Covid-19: Byna 700 nuwe gevalle in SA aangemeld

Grafika: Elsabe Brits.

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het nou tot 11 350 gestyg met 698 nuwe gevalle in die afgelope 24 uur aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het egter Dinsdag in sy jongste verklaring geen melding van nuwe sterftes weens Covid-19 gemaak nie. Die land se dodetal staan dus steeds op 206.

Altesaam 4 357 pasiënte het intussen herstel, wat dui op ʼn herstelkoers van 38%.

Volgens Mkhize is 13 630 Covid-19-toetse sedert Maandag in Suid-Afrika uitgevoer. Altesaam 369 697 toetse is tot op hede uitgevoer, waarvan 180 009 (49%) in die private sektor en 189 688 (51%) in die openbare sektor gedoen is. Die private sektor het tot onlangs toe nog meer toetse as die openbare sektor uitgevoer.

Die Wes-Kaap het steeds die meeste gevalle van Covid-19. Altesaam 6 105 pasiënte in dié provinsie het nou reeds positief getoets vir die nuwe koronavirus, gevolg deur Gauteng met 2 014 pasiënte. Teen Maandag het 1 796 Covid-19-pasiënte in die Wes-Kaap van die siekte herstel.

Die Oos-Kaap het op sy beurt reeds 1 504 bevestigde gevalle van Covid-19 aangemeld. Teen Maandag het 1 796 pasiënte in die Wes-Kaap van die siekte herstel. In Gauteng het 1 305 pasiënte teen Maandag van Covid-19 herstel. Herstelsyfers vir ander provinsies is nog nie beskikbaar nie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sarah ·

Flatten the curve? nee dit lyk nie so nie, level 5 moes strenger maatreels gehad het en strenger opgetree het voor ons kon gemaklik oorgaan na level 4 toe. Nou is almal in die winkels want almal het skielik klere nodig gehad op 1 Mei. En woeps, waps. vat so katvis, hier sit ons nou naby 1000 gevalle n dag….

Chris ·

Woeps waps katvis die mense het in die winkels en strate saam gedrom in level 5 Die winkels is geensins minder besig as wat dit was in level 5 of nog voor die lockdown nie. Al verskil is nou moet mense in rye staan om in die winkels te kan ingaan en sommige winkels is heel toe.

Erica ·

Die lockdown was nie of is nie ingestel om dit te stop nie. Was ingestel om die staat kans te gee om hul hospital’s in orde te kry. Ons almal weet dit is nie goed gedoen nie.

Christo ·

En………….daar is sekere groepe wat hulself eenvoudig afvee aan die regulasies. Kyk na New Zeeland. Hulle het wets gehoorsame burgers wat die regulasies eerbiedig het en hulle het nie dieselfde probleme nie.

Nell ·

Wat sal dan van Namibia gesê kan word? Ons syfers staan steeds op 16 gevalle sedert die inperking in Maart begin het, waarvan 11 herstel het en met geen sterftes nie – dit desnieteenstaande die feit dat net ‘n klein minderheidsgroep in die land hulle samehorigheid gee aan die uitvoering van die bekampingsmaatreëls en ‘n groot getal van die ”brothers and sisters” aangaan asof Corona op ‘n ander planeet uitgebreek het.

Christo ·

+/- 13000 toetse per dag. Om die bevolking te toets (1 toets vir elke burger), behoort dan so +/-11 jaar te neem.

Jan ·

Hulle moes meer RDP huise gebou het. Plaas om die geld te plunder

Chris ·

Nou wat sou RDP huise aan die virus gedoen het? Hierdie klink vir my maar baie covid

BoerSonderRoer ·

Nou is die beste tyd vir emigreer. Suid Afrika gaan nog vir 5 jaar sukkel om te herstel terwyl die res van die wereld vinnig gaan aan beweeg. Geen inenting gaan die 7 mil hiv+ mense in SA se lot verander nie.

KB ·

Hierdie SA Inperking is ‘n verdomde skande. Daar gaan Vladimir Putin (Rusland) en hy hef hul inperking op (met >10000 nuwe gevalle wat vandag bygekom het)!
Sy rede (en dit geld ook vir SA) is dat meer mense getoets word (vandaar die hoër syfer). Maar hy besef sy ekonomie ly onder die inperking. En woerts-warts is die inperking AFgeskaf!!!
Tyd vir Ramaphosa en sy emosionele NCC om wakker te word! Hoog tyd!!!

Pieter ·

Hoekom hammer media op 11,350 bevestigde gevalle?
Julle sê self 4,357 het herstel en 206 het gesterf, dus is die eintlike gevalle SLEGS 6,787.

Beskikbare data wys dat ongeveer 95% mense met COVID of nie weet hulle het dit of self tuis gesond word. Dus het RSA statisties moontlik slegs 340 gevalle wat dalk aandag benodig.

Gaan kyk na Worldometers dot info, hulle wys RSA het slegs 77 kritiese gevalle.
Ons het 600 hospitale waarin ons daardie 77 kritise gevalle kan behandel.

Hierdie ding raak net al hoe meer belaglik hoe meer mens daarna kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.