Covid-19: Byna 1 miljoen gevalle in SA

(Argieffoto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 983 359 gevalle is tot dusver bevestig met 14 796 gevalle wat sedert die vorige verslag bevestig is. Altesaam 6 378 007 toetse is reeds gedoen, waarvan 52 223 toetse sedert die vorige verslag afgehandel is.

Nog 293 sterftes (115 in die Oos-Kaap, 6 in die Vrystaat, 23 in Gauteng, 27 in KwaZulu-Natal, 10 in Limpopo, 5 in Mpumalanga en 107 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 26 276 te staan.

Minstens 830 251 persone het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap16502216.8
Vrystaat615816.3
Gauteng26988927.4
KwaZulu-Natal17613117.9
Limpopo219782.2
Mpumalanga344633.5
Noordwes382413.9
Noord-Kaap246812.5
Wes-Kaap19137319.5
Totaal983359100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap668414725911079
Vrystaat2152544544975
Gauteng530524243322151
KwaZulu-Natal390113203340197
Limpopo543190842351
Mpumalanga635319381890
Noordwes577343763288
Noord-Kaap372220782231
Wes-Kaap610714659638670
Totaal26276830251126832

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.