Covid-19: 23-jarige vas ná video soos veldbrand versprei

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie het ʼn 23-jarige man in hegtenis geneem vir die oortreding van die regulasies van die landwye afsonderingstydperk.

Brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, het gesê die video wys hoe twee jong mans in die strate van Pretoria ry terwyl die een jong man deurlopend vloek en grappies maak oor Covid-19 en ook spog oor hoe hulle nie gehoor gee aan die regulasies wat ingestel is nie.

“Ek vat tik buite die Lyttelton-polisiestasie, wat nou?” sê die jong man voor hy weer erg begin vloek. Hy sê herhaaldelik dat hy nie omgee oor die koronavirus nie en dat hy en sy broer steeds buite in die strate is ondanks die afsonderingstydperk.

Volgens Naidoo het verdere ondersoek na die video die polisie na ʼn kompleks in die Lyttelton-polisiëringsgebied gelei waar die verdagte in hegtenis geneem is.

“Die verdagte sal waarskynlik teregstaan op aanklagte wat ten minste verband hou met die oortreding van regulasie 11B (waarvolgens mense moet tuis bly en net die huis mag verlaat vir noodsaaklike dienste en goedere). Hy is tans in polisie-aanhouding en sal na verwagting Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.”

Ses ander verdagtes is ook reeds in hegtenis geneem oor soortgelyke video’s en fopnuus, het Naidoo gesê. “Dit moet ʼn herinnering wees dat die veiligheidsmagte wat die regulasies afdwing om Covid-19 te beperk die vermoë het om diegene wat verantwoordelik is vir sulke oortredings te identifiseer, maak nie saak hoe lank dit vat nie.”

Naidoo het egter benadruk dat die regulasies nie afgedwing word om mense te straf nie, maar om lewens teen die Covid-19-pandemie te beskerm.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Michael 1 ·

Om dom te wees is blykbaar vir party ledige mense n tydverdryf.

Strandloper ·

Mooi man…net jammer die veiligheids magte moor meer uit as die virus…of nie?

Chris ·

Ek het ook die video gesien. Die eerste gedagte wat by my opgekom het, waar kom die kinders vandaan. Waar het hulle die spoor byster geraak. Dit is ongelukkig die produk van ‘n samelewing wat uitgerafel het. Die mense (wittes) moet ophou kerm en kla oor die huidige stand in die land. Ons (wittes) is baie keer ons eie grootste vyande. Die optrede van die twee knape is onverskillig en gaan hul duur te staan kom.

Oros Soros ·

Maksimum vonnis is gevangenisstraf van nie meer as 6 maande nie.

Anel ·

Daar is nou regtig nie pille vir domgeit nie, en lyk my die stropies is ook klaar.

Hendrik Johannes Nel ·

Hannes ek weet nie wat die ras van die oortreders was nie en gee ook nie om nie. Die punt is dis wetteloosheid waarvoor ENIGE oortreder moet boet

Elsa ·

Skrop hul monde uit met Jik. Gemeenskapsdiens by ñ hospitaal.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek sien in die Britse pers dat die woord “Covidiot” gebruik word om sulke idiote te beskryf. Dalk kan ons mense ‘n mooi een in Afrikaans uitdink? Wat van “Covisot”?
My gevoel oor die twee jafels is dat tronstraf nie gaan werk nie. Stuur hulle om ses maande lank lyke te was by die Staatslykshuis.

Adam Adriaan ·

Dit is jammer dat daar nie meer ‘n vonnis van laatjies opgelê word nie, want as dit nog gegeld het moet, die landros die knape vonnis tot ses van die bestes. Ek waarborg die knape, nooit maar nooit sal hulle hul weer skuldig maak aan ongehoorsaamheid nie, nadat hulle by die polisie stasie opgedraf het sodat, hulle basse oopgeklowe word.

