Covid-19: Aktiewe gevalle neem toe

Verpleegsters by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg. (Foto: GCIS)

ʼn Totaal van 2 750 Suid-Afrikaners het Saterdag positief getoets vir Covid-19. Dit is effens minder as die sowat 3 000 gevalle wat die voorafgaande twee dae daagliks aangeteken is. Dit volgens statistieke wat gisteraand deur die minister van gesondheid bekendgemaak is.

Altesaam 32 717 mense het tans Covid-19. Dié syfer styg die afgelope maand stelselmatig; op 20 April het nagenoeg 20 000 mense die siekte onder lede gehad. Die grootste toename in aktiewe gevalle binne 24 uur is in Gauteng, van 7 186 tot 7 579, en die Noord-Kaap, van 5 171 tot 5 562, aangeteken. Dit is ʼn toename van amper 500 gevalle in elk van dié provinsies.

Die parlementêre komitee vir gesondheid het Saterdag sy kommer uitgespreek oor die spoed waarteen gevalle in die Noord-Kaap, en veral in die Kimberley-omgewing, toeneem.

In die Vrystaat het aktiewe gevalle van 5 041 tot 5 305 toegeneem.

Die Oos-Kaap het die minste aktiewe gevalle (327).

 

ProvinsieAktiewe gevalle
Oos-Kaap327
Vrystaat5 562
Gauteng7 579
KwaZulu-Natal5 692
Limpopo416
Mpumalanga1 109
Noordwes4 462
Noord-Kaap5 562
Wes-Kaap2 265

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dirk Mostert ·

Aktiewe gevalle: Diegene wat positief getoets is, met of sonder simptome, wat sedertdien negatief getoets het, nie noodwendig hospitaalgevalle nie. Vir perspektief, S.A. met ‘n bevolking van 58 miljoen plus ongetelde migrante en gemiddelde lewensverwagting van 65.3 jaar, kan minstens 888,000 sterftes per jaar verwag of 2,433+ per dag. Covid-19 se impak word oordryf.

MakersMark ·

Op watter beginsels en scenario’s gebaseer ? Dat almal wat sterf sterf aan CV19 ? Wat van die “addisionele dodetal” van oor die 150 000 mense wat tussen April 2020 en Maart 2021 gesterf het maar sonder enige duidelike rede ? Volgens mediese kenners word die dodetal agv CV19 totaal onderskat. Stoei bietjie statisties met daai een.

JBN ·

Ja die Indiese regering het dit blykbaar gratis beskikbaar gestel aan sy bevolking. Ek wonder of dit gehelp het.

Pietertjie ·

Dit raak nou winter. Ek hoor verkoue en gewone griep is ook besig om toe te neem.

Janinke ·

Ons is woonagtig in die NK.Het kinders in die skole hier. ‘n Geneesheer hier het aanbeveel dat Kerk dienste en samekomste (Pinkstertyd) gestaak moet word oor die hoë getalle wat in ons dorpie toeneem! Maar skole moet oopbly… en ook daar is positiewe gevalle gewees. Ons sukkel al vir ‘n week om antwoorde uit een van die skole te kry waar protokol swak gevolg word, deur onderwysers en kinders, maar kry geen terugvoering nie.Ons is ‘n hele klompie ouers wat nie gelukkig is dat kinders in die omstandighede moet skool toe gaan nie, kry verskeie boodskappe van rye mense wat by drs spreekkamers sit en wag om getoets te word of reeds siek is.

KB ·

Hou op om alewig die kerke te wil sluit…dis dalk juis wat die wêreld regtig nodig het, naamlik oop kerke met gelowiges binne in die kerk.

KB ·

Berig nou oor werklike nuus vir ‘n slag, asb.

Hierdie propaganda is lankal afgesaagd.

KB ·

En julle glo die syfers van Mpumalanga, Limpopo en die OosKaap???

Enigeen kan met syfers speel…hierdie “amptelike” syfers is myns insiens belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.