Covid-19: ‘Die storm is hier’

‘n Veldhospitaal in Kaapstad. (Foto: Courtney Africa/ANA)

“Die storm waaroor ons Suid-Afrikaners gewaarsku het, is nou op ons.”

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Woensdag aan lede van die parlement gesê. Hy het die parlement op hoogte gebring oor die uitwerking van Covid-19 op die land.

Mkhize sê Suid-Afrika sal binne die volgende vier weke sy beskikbare kapasiteit vir hospitaalbeddens, veral in Gauteng en die Oos-Kaap, oorskry. “Die pandemie sal steeds soos verwag word teen middel Augustus ʼn hoogtepunt bereik. Hoewel dit lyk of ons minder gevalle tydens die piek sal hê as wat aanvanklik gevrees is, sal ons steeds te min hospitaalbeddens hê om al die ernstige gevalle te behandel,” het Mkhize gesê.

Volgens Mkhize het Suid-Afrika teen Dinsdag 139 kwarantynfasiliteite met 12 532 beddens landswyd opgerig. “Veldhospitale is ook in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap opgerig.”

Gevalle

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: GCIS)

Mkhize sê 1,9 miljoen Covid-19-toetse is sedert 1 Maart tot 6 Julie uitgevoer, waarvan 11,8% positief getoets het vir die virus. Die Wes-Kaap, Gauteng, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal het 82% van dié toetse uitgevoer. Suid-Afrika het teen Dinsdag 215 855 positiewe gevalle aangeteken, waarvan 103 934 tans siek is. Tot dusver is 3 470 sterftes aangeteken, wat op ʼn sterftekoers van 1,6% dui.

Al meer gesondheidswerkers toets ook positief. “Teen 30 Junie het 4 821 gesondheidswerkers landswyd positief getoets vir die koronavirus, die meeste hiervan (2 473) is verpleegsters. Die meeste van die gesondheidswerkers wat positief getoets is (68%) is in die Wes-Kaap.

Mkhize sê verskeie maatreëls is ingestel om die verspreiding van Covid-19 onder gesondheidswerkers te voorkom, insluitend opleiding van dié werkers en die verskaffing van behoorlike beskermende kleredrag.

Behandeling van Covid-19

Mkhize sê medici pas die behandeling van Covid-19 aan soos nuwe navorsing aan die lig kom. “In sekere gevalle kan die toediening van die middel deksametasoon Covid-19-sterftes voorkom. Hierdie middel is in die land beskikbaar en sal onmiddellik aan sekere pasiënte toegedien word. Nog ʼn middel wat die tyd wat pasiënte gehospitaliseer moet word kan verminder, is remdesivir. Volgens Mkhize word dit tans in kliniese toetse gebruik.

Hy sê huidige behandeling fokus egter hoofsaaklik op ondersteunende maatreëls, soos die toedien van suurstof. “Goeie beplanning en bestuur is nodig om te verseker almal wat suurstof nodig het, toegang daartoe het. Ons is tans besig met ʼn landswye opname van suurstof in hospitale om te probeer vasstel waar daar ʼn tekort is,” sê Mkhize.

Die DA-parlementslid Siviwe Gwarube het Mkhize gekap vir sy departement se gebrek aan behoorlike beplanning en die verskaf van hulpbronne om te verseker provinsies is behoorlik toegerus om die styging in Covid-19-getalle te hanteer. “Mense slaan vuis oor suurstof en provinsies het nie genoeg geld om hospitale behoorlik in te rig nie,” sê sy.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Die storm is al ses en twintig jaar hier kyk net na die ANC

Willem ·

Hospitale en beddens sou binne 21dse van lockdown reg gekry geword het

Nie Verbaas ·

Maar het die WGO nie die regering vroegtydig geprys oor die uitsonderlike hantering van die Covid 19 virus nie? Bwhahahaha!

PieterP ·

Die beddens oorskry??? Tjol man julle het ons dan vroeg in lockdown gesit om te beplan en voor te berei!!! So weereens gelieg!!!!!

Lynette ·

*Ek verstaan nie….in EEN JAAR sterf ongeveer 64 000 mense in Suid-Afrika aan TB (Tuberkulose), maar daar word nie ‘n ophef daarvan gemaak.nie? Maar n handjievol.sterf aan Covid-19 en die hele land se ekonomie is daarmee heen???

OW ·

TB is al dekades in die wêreld teenwoordig en daar is ‘n entstof beskikbaar,BCG wat deur Frankryk ontwikkel is.TB is nie ‘n pandemie soos wat covid 19 tans is nie.’n Pandemie is ‘n epidemie wat wêreld wyd verprei is en affekteer die wêreld se ekonomie en ook Suid-Afrika sin.Covid 19 is nog besig om uit te speel en die sterfte koers styg steeds.TB kom endemies voor in die wêreld en Covid 19 epidemies wat ‘n groot verskil is.Daarom word daar nie van TB ‘n ophef van gemaak nie.

Delon ·

Lynette die regering kan nie geld maak uiot TB nie , hulle kan wel geld maak uit covid
daarom die ophef

marius ·

So , 3 maande se gevangenisskap , vertrapping van mense regte asook die vernietiging van die ekonomie het niks gehelp nie . Dit is waaroor julle patetiese verskonings vir leiers gewaarsku was , maar dit was afgelag . Stuur maar ‘n taxi Madagaskar toe om ‘n paar bokse tee wat jy met belasting geld geborg het te gaan haal , want hulp van ander lande gaan daar nie wees nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.