Kosie ·

Ek het nie die video gesien nie en stel ook nie daarin belang nie, maar is die feit dat almal die imperkings volg nie ‘n aanduiding van die vrees wat aan almal bemark is nie? Ek meen, gestel iemand gaan draf met sy honde, wat het dit tog nou te doen met die oordrag van die siekte? As jy bang is jy word siek, bly in jou huis, maar wat kry mens nou? Nee, nou kry jy skielik ‘n spul “balkon polisie” wat enige iemand wat die imperkinge oortree wil gaan aankla. Ek persoonlik dink die hele corona histerie is totaal oordrewe en dat die imperkinge opgehef moet word. Die vernietiging van ons brose ekonomie gaan baie meer sterftes tot gevolg het as die “siekte”. Wanneer begin mense beoordeel of die medisyne nie dalk baie erger is as die siekte nie?

Gawie ·

Kosie, wat jy eintlik wil sê, is dat die inperking reg is, maar dat elkeen die reg moet hê om self te besluit hoe hy dit gaan toepas? Dis juis waar alles uitrafel, want dan beteken die hele ding niks. En nee, hulle het nie vrees aan ons bemark nie, hulle maak net staat daarop dat mense hul gesonde verstand gaan gebruik. Vrees kom van binne – niemand kan jou bang maak nie, dis jyself wat die vrees toelaat in jou lewe.
Die inperking reëls geld vir almal.

Gawie ·

Ek het toevallig die video gesien – maggies maar die kind kan vloek! My ma sou lankal sy mond met seep uitgespoel het! Neewat, hy moet maar die gevolge van sy dade dra. Hy was lekker grootbek in die video, nou moet hy maar daardie selfde grootbek voor die regter ook rek.
Daar is ook ‘n opvolgvideo waar hy verskriklik om verskoning vra vir die goed wat hy gedoen en gesê het, maar dit lyk vir my meer dié video is gemaak net omdat hy uitgevang is, nie omdat hy regtig jammer is nie.

Stof ·

Neem net kennis dat nie almal wat jy op straat sien, wederegtelik daar is is nie. Ons terapeute MOET rondbeweeg, juis as deel van die oplossing. Nie almal wat op straat is dus wederegtelik daar nie. Nooddienste voorsien selfs ons brandstof. Is hulle verkeerd daarin? Maar steeds, word ons so maklik veroordeel.
Mag elke leser se dag ingekleur wees in hul gunsteling skakering, en guns en seën, elkeen se deel wees vandag.

Niklaas ·

Blykbaar is hierdie Tik gemors baie gevaarlik. Daar moet gepaste strawwe wees vir misbruikers daarvan. Hierdie knaap moet ‘n les geleer word.

Emily ·

Dis agv sulke idiote wat nie kan dink nie Wat die lockdown kan uitstrek.
En wat mense betref wat met hul honde gaan loop, Ja ek verstaan jou frustrasie, Maar daar is dalk net die een persoon wat dit het en homself afsonder, wat dink hy gaan gou vir n wandeling en hy loop in jou vas.
DAN kry jy dit en gaan steek jy almal by jou huis aan.
Liewe hemel mense gee tog gehoor asb, Ons kan nie almal by die huis sit nie. Ons kry nie salaris as ons nie werk nie, So hoe gouer mense gehoor gee, Wie weet hoe gouer lig die Lockdown.
Se maar net.

Realis Thailand ·

Ek het geen simpatie vir hulle
Hoop hulle word swaar gestraf en kom nie los met die flou verskoning is a dwelmverslaafde nie
As hulle onder die invloed van verdowingsmiddels was het hulle dit self veroorsaak.Ek glo nie die storie verslaaf aan drank of verdowingsmiddels
Dis eenvoudig n swak karakter en geen wilskrag nie.

daniel ·

Dit maak nie sin dat nie essensiele invoergoedere die land mag binnekom., maar plaaslik vervaardigde goedere is table. Wie word bevoordeel?.

Sonneblomkind ·

Die nagevolge is ernstig. Almal hou by die reels. Wie gee hom die reg om ander in gevaar te stel. SELFSIGTIG

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.