Covid-19: Al meer tronkbeamptes steek aan

Argieffoto Foto: veooz.com

Meer as 1 000 gevangenes en tronkbewaarders het nou al Covid-19 opgedoen, met die meeste gevalle in die Oos-Kaap.

Syfers wat die departement van korrektiewe dienste Vrydag bekendgemaak het, wys dat 1 059 Covid-19-gevalle tot dusver in Suid-Afrikaanse tronke aangemeld is, met net meer gevangenes (638) as bewaarders (421) wat die virus opgedoen het. Meer bewaarders het egter in 24 uur positief getoets as gevangenes.

Die departement het sedert Donderdag 34 nuwe gevalle aangeteken, waarvan 28 bewaarders was en ses gevangenes.

Die meeste nuwe gevalle (14) is in die Oos-Kaap aangeteken. Dié provinsie het reeds 647 gevalle in tronke aangemeld, waarvan drie mense weens Covid-19 gesterf het. Gauteng het die tweede meeste nuwe gevalle gehad (10), wat die totale getal Covid-19-gevalle in tronke in dié provinsie op 49 te staan bring, met geen sterftes nie. In Gauteng het 28 tronkbewaarders die virus opgedoen teenoor 21 gevangenes. Die Wes-Kaap het agt nuwe gevalle aangedui, waarvan almal tronkbeamptes is. In dié provinsie het 263 beamptes en 85 gevangenes al positief getoets vir die virus. Vyf van dié pasiënte is sedertdien oorlede. Twee nuwe gevalle is in KwaZulu-Natalse tronke aangemeld, waar nege Covid-19 gevalle in tronke tot dusver aangemeld is.

Die regering spreek lank reeds sy kommer oor Covid-19 in tronke uit. Weens die oorbevolking van tronke is dit moeilik om behoorlike sosiale afstand te handhaaf en duisende verhoorafwagtendes is reeds om dié rede die afgelope maande vrygelaat.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Spyker ·

Dit wil voorkom of hande was, maskers en afstand nie eintlik werk nie.

Rodger17 ·

As jy sien hoe bewaarders heeldag in die dorp rondhang is dit te verstane,meer in dorp as by werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.