Covid-19: Dié Gautengse gebiede het meeste gevalle

(Argieffoto: Morné van Rooyen)

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Gauteng het teen Maandag op 36 895 gestaan – ʼn styging van 2 610 gevalle – met 194 mense in die provinsie wat reeds weens die virussiekte gesterf het.

Tot dusver het 9 738 mense van die siekte herstel, ʼn koers van nagenoeg 26%.

Volgens die Gautengse departement van gesondheid is 1 332 mense tans in die hospitaal weens Covid-19.

Die meeste gevalle word verreweg steeds in Johannesburg, en veral in die middestad, aangemeld.

DistrikPositiewe gevalleNuwe gevalleSterftesPasiënte wat herstel het
Johannesburg18 0061 294855 458
Ekurhuleni7 810614352 151
Tshwane5 769388211 314
Sedibeng1 33312618135
Wes-Rand2 37512815680
Onbekend1 60260
Totaal36 8952 6101749 738

In die Tshwane-metrogebied is die meeste gevalle tot dusver aangemeld in Atteridgeville, Laudium, die Pretoriase middestad, Hercules, Danville, Saulsville, Lotus en Pretoria-Wes. Die getal Covid-19-positiewe gevalle in dié gebiede staan op 1 920. Meer as 1 000 gevalle is ook in die noordweste van die stad in buurte soos Ga-Rankuwa, Winterveld en Pretoria-Noord bevestig.

In Ekurhuleni kom die meeste gevalle tans in die noorde en suide van die metrogebied voor.

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, het vroeër gewaarsku dat Gauteng binne dae die provinsie met die hoogste getal Covid-19-infeksies gaan wees. Nadat die afsonderingsregulasies na vlak 3 verslap is en al hoe meer mense kon terugkeer werk toe, het duisende mense weer na Gauteng gestroom om te begin werk.

Dit het gelei tot talle trosuitbrekings en die provinsie gaan na verwagting binnekort veel meer hospitaalbeddens benodig om in die stygende aanvraag te voldoen, het Mkhize gesê.

Tot dusver het 18 087 mense wat in aanraking met Covid-19-gevalle was die 14 dae lange verpligte kwarantyn agter die rug en is dus nie meer in isolasie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Genis

Ek dink ons sal skrik as ons die werklikke getalle moet weet.. glo daar baie wat nie getoets is nie..