Covid-19: Derde golf nog nie hier, maar…

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Suid-Afrika is nog nie in die derde vlaag van die Covid-19-pandemie nie, maar die risiko is daar en dit is nou die tyd vir verhoogde waaksaamheid.

Volgens die departement van gesondheid is die jongste syfers kommerwekkend maar wys sy modellering dat die drempel van die derde vlaag van Covid-19-infeksies nog nie bereik is nie, hoewel sommige distrikte in die land vinnig besig is om daardie drempel te nader.

Die belangrikste aanwysers wat gemonitor word vir ʼn oplewing in gevalle, is die aantal daaglikse positiewe gevalle, die positiwiteitskoers, hospitaalopnames en die aantal sterftes.

Daar was ʼn toename van 8 593 nuwe gevalle van Covid-19 van 26 April tot 2 Mei tot 12 531 nuwe gevalle van 3 tot 9 Mei, wat ʼn styging van 46% verteenwoordig. Volgens die departement toon al die provinsies ook ʼn toename in infeksies, met die Noord-Kaap wat ʼn styging van 68% in die afgelope sewe dae aangeteken het.

Gauteng het ʼn styging van 63% aangeteken, Limpopo 47%, Noordwes 42% en die Wes-Kaap het ʼn styging van 39% aangeteken.

Covid-19 verwante sterftes het in die afgelope sewe dae (3 tot 9 Mei) met 18,22% toegeneem – tot 318 van 269 in die voorafgaande sewe dae.

Volgens die 14 dae-vergelyking het die aantal sterftes afgeneem met 28,93% na 587 die laaste 14 dae in vergelyking met 826 in die voorafgaande 14 dae.

Die departement het ook daarop gewys dat hospitaalopnames nog nie toegeneem het nie.

Volgens die departement werk hy saam met die provinsies om hul planne by te werk vir ʼn oplewing in die aantal gevalle. Dit sluit in gevallebestuur, kontakopsporing, suurstofbeskikbaarheid, bedkapasiteit en beskikbaarheid van asemhalingstoerusting.

“Ons weet dat die hoofaandrywers van die nuwe golf óf die herlewing van nuwe variante sal wees, óf die nie-nakoming van nie-farmaseutiese ingrypings. Om dit teë te werk, werk ons nou saam met ons genomiese waarnemingspan om te verseker dat ons die nuwe variante vroeër kan opspoor.”

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

38 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Die derde golf corona gaan SA tref net voor die Junie-Julie skoolvakansie. Dan gaan strande in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, waar dit warm genoeg is om in die winter ook te swem, gesluit word. So WEG is wit mense se tradisionele “vakansie by die see” en weg is wit toeristebesighede se inkomste. Ek suig dié goed nie uit my duim nie. Presies dieselfde het laas Desember-Januarie gebeur EN ramaphosa het laasjaar meer as eenkeer gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. Dié anti-wit ANC-regering se maatreëls teen Corona… Lees meer »

Nie Verbaas

Dit is die 13de vandag, het die “kenners” nie gese dat derde vlaag ons teen 15 Mei gaan tref nie? Hoe ironies?

DieKriek

Modellering? Deur die Dept van Gesondheid? Ag, please!

johan

Dit het bloot vroeg koud geword die jaar en mense sukkel met verkoues en ligte griepe. In elke deel van die wereld is daar ‘n sogenaamde oplewing of volgende golf (!!) sodra dit winter begin word.

donsie

Maak die drank weer toe op vrydae en saterdae en bring die curfew weer na 11 uur of selfs 10 uur.
Dit gaan jolig hier by ons in die nag oor naweke in die plakkerskampe, ek dink ons raak nou weer te gerus. Maak toe voordar ons weer in heavy lockdown moet gaan