Covid-19: Bevelraad vergader Sondag

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Die nasionale bevelraad vir die hantering van kwessies rakende die koronavirus sal weer Sondag vergader.

Die presidensiële koördinerende raad en die kabinet sal volgens die presidensie daarna ook vergader. Daar sal na verwagting bespreek word of die aangepaste vlak 4 van afsondering, waaronder die land vir twee weke geplaas is, verleng moet word.

Daar was in dié stadium nog geen aanduiding of vlak 4 en die gepaardgaande streng afsonderingsregulasies bloot verleng gaan word nie.

Dit lyk egter nie of die aantal Covid-19-infeksies in Gauteng daadwerklik gedaal het nie en al hoe meer gevalle word boonop nou in die Wes-Kaap, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal aangemeld. Hospitale is steeds onder druk en kommer heers oor die hoogs aansteeklike Delta-variant.

Maroela Media het vroeër vandag berig Suid-Afrika het in dié stadium 208 847 aktiewe gevalle van Covid-19 nadat nog 22 910 nuwe gevalle van die virus in die jongste verslag bevestig is.

Ramaphosa het op 27 Junie aangekondig dat Suid-Afrika na ’n aangepaste vlak 4 van afsondering skuif weens ’n skerp toename in Covid-19-gevalle en die teenwoordigheid van die hoogs aansteeklike Delta-variant.

Dié vlak behels heelwat strenger afsonderingsregulasies, waaronder nóg ’n verbod op die verkoop van alkohol en ’n verbod op alle byeenkomste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

VaalDonkie ·

Hulle kan seker nie wag om ons weer soos kudde te hok nie

Johan ·

Die inperkings het geen positiewe effek nie. Dit vernietig net ons wat nog werk het se toekoms, die op wie dit n inpak kan hê steur hul eenvoudig nie daaraan nie…los nou maar, dat ons die nonsens uitry en klaarkry.

Anel ·

Ek stem 100% saam. Die land is nou al vir meer as ‘n jaar toegesluit en niks verbeter nie. Almal raak armer en die kaders ryker, en die kinders dommer. En verder lag hulle vir ons wst hulle dink hulle beheer ons. En ek was onder die indruk dat net ‘n militêre staat ‘n bevelsraad het.

Alleen Wolf ·

Net so, die term “bevelsraad, is ‘n militere term.

Maggies ·

Lyk nie of die strenger reëls enigsins die oorgrote bevolkings groep van hierdie land afskrik nie. Miskien moet mens hulle net los om in ‘n hulle groot groepe sonder maskers aan te gaan. Dan sorteer Covid se Delta-variant hulle uit

Oom Hennie Pennie ·

Hulle moet maar maak wat hulle wil en my uitlos!

Pieter ·

Dit wil voorkom of die strenger inperk-maatreëls slegs op sekere lede van die publiek van toepassing is. Die EFF en ANC hou optogte, en daar is geen “social distancing” nie, geen, of baie min maskers, die skare is aansienlik groter as die toegelate hoeveelheid, en hulle steur hul geensis aan die aandklokreël nie!!!

Intussen skitter die minister van die SAPD, en sy bende in hul afwesigheid om wet en orde te handhaaf!!! Hulle sal hulself eerder besig hou om wetsgehoorsame burgers te arresteer!!!

Jan ·

Terwyl alle wetenskaplike data toon dat inperkings meer skade as goed doen, behaag dit skynbaar die magsbeheptes om die land en sy mense verder die afgrond in te dwing.

Alleen Wolf ·

En weereens gaan hulle, hulle g@tte afvee aan goeie advies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.