilig wees en gesond bly. Die res, wel nou ja. Ek neem gaan haal nou die dag my huishulp om te keer dat sy nie hoef taxi te ry nie. Ek kon op my een hand tel, hoeveel mense maskers aanhet! Skokkend!
Dis asof baie mense moeilikheid soek! En dis ook kinders wat skool toe stap.
Nee wat, soos my een vriend altyd sê: Daar is nie pille vir stupidgeid nie!
Kom ons kyk maar wat gebeur!

Isabella ·

Taxi’s is di grootste bedreiging vr covid-19 mar CR kan dt ni stop want di taxi bedryf sal groot skade doen hul aanvaar ni eers di reels kyk hoe vol is hul taxi’s nou word ons almal gestraf en hul kan aangan mt hul bedryf..
di restaurante ht al hul reels in plek en voldoen aan di standaarde…dan wil hul pesion geld vat van hardwerkende mense se jare arbeid…red di ekonomie mt di regte besluite

john ·

Wat het julle verwag die ANC se eenigste prestasie is failure, daar word baaie gepraat maar nooit niks uit gerig nie.

Persheks Adri ·

Onbevoeg op ALLE vlakke! Reels is dubbel sinnig en hul pas dit aan soos hulle DINK hulle is slim! Plaas het hulle die belasting geld van die sigarette gevat om hospitale ens te kon bekostig, maar nee om korrup te wees is lekkerder! Gooi net geld weg en druk hul sakke vol geld. Dit gaan my verstand te bowe dat die taxi’s 110% vol gelaai word. O ja ek het al weer vergeet, dit gaan al weer oor “our people” en die regering se vingers is daar ook betrokke… Dis juis “our people” wat NIE by die reels hou NIE!!!!!

Bugsby ·

Ek wonder hoe hulle dink taxi’s met oop vensters in die koud nat weer moet ry! Dis nou so verreikend as kan kom! Die ergste vir my is dat hulle ons intellegensie onderskat. Ek word sommer verskriklik kwaad vuf die mentaliteit, sal maar 2 bloeddruk pille vandag moet vat, want voel vir my ek kan party mense se nekke gaan afdruk.

Marius ·

Die regering probeer om die oorsaak naamlik hulle self te verdoessel en alles en almal word blameer daarvoor behalwe hulself . Dit is vir my n teken dat die regering nog nooit beheer gehad het oor die Covid 19 pandemie en alles in die land in geheel . Taxis mag VOL wees solank die vensters net oop is ,
watse tipe denke is dit , regtig ???

Bugsby ·

Die tipe denke wat jy kan verwag van mense wat net eie belang optree. Dit is asof hulle glad nie eers dink dat daardie drankwinkel of restaurant op die hoek mense se inkomste is nie en dat hulle weer werkgewers is wat agv hierdie regulasies 100 de duisende mense se inkomste benadeel en met ander se psige speel. Hoekom het hulle nog nie vir ons selfmoord syfers vir die lockdown tyd deurgee nie?

PH ·

Die verbod op alkohol help dalk met die gevolge van drank maar het NIKS uit waai met voorkoming van infeksies nie.
Dink bietjie cr.

Magda ·

Kan hy dink, want soos dit nou lyk – is hy n puppet van almal in die ANC

Kobus ·

Aai, die man is darem baie slim, slimmer as wat ons almal dink. Nou het hy weer werk geskep vir die polisie en die weermag. Nou is daar weer nuwe oortredings waarvoor mense boetes gegee gaan word.

Lourens CFG ·

Én die smokkelaars lag al die pad bank toe. Geén tekort by hulle nie.
Kopdoek se smile pas net net in haar masker.

My Mening ·

Daar is so ‘n magtelose woede binne my oor al die gemors wat die onbevoegde regering aanvang en al vir baie jare mee wegkom. Ja daar word berig daaroor en vele “kenners” gee hul opinie, ens. Maar wat word gedoen???? Absoluut fiiffenall, hulle neuk voort en maak soos hul smaak en jy sal nog wraggies mense kry wat voel die regering tree op in ons belang!!!!!

