Covid-19: Dhlomo vra ingryping in die Wes-Kaap

‘n Vrou staan buite ʼn toetsingskliniek in Khayelitsha, Kaapstad (2 April 2020) (Foto: AP Photo/Nardus Engelbrecht)

Dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die portefeuljekomitee oor gesondheid, het versoek dat die nasionale bevelsentrum dringend moet ingryp in die Wes-Kaap, aangesien die provinsie die episentrum geword het van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika.

“Die toenemende getal besmette persone in die provinsie is kommerwekkend en drastiese maatreëls moet in plek gestel word om die verspreiding van die virus in die provinsie te bekamp,” het hy gesê.

“ʼn Verslag wat deur die Menseregtekommissie uitgereik is oor ʼn fasiliteit vir haweloses wat Stad Kaapstad in Strandfontein opgerig het, is ook kommerwekkend. Die verslag skep die indruk dat Stad Kaapstad se beplanning, om Covid-19 hok te slaan, swak is, gegewe die getal mense wat positief getoets het in Khayelitsha, Mitchells Plain en Witzenberg.”

Witzenberg is ʼn landelike gebied wat die provinsie se episentrum geword het, het Dhlomo bygevoeg.

“Sommige lede van die parlement het hul kommer aan my uitgespreek oor die uitdagings in die Wes-Kaap. Sommige lede van die portefeuljekomitee het gesê hulle ontvang berigte van mense oor arbeidsinspekteurs wat toegang tot werksplekke in Kaapstad, landelike dorpe en op plase verbied word,” het Dhlomo bygevoeg.

Volgens hom moet die nasionale bevelsentrum ondersoek instel oor die persone wat positief toets en, volgens gerugte, nie in kwarantyn geplaas word of geïsoleer word in toegewyde fasiliteite nie, maar huis toe gestuur word in plekke wat oorbevolk is.

Hy doen ʼn beroep op die Wes-Kaapse provinsiale regering om ʼn provinsiale bevelsentrum op te rig wat Covid-19 kan takel, ʼn struktuur wat rigting sal bied en die uitdagings kan hanteer wanneer dit aan die lig kom.

“Ek was in gesprek met die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, wat die proses betref. Ons is dankbaar dat die minister ook die saak sal ondersoek.”

  • Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
  • Klik hier vir die jongste statistiek vir Covid-19 in Suid-Afrika

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jaco ·

Die gevalle wat nou aan die lig kom, is agv van infeksies wat JUIS plaasgevind het twee weke terug (inkubasie tydperk) toe alles onder vlak 5 was, maar nou wil hulle weer terug voetter vlak 5 toe!!

Jacobus ·

Hoeveelheid gevalle is direkte funkse van toets effektiviteit. Moeilikke begrip – ANC IS deskundige statistiek manipuleerdes.

marius ·

Daar is geen keer nie . Kop in die sand help nog minder . Lees war Herman Mashaba te vertel het oor die spul in beheer .

Oudste ·

Baie interessant dat die episentrum nou die DA beheerde provinsie is. Die ANC gaan, met wat ek sien in die artikel, poog om die Wes Kaap se totale sake infrastruktuur, te vernietig. Ek woon in Gauteng, maar ken ‘n jakkals, al dra hy skaapwol.

Nici ·

Eks bevrees dat Covid-19 nou ‘n politiek gemotiveerde wapen word in die Wes-Kaap. SA se sterfdesyfer per miljoen is baie laag in vergelyking met ander lande. Die enigste dinge in SA wat buite beheer is is die regering, polisie, weermag en ekonomie.

Louis ·

Kaap toets meer, dis hoekom. Ek laat my nie vertel dat Gauteng in amper 8 weke net 18 mense dood het nie. ANC speel met syfers om die Kaap sleg te laat lyk. Maar dit gese, daar nog baie mense wat hulle g@tte afvee aan die reels. Sien elke oggend as ek gaan loop mense wat glad nie maskers dra nie. Hoekom soek vir n ding?

antieke antie ·

en in die kaap is die broeiplekke nie waar hulle se nie

'n Simpelman ·

Ek weet ek gaan gekruisig word, maar ‘n vraag.
Moet ons nie lockdown vergeet en ons kanse vat met Covid-19.?
Die skade is groot en kan lockdown nog geregverdig word?

Harold ·

Jy is reg,ek dood eerder terwyl ek werk,as om by die huis te sit en dood van hongerte en niks daaraan kan doen!!!

Michael 1 ·

My opinie is die wes kaap het meer bevoegde leiers en daarom blyk dit dat die provinsie die ergste is vir al wat ons weet het transvaal dalk 2 keer meer gevalle maar weens onbevoegdheid en swak dissipline kry ons nie die ware getalle soos dit is nie.

capie ·

Weskaap is baie meer effektief met alle vorms van administrasie as die res van die land en kan meer effektief word as die regering hom nie kniehalter en dwarsboom nie.

Knormoer ·

Die scary ding is dat die minister wat die besluite moet neem gebasseer op statistieke se gister dat 70% van die mense wat in die Wes kaap getoets word, positief toets. Net onder die 60 000 getoets, net meer as 4000 positief. Ummmm…

Yvonne ·

Dalk moet die ANC net so effektief soos die DA begin toets. Die syfer sal dan dramaties verander.

Prater ·

Die Wes Kaap is die enigste Provinsie in die land wat die ware getalle die infeksie/toetse weergee in baie dele van Gauteng waar die digste bewoonde gebiede is hoor of word niks statistieke gegee/gewys wat daar gebeur of gedoen word nie so ook in ander provinsies ook. Asgevolg van die hoeveelheid toetse wat gedoen word is daar n agterstand in die uitslae as gevolg van die regering wat nie dadelik wil help vir bystand in laboratoruims waar toetse gedoen word. Lees Maroe Nuus van 09/05/2020
“Afsonderingskrisis verdwerg Covid-19, sê aktuarisse”

johanf ·

Plaas Kaapstad en sy “hotspots” gebiede waar die virus so versprei onder meer beperkings, maar nie die hele Weskaap nie, meeste van ons dorpies, veral Klein Karoo, Kusdorpies ens toon minimale, indien enige bedreiging van verspreidings. Met die “op datum statistiek” behoort dit nie so moeilik te wees om te identifiseer nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.