Covid-19: 3 Pretoriase klinieke tydelik gesluit

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Drie klinieke in Pretoria is vandeesweek tydelik gesluit nadat personeellede die nuwe koronavirus opgedoen het.

Die Stad Tshwane het Donderdag in ’n verklaring gesê ’n verpleegster by die Folang-kliniek in die weste van Pretoria en ’n verpleegster by die Silverton-kliniek in die ooste van die stad het onlangs positief getoets vir Covid-19. In Rosslyn het ’n personeellid by die Rosslyn-kliniek ook positief getoets vir die virus.

Dié klinieke sal nou tot eerskomende Maandag gesluit wees sodat die fasiliteite ontsmet kan word, het die Stad aangekondig.

Luidens die verklaring is die betrokke personeellede daagliks by hul werksplekke vir Covid-19 nagegaan. “Volgens die daaglikse siftingsverslae was al drie asimptomaties,” het die Stad gesê.

Die twee verpleegsters het ook daagliks persoonlike beskermingstoerusting gedra.

Maroela Media het vroeër berig altesaam 83 890 persone in Suid-Afrika het tot dusver positief getoets vir Covid-19 waarvan 44 920 persone (53,5%) reeds herstel het.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Kliek hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wonder net ·

Nou wil ek weet, aangesien hulle Asimptomaties, wat het hulle laat besluit om te laat toets? Was dit standard toetsing deur die kliniek, of het hulle later simptome gewys?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.