Dogmanet ·

Net vanoggend ‘n groep van ongeveer 70 mense sien toy-toy in hoofstraat van Ermelo….Opmekaar en nie een met ‘n masker op nie. Waar was die polisie????Nerens te sien nie. Pleks dat hulle eerder die lot aanvat, nou soek hulle ander mense wat net by kleinkinders kuier…

Scalla ·

Covid 19 word as dekmantel gebruik om hul onbevoegdheid toe te smeer.

Rina ·

Vir hierdie rondte is dit nie apartheid se skuld nie! Jipee!

Fedup ·

Think like an idiot, act like a moron.
That’s the circus’s way.

Adam Adriaan ·

Die dag waneer die ANC( CR en sy regering ) begin dink sal hulle ‘n nuwe ervaring beleef. Hulle spartel in die donker rond. iets hou hulle vas en daar die iets wat hulle vashou; gaan hulle sterwe veroorsaak

Jax ·

Meer mense gaan van eensaamheid sterf as covid!! Die hoeveelheid selfmoorde gaan aanhou styg agv hierdie totaal onbevoegde regering!!
Ek wens net dat hierdie tellery van gevalle wil nou n ent kry. As jy regtig behoorlike statistieke wil hê, weeg dit dan persentasie-gewys op. Ons het meer as 58.8 miljoen mense in die land. Die huidige statistieke staan op: Confirmed 276K +12 058,Recovered 135K,deaths 4 079. Ek het innige simpatie met mense wat geliefdes aan Covid moes afstaan. Ek het self familie en vriende wat baie siek is.
Ek neem die hele Covid- ding baie erenstig op maar voel dat die regering die syfers verkeerd bereken en weergee. Werk op soveel persentasie van n bevolking. Die regering en die media saai onnodige paniek!
Maak als oop en kry die land weer aan die gang sodat meer mense kan kos op die tafel sit.
Ons is nie baba’s nie. Die wat nie weet hoe om hulle in n gemeenskap te gedra nie, sal wrange vrugte pluk op n natuurlike manier.
Bly tuis as jy siek is!Dra masker!Was hande

katerinadiekat ·

Well what else can one expect? The ANC cannot even run a bath without making it look like a Mr.Bean episode. But they are supposed to run a country??

Pampoenboer ·

Ek is gatvol vir Ramaposa, NDZ en Bekhi Cele se stuped reels gaan nou maar sorg dat ek my masker ophet en dan maak soos ek wil want hul straf mos net die blankes

Lourens CFG ·

Doen dit al lankal. Was jare laas ‘n kind gewees, nou weet ek hoe om oordeelkundig te wees.
(Oeps, sorry, té groot woord as een van regeringslede hier lees.)
;-()

JohanR ·

Die DA in die Wes-Kaap was al lankal reg, maar die ANC was moes met ander donker goed besig. Die hel het nou met hulle opgevang, en nou will hulle die mense van die land daarvoor blameer. En dan will die ANC spog dat hulle in die volgende verkiesing weer die Wes-Kaap gaan regeer. Die ANC sal NOOIT WEER die Wes-Kaap regeer nie! Wil nie he die plek moet weer in vyf jaar soos ‘n vark hok lyk nie!

Bugsby ·

Sobymykool jy slaan die spyker op sy kop! Toe Wes-Kaap voorgeloop het met gevalle kon hulle ook net vinger wys, maar nou is die gelykmaker in hulle geliefdes se areas en dit gaan beslis vir hulle verreikende gevolge inhou.

