Covid-19: Amper 100 nuwe gevalle in een tronk 

Argieffoto

Die departement van korrektiewe dienste het bekend gemaak dat 98 gevangenes in ʼn tronk in Oos-Londen positief vir Covid-19 getoets het.

Volgens Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, het nog ses beamptes en drie gevangenes in die Wes-Kaap ook positief getoets. ʼn Beampte het ook in Kimberley positief getoets, wat beteken daar is nou landwyd altesaam 321 Covid-19-gevalle in die departement.

“Om onmiddellike kundigheid in die bestuur van infeksies, voorkoming- en beheermaatreëls te benut, het die departement ’n mediese adviespaneel en 393 bykomende verpleegpersoneel aangestel.

“Hierdie maatreëls is ook daarop gemik om die kapasiteit van die departement in die hantering van Covid-19 te versterk, veral in die Oos-Kaap en Wes-Kaap.”

In die Oos-Kaap het 173 gevangenes en 50 beamptes reeds positief vir Covid-19 getoets en is twee sterftes aangemeld. Volgens Nxumalo het 59 van hulle reeds van die virus herstel. In die Wes-Kaap het agt gevangenes en 73 beamptes al positief getoets en is een sterfte aangemeld. Altesaam 30 van hulle het reeds van die virus herstel.

In Limpopo het twee beamptes reeds positief vir Covid-19 getoets en het een personeellid van die virus herstel. In Gauteng het vier beamptes en nege gevangenes positief getoets en het een persoon reeds herstel.

In die Noord-Kaap het een beampte positief vir Covid-19 getoets. Daar is ook een beampte wat positief getoets het by die departement se hoofkantoor.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Michael 1 ·

Die tronke gaan duidelik nie meer 150% oorbevolk wees nie in die nabye toekoms nie.

JohanEtz ·

Dié vrylating maak my naar? Is daar geen insig nie. Gevangenis is reeds in isolasie. Hou hulle daar – sodat die risiko vir besmetting nie na die gemeenskap daar buite ooorgedra word nie?

Pompies55 ·

Ek moet sê as jy kyk hoe bewaarders heeldag in die winkels en strate rondhang in hul uniforms is dit te verstane!Hulle dra die virus tronk toe.As hul meer by hul werksplek is en minder rondkarjakker in strate en winkels sal dit beter gaan

david ·

Die vraag kom steeds na vore—wat van gevangenes wat reeds Parool verdien het, maar steeds in
aanhouding verkeer.
Dit lyk of die risiko binne die tronk groter as kleiner buite die tronk…?
As 100 mense in een tronk positief getoets word, dan lyk dit net logies dis
baie gevaarliker binne as buite.
Nou wat van die Doodskis twee wie se parool eers goedgekeur is en toe weer skielik
sonder enige rede teruggetrek is (politiek?)
En ja, wat dan van Janusz Walus ……? ook politiek..?
Dit geld ook vir die Boeremag lede–doodeenvoudig politieke gevangenes…!

Hans ·

Hou hul saam met hul virus in die tronk en moet hul nie die samelewing se verantwoordelikbeid maak nie

Anel ·

Hulle is vir rede daar. Hulle slagoffers het nie die kans gehad nie. Hoeveel van hulle is in elke geval nie besmet met ander virusse en siektes nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.