Pieter ·

En so loop baie mense vas aan die slaap hierdie ANC komuniste gaan plunder tot daar niks oor is nie. Die virus pla hulle nie hulle kyk nou waar kan hulle miljoene skep

Mariana ·

Wanneer gaan die ANC gestop word………Wanneer gaan daar opgehou word om die land se mense soos kleuters te behandel……Wanneer gaan daar enige vooruitgang op alle gebiede van die samelewing wees. Maar dit is hulle oogmerk om die land se mense op hul knieë te dwing en dit gebeur reeds…..en dan wanneer daar niks oor is nie sal daar weer gebou word…..maar wanneer is genoeg nou genoeg?

Lourens CFG ·

Kyk, hulle voorvaders het altyd “nuwe” blyplek gaan soek wanneer dit dorre land oor is waar hulle bly.
SA is nog nie só dor nie.

koos10 ·

Twee holgeryde aanhalings kom dadelik weer by my op, Dankie CR, dat jy my maak daarvan onthou:

1. All animals are equal, some more equal than other.
2. CR, you can fool all the people some times, you can fool some people all the time, but you cannot fool all people all the time.

Schalk ·

So as die regering kan finansiëel oorleef sonder belastinginkomste uit alkohol en sigarette, hoekom betaal ons dit dan ? Die regering lyk my het die belasting nie nodig nie.

koos10 ·

Schalk, ek het dit in die begin van die ban genoem. Ons rokers en drinkers moet net eenvoudig aanhou om die produkte te koop wat nie belas is nie.

Objektief ·

Tekort aan beddens??? Daar staan n nuwe hospitaal in Kemptonpark wat deur die ANC gesluit is en total verwaarloos is. Kon hulle dit nie opknap in 108 dae nie?

Faye ·

Reeds amper R50m gemors op 2 staatsbegrafnisse en sowaar hier kom seker nog een – en dit nogal ‘n Mandela! En dit terwyl miljoene wonder waar kom volgende bord kos vandaan. Wonder net waar is die miljaarde rande wat president so vrylik belowe het tydens begin van lockdown maar nou is ons land so te se bankrot so geld is weg! En is al die ministers se salarissse toe met 1/3n verminder word – seker net ‘n swak grap? Taxis het oorlog gewen (Seker ook ‘n stywe goue hand vol geld ontvang) – hulle prop taxis vol maar ons mag nie by ons gesinne kuier tensy ons mekaar in restaurant kry?? Wanneer val hierdie “gravy train” se wiele af?

MrMagic ·

Dit is gelukkig nou nie meer lank nie dan is groet ons die ANC en EFF vaarwel. Sien al hoe meer mense is gatvol. Selfs die swart burgers het begin met bewusmaking om die oningeligtes op die regte pad te kry.

Willem ·

Kan ons nie eise insit teen regering omdat hul gefaal het om gesondheid sorg te voorsien

Luister ·

Woohoo! Hier gaan ons vir nog ‘n rondte op die mallemeule!

Jurg ·

108 dae verder en nog steeds moet my terminaal siek vrou hoor jammer jy mag nie die dr sien nie. Kanker is een verskriklike siekte. Tyd dat die bom bars onder al die skelm ministers. Wat het geword van die sg hofsaak wat al die beperkings ongrondwetlik verklaar het. Nou nog meer onlogiese beperkings.

johanf ·

Sterkte, jammer om te hoor, my niggie, enigste, oorlede verlede week……..

Prikkie ·

Hulle stel ‘n hoogs gekwalifiseerde groep mense aan om hulle van raad te bedien en steur hulle dan hoegenaamd gladnie aan die raad nie. Nou hoe nou?

As hulle na die kenners geluister het sou hulle teen die tyd besef het, jy kan nie die virus klop sonder om mense op te voed en landsburgers te oorreed om ten bate van hulself uit vrye wil saam te werk nie.

Mense moet opgevoed en onderrig word, dan sal hulle saamwerk, maar nee, ons hou liewer padblokkades en pla mense wat wettig op die pad is.

Pieter Rubeus ·

Die ANC bewys nou dat hul geen beheer het oor hulle eie kadres nie. Vat so katvis. Julle eie stemmers sal jul uitsorteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.